Stofspore
Dinsdag, 01 Augustus 2017
stowwerige werfie
Daar is 'n paar klein aanpassings gemaak op die stowwerige webwerf, en jy word uitgenooi om te gaan kuier op www.stof.co.za
Sondag, 28 Mei 2017
Eenpolig
Elkeen wat geroep is om te dien, sal sy beste gee vir hulle wat gedien moet word. DIt impliseer ook dat elke konsultasie gefokus sal wees, en kommunikasieapparate se klokkies dan af sal wees, sodat daar nie afleidings is nie. Toon dus begrip as jou terapeut nie altyd jou oproepe kan beantwoord nie,. Dit beteken bloot dat hy besig is om op daardie oomblik besig om iemand anders, met dieselfde toewysding te dien as wat hy jou dien. Jy weet mos hoe om 'n teksie te stuur? En sodra omstandigdhede toelaat dat daar aan kommunikasie aandag gegee kan word, sal dit wel pgevolg wees.
Maandag, 24 April 2017
Dankbaarheidsdag
As die spiere vanaand kla dat hulle gewerk het, is dit met dankbaarheid dat getuig kan word dat dit die gevolg is van 'n seengevulde dag. Dankie Vader, dat U my raaksien.
Saterdag, 01 April 2017
Om te knor...
Kom ons gesels oor maniere waarop mense mekaar beknor en dikwels van ander gebruik maak om hulle doel te bevorder.
Almal van ons weet dat knor nie reg is nie.
Almal van ons weet dat nie eers 1 April 'n geldige rede is om 'n medemens in die geestelike domein aan te val nie.
Daarom nou die ope uitnodiging om op hierdie inset, hier te reageer.
Laat ons maar die titel noem: Om te knor of nie...
Ek loer.
Almal van ons weet dat knor nie reg is nie.
Almal van ons weet dat nie eers 1 April 'n geldige rede is om 'n medemens in die geestelike domein aan te val nie.
Daarom nou die ope uitnodiging om op hierdie inset, hier te reageer.
Laat ons maar die titel noem: Om te knor of nie...
Ek loer.
Sondag, 22 November 2015
Toegwyde diens
Sommer net om te sê, Nadia, een van die verpleegsters by saal nege by Eugene Marais, het vanoggend weereens bewys wat dit beteken om met omgee te dien. Welgedaan.
Woensdag, 18 November 2015
Selektiewe eliminasie...
A jy vanaand iets sien vlieg en dink dit is dalk 'n muskiet, maak net eers seker dit is nie 'n reënvlieg nie. Jy wil tog nie jou seën doodslaan nie.
Saterdag, 12 September 2015
Dankbare stofluis
Vader sorg so goed vir Sy skepsels. Ons haas maak dat ons soms dink Hy dink nie aan ons nie. Maar die afgelope drie dae het Hy weereens bewys, Sy genade is altyd net betyds. Vader Yahwe, U is groot en U word geëer. Loof dus saam met Stof vir genade ontvang, en pleit saam met hom oor die sake wat nog vir hom knor.
Teken in op:
Plasings (Atom)