Sondag 22 November 2015

Toegwyde diens

Sommer net om te sê, Nadia, een van die verpleegsters by saal  nege by Eugene Marais, het vanoggend weereens bewys wat dit beteken om met omgee te dien.  Welgedaan.

Woensdag 18 November 2015

Selektiewe eliminasie...

A jy vanaand iets sien vlieg en dink dit is dalk 'n muskiet, maak net eers seker dit is nie 'n reënvlieg nie.  Jy wil tog nie jou seën doodslaan nie.

Saterdag 12 September 2015

Dankbare stofluis

Vader sorg so goed vir Sy skepsels.  Ons haas maak dat ons soms dink Hy dink nie aan ons nie.  Maar die afgelope drie dae het Hy weereens bewys, Sy genade is altyd net betyds.  Vader Yahwe, U is groot en U word geëer.  Loof dus saam met Stof vir genade ontvang, en pleit saam met hom oor die sake wat nog vir hom knor.

Woensdag 26 Augustus 2015

Ubuntu

Knorrrr. Stof wil sopas 'n bepaalde program aflaai om sy lewe makliker te maak. Maar dit is hom helaas nie beskore nie. Al is die prys bitter klein, aanvaar hulle egter net dollars. En Stof is 'n Suid Afrikaanse boertjie, wat net sente, en soms in goeie tye, rande het. Wie kan hom van inligting voorsien oor die plaaslike beskikbaarheid van Ubuntu?

Engelmense

Minder as 'n dag na 'n noodroep vir sekere tegniese hulp, kry Stof sommer twee aanbiedinge.  Dankie Vader dat U hom met soveel guns seën!

Dinsdag 25 Augustus 2015

Sela

H.D.L.
Ter afsluiting van die nuus die hooftrekke.:

Hierdie is die finale woord in die woordmodder wat die afgelope tyd gevlieg het en steeds vlieg.  Hierdie modderprojektiele is nie tot heil van enige persoon wat betrokke is, of hulself betrokke gemaak het hierby nie. 

Daarom sien Stof nie die nodigheid om betrokke te wees by die ou is/is nie speletjie van kleintyd nie.  Elke deelnemer het op hierdie oomblik ‘n bepaalde mening waaraan hulle desperaat vashou.  Gesprekvoering is dus nie tot heil van enige rolspeler, of tot heil van verhoudings tussen vriende nie.  Stof weet wat die waarheid is.  Daarom berus hy homself daarby en gaan nie verder enige gesprek oor hierdie onderwerp voer nie.  Sy versoek aan ander wat steeds vir mekaar of vir hom wil knor, is dat julle elkeen tot kalmte kom, die afleidings wat gemaak is waarop julle die konflik bou, sal versaak en aan mekaar ‘n hand van vriendskap en ware vertroue uitreik.  ‘n Stap wat hopelik oor kort na mediumtermyn, elke verhouding sal herstel na wat dit was voordat ‘n enkele inset van ‘n omgeemens, ander ontstel het. 
Aan die outeur van die oorspronklike stuk:  Ons het privaat hieroor gesels.  Dankie vir die feit dat jy begryp dat nie alle mense, dieselfde op insette reageer nie.  Dankie dat jy ook nou besef dat die weggesteekte rugsteun van wagwoorde, SLEGS vir ongevalle is, en nie vir enige ander gebruik nie.  Stof vertrou dat elkeen wat drastiese digitale aksies gepleeg het, daaroor sal nadink, en ook op die digitale gebied, die nodige vertroue weer sal herstel.

Sonder om dus aan elke party individueel enige verdere mededeling te doen, versoek Stof dus elke betrokkene, sy wens om rustig en nugter oor die situasie na te dink, enige vooroordele en stertjies te wis uit hul gedgates, en dan weer daardie hartsvertroue wat daar behoort te wees, te herstel, sal respekteer.

Enige verdere en nuttelose redevoering, is nie tot heil van die totaliteit nie.
Stof sien dus met blye vooruitsig, uit, na die uitreik-drukkies wat hierop volg.  Ons klompie, het eintlik so baie in gemeen.

