Donderdag 25 Junie 2015

Boelieboeties...

Daar is ‘n broer by name Cameron Richardson, wat wild en wakker eposse stuur na webwerfadministrateurs waarin hy vra of hy kan toegang kry om ander belange se sake te plaas op sy slagoffers se webwerwe.  Die aard van die versoek en die vaagheid daarvan, sowel as die adresse waarheen hy die versoeke stuur, getuig dat hy nie lees waarvoor die genoemde adresse bestem is nie, wat verder ‘n vraagteken plaas oor sy agenda.  Sou jy dus ‘n epos kry van Cameron Richardson by cameron@omnibuzzmedia.com, of dalk selfs ander persone by dieselfde domein, wees waaksaam en verduidelik die sender waar die deur is en waarvoor dit gebruik word.

Nuuslesers en dorpname

Afrikaanse nuuslesers wat die taalreël vergeet dat die meeste eiename nie vertaal kan word nie, skep groot verleenthede vir bepaalde stede as hulle in ‘n engelse aksent daarna probeer verwys. 
As hulle Rustenburg uitspreek soos wat die oorspronklike doel van die naam in Afrikaans was, spreek dit van rustigheid en kalmte.  As hulle dit egter met ‘n engelse aksent probeer uitspreek, verander die dorp meteens na ‘n geroesde ou gehuggie...
Vryburg se naam het ook sy oorsprong in Afrikaans, wat daarop dui dat dit ‘n vry, ‘n onafhanklike stad is.  Die nuusleser verdraai egter die uitspraak na ‘n engelse aksent, en meteens word Vryburg ‘n gaargebraaide ou dorpie.
Vele ander mensename en dorpname loop deur, en dit deur omroepers wie se moedertaal Afrikaans is.
Het basiese taalreëls insake eiename in verskillende tale, sy toepassing op omroepers verloor?
Aan die omroepers wat steeds die korrekte uitspraak handhaaf, ek hoor julle en ek eer julle.  Dankie dat van julle, in my vriendekring is.