Vrydag 30 Januarie 2015

Maandag 26 Januarie 2015

LinkedIn se Webtrolle

Sal elkeen wat wil, asseblief vir Emilio, wat die adres linkedin_support@cs.linkedin.com gebruik, 'n broederlike vermaning oor menseverhoudings stuur. Hoe meer epos hy kry, hoe beter is die kans dat sy diens gewaardeerd, en nie pynlik sal wees, soos op hede nie.

Sodra die artikel oor die insident voltooi is, sal die skakel ook hier geplaas word.

Woensdag 14 Januarie 2015

Eposlose bylaes?

‘n Korrespondent versoek vir Stof om ‘n dokument aan te stuur na ‘n epos-adres.  Maar sonder ‘n epos wat dit vergesel, net die dokument.  Sover hierdie luisbreintjie weet, kan geen bylae per epos versend word sonder dat dit geheg is aan ‘n begeleidende epos nie?  Of weet die slim mense iets wat ons plebs nie weet nie?

Sondag 11 Januarie 2015

Domein-kopkrappers...

Kwelvrae oor domeinregistrasie en domein-instandhouding
Tot nou onlangs is alle co.za domeine deur Uniforum geadministreer. Dit het sake maklik gemaak, want Uniforum het ‘n betroubare domeinbestuurstelsel waar die belanghebbers domeine met gemak kon skep, aanpas en instandhouding op die inligting doen. Deur bloot ‘n versoek in ‘n bepaalde formaat as teksgebasseerde epos te stuur, kon hierdie take met gemak verrig word. Domeinhouers wat steeds Uniforum se registrasie platvorm gebruik, het steeds hierdie voordele.
Dit is goed dat ander instansies ook ‘n gelyke kans gekry het om domeine te administreer. Dit het die gevoel van monopolie wat vir sommige rolspelers steurend was, verlig.
Die probleem wat egter daarmee saam ontstaan het, is die gebrek aan ‘n suksesvol werkende koppelvlak met die domein-eienaars. Menige van hierdie onafhanklike registrateurs het geen domein-kaartjiestelsel waarmee instandhouding deur die eienaar bestuur kan word nie. Sopas weer het die piramide van subkontrakteurs en die totale gebrek aan kommunikasie tussen die verskillende rolspelers, ‘n reuse probleem geskep met iets so eenvoudig soos om ‘n domein se wysers te wysig na ‘n ander bediener. Iets wat met die Uniforum kaartjiestelsel, binne minute gedoen kon wees.
Vrae wat gevra word, is die volgende:
- As ‘n persoon of instansie as onafhanklike registrateur registreer, word daar nagegaan of hulle oor die infrastruktuur en die gebruikersvriendelike stelsels beskik om die diens ‘n aangename en effektiewe ervaring vir die die klant te maak?
- Vanuit die ervaring waarna vroeĆ«r verwys is, is daar ‘n gestandardiseerde gebruikersvriendelike stelsel soos wat Uniforum het, om domeininstandhouding van domeine wat deur onafhanklikes bestuur word is, in stand te hou? Indien wel, waarom word die stelsel nie op een van die onafhanklikes se webwerwe as skakel vertoon nie?
- Om ‘n domein van registrateur te laat verwissel, blyk ‘n pynlike ervaring te wees. Selfs al sou dit by dieselfde registrateur geregistreer bly, bly dit ‘n nagmerrie om iets eenvoudig soos ‘n wyser aan te pas. Wie kan hier adviseer oor ‘n gestandardiseerde metode om hierdie instandhouding, pynloos te kan hanteer?
- Terwyl domeine nou ter sprake is, wat betref die primere domeinregistrateurs vir ander domeine soos net, nl, zw, biz, com en ‘n verskeidenheid ander, wie is elk van genoemde stelsels se primere registrateur? Iewers moet daar seker ‘n sentrale databasis wees wat deur een verantwoordelike instansie bestuur word?
Daarom is hierdie ope vrae nou publiek gestel, met die geleentheid aan enige respondent om’n verantwoordelike inset te lewer.
Ek nooi veral die volgende rolspelers om hier ‘n sinvolle inset te lewer en met korrekte inligting te help:
- Uniforum, as die bewese staatmaker in die bedryf.
- Redcactus, wat werklik die gewaardeerde tweede myl saam met hulle klante stap met hulle omgee diens.
- Hostcow, wat te midde van enkele tegniese uitdagings in die verlede, altyd hulle beste doen om klante se belange te dien.
- Rudi, die gewaardeerde staatmaker by Equadoor, wat self die afgelope tyd met veral een transaksie, in die middel van ander se onbekwaamheid beland het.
- Registerdomain.co.za, met wie kommunikasie herhaalde kere glad nie kon vlot nie en wat tot ernstige verleentheidskeppende vertragings gelei het.
- Easypay.co.za, wat byna vriendskapverhoudings verongeluk het met hulle totale ignorering van kommuikasie in die verband. En ook die vraag aan easypay: Hoe is dit dat ‘n webwerfmaatskappy se eie webwerf self nie met inhoud gelaai is nie?
- Enige ander registrateur wat ‘n sinvolle en ingeligte inset kan lewer.
- Enige webklant, webmeester of webtegnikus wat ‘n mening of inligting oor hierdie saak het.
Dankie vir elkeen wat ‘n sinvolle inset kan lewer. Laat ons vertrou na hierdie gesprek, is al die onsekerhede en diskrepansies uit die weg geruim.

Saterdag 10 Januarie 2015