Sela!

Donderdag 13 Augustus 2015

Digitale streep getrek op Bakkiesboek...

En skielik is Louis, Attie, Anastasia en Leonardo baie stil op Facebook. Dit blyk toe mos dat hulle sonder rede uit Stof se vriendelys verdwyn het. Dit kort nadat daar op ‘n manier toegang verkry is na Stof se muur. Twee versekeringsmouse sowel as iemand wat op die oog af lyk na een van Stof se skapies, plaas meteens direk op sy muur, wat andersins beperk is weens verskeie redes, een waarvan, om dinge soos hierdie te voorkom. Die menslike konflik tussen lesers daarvan en as gevolg daarvan, val buite Stof se hande. Maar hy sal D.V. sodra die tegniese gogga daaragter opgespoor is en herstel is, weer die kontakte herstel. Sodra die versekering ontvang is dat wat ookal waar gekraak is, weer tegnies heel is.
Die konsultant is voorlopig van mening dat ‘n persoon Griet se profiel gekloon het. Die profiel wat gebruik is om die plasing in Griet se naam te maak, se profielnommer verskil van haar ware profiel. In die proses is haar ware profiel, met die korrekte profielnommer, verwyder van die vriendelys. Die gekloonde profiel het ook alle ander korrespondente uitgesluit op haar vriendelys en dit blyk dus duidelik dat hierdie stap ‘n poging is om Stof aan te val. Tog is die inskrywing lewensgetrou, want dit is min of meer die manier waarop sy kommunikeer, met bloot ‘n paar ekstra kruhede wat nie regtig haar styl is nie. Duidelik het broer breker, haar profiel ‘n rukkie bestudeer. Van hierdie gekloonde profiel af, is toegang verkry. Die presiese manier hoe, is onduidelik. Maar sodra konsultant vasgestel het en hy terugvoer aan julle stowwerige boetie gegee het dat die sekerheid weer in plek is, sal hy met elkeen betrokke daaroor deel.
Liewe verlore vriende, weet dus, dat sodra dit veilig is, stuur Stof weer vir julle ‘n kneukelklop. Sodra Griet se ware profiel weer lewe, sal hy ook weer aan haar digitale deur klop.
Stof se versoek aan gemeenskaplike vriende is om asseblief hierdie pos te deel en aan die tydelik verlore vriende, mee te deel dat hulle hopelik nie vir te lank verlore sal wees nie.

Donderdag 25 Junie 2015

Boelieboeties...

Daar is ‘n broer by name Cameron Richardson, wat wild en wakker eposse stuur na webwerfadministrateurs waarin hy vra of hy kan toegang kry om ander belange se sake te plaas op sy slagoffers se webwerwe.  Die aard van die versoek en die vaagheid daarvan, sowel as die adresse waarheen hy die versoeke stuur, getuig dat hy nie lees waarvoor die genoemde adresse bestem is nie, wat verder ‘n vraagteken plaas oor sy agenda.  Sou jy dus ‘n epos kry van Cameron Richardson by cameron@omnibuzzmedia.com, of dalk selfs ander persone by dieselfde domein, wees waaksaam en verduidelik die sender waar die deur is en waarvoor dit gebruik word.

Nuuslesers en dorpname

Afrikaanse nuuslesers wat die taalreël vergeet dat die meeste eiename nie vertaal kan word nie, skep groot verleenthede vir bepaalde stede as hulle in ‘n engelse aksent daarna probeer verwys. 
As hulle Rustenburg uitspreek soos wat die oorspronklike doel van die naam in Afrikaans was, spreek dit van rustigheid en kalmte.  As hulle dit egter met ‘n engelse aksent probeer uitspreek, verander die dorp meteens na ‘n geroesde ou gehuggie...
Vryburg se naam het ook sy oorsprong in Afrikaans, wat daarop dui dat dit ‘n vry, ‘n onafhanklike stad is.  Die nuusleser verdraai egter die uitspraak na ‘n engelse aksent, en meteens word Vryburg ‘n gaargebraaide ou dorpie.
Vele ander mensename en dorpname loop deur, en dit deur omroepers wie se moedertaal Afrikaans is.
Het basiese taalreëls insake eiename in verskillende tale, sy toepassing op omroepers verloor?
Aan die omroepers wat steeds die korrekte uitspraak handhaaf, ek hoor julle en ek eer julle.  Dankie dat van julle, in my vriendekring is.

Saterdag 02 Mei 2015

Bekostigbare kos

Die doel van 'n vervaldatum op voedselprodukte is om te verseker dat, nadat die bodorpers vier maal die ware prys voor genoemde datum betaal het, ons onderdorpers die voorraad wat oor is na hierdie datum, teen 'n breukdeeltjie van die prys kry, alles net vir onsself. Viva vervaldatums!
Dankie bodorpers, dat julle ons so ruim subsidieer. Daar moet tog iets goeds in jullle wees...

Sondag 01 Maart 2015

amerkaanse taalverwarring

Vertel vir Stof, wat is die verskil tussen die amerikaanse terme "navy" en "marines". Klink vir hom na dieselfde ding.

VHF Radio-ontvanger

Is daar iemand wat so gaaf sal wees om Stof te adviseer of help met die omskakeling van 'n 87.5-108 Mhz ontvanger, na 182.2 Mhz?  Of  dalk 'n werkende 182.2 beskikbaar het waaroor ons kan konkel?

Sondag 08 Februarie 2015

Omgeruilde letters?

In vroeë engelse literêre geskrifte sowel as 1610 Koning Jacobus uitgawe van die Bybel, word die hedendaagse U en V, deurentyd andersom gebruik.  Hulle klankwaarde en hulle gebruik ooreenkomstig taalreëls, dui duidelik daarop dat vandag se gebruik van die bepaalde letters, nie is soos dit oorspronklik in die romeinse skrifstelsels bedoel was nie.  Op baie kunswerke waar die inskripsie op Jesus se kruis in Latyn aandui, is die verskynsel ook duidelik sigbaar.  ‘n Oorblyfsel daarvan vandag, is dat die engelse naam vir die W karakter, steeds as “dabbeljoe” uitgespreek word, dus ‘n “dubbele U”, nie ‘n “dubbele V”, nie.
Kan Stof se maatjies wat taalonnies en taalkennners is, dalk iets deel oor wanneer hierdie verandering ingetree het en wat die motivering daarvoor was?

Sondag 01 Februarie 2015

OVHD Skottelkapasiteit?

Wie kan vir Stof vertel:  As ‘n enkele perseel meer as een wooneenheid het, hoeveel OVHD dekodeerders kan suksesvol deur middel van ‘n korrekte retikulasienetwerk, op een sentrale satelietskottel gekoppel word?

Vrydag 30 Januarie 2015

Maandag 26 Januarie 2015

LinkedIn se Webtrolle

Sal elkeen wat wil, asseblief vir Emilio, wat die adres linkedin_support@cs.linkedin.com gebruik, 'n broederlike vermaning oor menseverhoudings stuur. Hoe meer epos hy kry, hoe beter is die kans dat sy diens gewaardeerd, en nie pynlik sal wees, soos op hede nie.

Sodra die artikel oor die insident voltooi is, sal die skakel ook hier geplaas word.

Woensdag 14 Januarie 2015

Eposlose bylaes?

‘n Korrespondent versoek vir Stof om ‘n dokument aan te stuur na ‘n epos-adres.  Maar sonder ‘n epos wat dit vergesel, net die dokument.  Sover hierdie luisbreintjie weet, kan geen bylae per epos versend word sonder dat dit geheg is aan ‘n begeleidende epos nie?  Of weet die slim mense iets wat ons plebs nie weet nie?

Sondag 11 Januarie 2015

Domein-kopkrappers...

Kwelvrae oor domeinregistrasie en domein-instandhouding
Tot nou onlangs is alle co.za domeine deur Uniforum geadministreer. Dit het sake maklik gemaak, want Uniforum het ‘n betroubare domeinbestuurstelsel waar die belanghebbers domeine met gemak kon skep, aanpas en instandhouding op die inligting doen. Deur bloot ‘n versoek in ‘n bepaalde formaat as teksgebasseerde epos te stuur, kon hierdie take met gemak verrig word. Domeinhouers wat steeds Uniforum se registrasie platvorm gebruik, het steeds hierdie voordele.
Dit is goed dat ander instansies ook ‘n gelyke kans gekry het om domeine te administreer. Dit het die gevoel van monopolie wat vir sommige rolspelers steurend was, verlig.
Die probleem wat egter daarmee saam ontstaan het, is die gebrek aan ‘n suksesvol werkende koppelvlak met die domein-eienaars. Menige van hierdie onafhanklike registrateurs het geen domein-kaartjiestelsel waarmee instandhouding deur die eienaar bestuur kan word nie. Sopas weer het die piramide van subkontrakteurs en die totale gebrek aan kommunikasie tussen die verskillende rolspelers, ‘n reuse probleem geskep met iets so eenvoudig soos om ‘n domein se wysers te wysig na ‘n ander bediener. Iets wat met die Uniforum kaartjiestelsel, binne minute gedoen kon wees.
Vrae wat gevra word, is die volgende:
- As ‘n persoon of instansie as onafhanklike registrateur registreer, word daar nagegaan of hulle oor die infrastruktuur en die gebruikersvriendelike stelsels beskik om die diens ‘n aangename en effektiewe ervaring vir die die klant te maak?
- Vanuit die ervaring waarna vroeër verwys is, is daar ‘n gestandardiseerde gebruikersvriendelike stelsel soos wat Uniforum het, om domeininstandhouding van domeine wat deur onafhanklikes bestuur word is, in stand te hou? Indien wel, waarom word die stelsel nie op een van die onafhanklikes se webwerwe as skakel vertoon nie?
- Om ‘n domein van registrateur te laat verwissel, blyk ‘n pynlike ervaring te wees. Selfs al sou dit by dieselfde registrateur geregistreer bly, bly dit ‘n nagmerrie om iets eenvoudig soos ‘n wyser aan te pas. Wie kan hier adviseer oor ‘n gestandardiseerde metode om hierdie instandhouding, pynloos te kan hanteer?
- Terwyl domeine nou ter sprake is, wat betref die primere domeinregistrateurs vir ander domeine soos net, nl, zw, biz, com en ‘n verskeidenheid ander, wie is elk van genoemde stelsels se primere registrateur? Iewers moet daar seker ‘n sentrale databasis wees wat deur een verantwoordelike instansie bestuur word?
Daarom is hierdie ope vrae nou publiek gestel, met die geleentheid aan enige respondent om’n verantwoordelike inset te lewer.
Ek nooi veral die volgende rolspelers om hier ‘n sinvolle inset te lewer en met korrekte inligting te help:
- Uniforum, as die bewese staatmaker in die bedryf.
- Redcactus, wat werklik die gewaardeerde tweede myl saam met hulle klante stap met hulle omgee diens.
- Hostcow, wat te midde van enkele tegniese uitdagings in die verlede, altyd hulle beste doen om klante se belange te dien.
- Rudi, die gewaardeerde staatmaker by Equadoor, wat self die afgelope tyd met veral een transaksie, in die middel van ander se onbekwaamheid beland het.
- Registerdomain.co.za, met wie kommunikasie herhaalde kere glad nie kon vlot nie en wat tot ernstige verleentheidskeppende vertragings gelei het.
- Easypay.co.za, wat byna vriendskapverhoudings verongeluk het met hulle totale ignorering van kommuikasie in die verband. En ook die vraag aan easypay: Hoe is dit dat ‘n webwerfmaatskappy se eie webwerf self nie met inhoud gelaai is nie?
- Enige ander registrateur wat ‘n sinvolle en ingeligte inset kan lewer.
- Enige webklant, webmeester of webtegnikus wat ‘n mening of inligting oor hierdie saak het.
Dankie vir elkeen wat ‘n sinvolle inset kan lewer. Laat ons vertrou na hierdie gesprek, is al die onsekerhede en diskrepansies uit die weg geruim.

Saterdag 10 Januarie 2015