Woensdag 26 Augustus 2015

Ubuntu

Knorrrr. Stof wil sopas 'n bepaalde program aflaai om sy lewe makliker te maak. Maar dit is hom helaas nie beskore nie. Al is die prys bitter klein, aanvaar hulle egter net dollars. En Stof is 'n Suid Afrikaanse boertjie, wat net sente, en soms in goeie tye, rande het. Wie kan hom van inligting voorsien oor die plaaslike beskikbaarheid van Ubuntu?

Engelmense

Minder as 'n dag na 'n noodroep vir sekere tegniese hulp, kry Stof sommer twee aanbiedinge.  Dankie Vader dat U hom met soveel guns seën!

Dinsdag 25 Augustus 2015

Sela

H.D.L.
Ter afsluiting van die nuus die hooftrekke.:

Hierdie is die finale woord in die woordmodder wat die afgelope tyd gevlieg het en steeds vlieg.  Hierdie modderprojektiele is nie tot heil van enige persoon wat betrokke is, of hulself betrokke gemaak het hierby nie. 

Daarom sien Stof nie die nodigheid om betrokke te wees by die ou is/is nie speletjie van kleintyd nie.  Elke deelnemer het op hierdie oomblik ‘n bepaalde mening waaraan hulle desperaat vashou.  Gesprekvoering is dus nie tot heil van enige rolspeler, of tot heil van verhoudings tussen vriende nie.  Stof weet wat die waarheid is.  Daarom berus hy homself daarby en gaan nie verder enige gesprek oor hierdie onderwerp voer nie.  Sy versoek aan ander wat steeds vir mekaar of vir hom wil knor, is dat julle elkeen tot kalmte kom, die afleidings wat gemaak is waarop julle die konflik bou, sal versaak en aan mekaar ‘n hand van vriendskap en ware vertroue uitreik.  ‘n Stap wat hopelik oor kort na mediumtermyn, elke verhouding sal herstel na wat dit was voordat ‘n enkele inset van ‘n omgeemens, ander ontstel het. 
Aan die outeur van die oorspronklike stuk:  Ons het privaat hieroor gesels.  Dankie vir die feit dat jy begryp dat nie alle mense, dieselfde op insette reageer nie.  Dankie dat jy ook nou besef dat die weggesteekte rugsteun van wagwoorde, SLEGS vir ongevalle is, en nie vir enige ander gebruik nie.  Stof vertrou dat elkeen wat drastiese digitale aksies gepleeg het, daaroor sal nadink, en ook op die digitale gebied, die nodige vertroue weer sal herstel.

Sonder om dus aan elke party individueel enige verdere mededeling te doen, versoek Stof dus elke betrokkene, sy wens om rustig en nugter oor die situasie na te dink, enige vooroordele en stertjies te wis uit hul gedgates, en dan weer daardie hartsvertroue wat daar behoort te wees, te herstel, sal respekteer.

Enige verdere en nuttelose redevoering, is nie tot heil van die totaliteit nie.
Stof sien dus met blye vooruitsig, uit, na die uitreik-drukkies wat hierop volg.  Ons klompie, het eintlik so baie in gemeen.

Sela!

Donderdag 13 Augustus 2015

Digitale streep getrek op Bakkiesboek...

En skielik is Louis, Attie, Anastasia en Leonardo baie stil op Facebook. Dit blyk toe mos dat hulle sonder rede uit Stof se vriendelys verdwyn het. Dit kort nadat daar op ‘n manier toegang verkry is na Stof se muur. Twee versekeringsmouse sowel as iemand wat op die oog af lyk na een van Stof se skapies, plaas meteens direk op sy muur, wat andersins beperk is weens verskeie redes, een waarvan, om dinge soos hierdie te voorkom. Die menslike konflik tussen lesers daarvan en as gevolg daarvan, val buite Stof se hande. Maar hy sal D.V. sodra die tegniese gogga daaragter opgespoor is en herstel is, weer die kontakte herstel. Sodra die versekering ontvang is dat wat ookal waar gekraak is, weer tegnies heel is.
Die konsultant is voorlopig van mening dat ‘n persoon Griet se profiel gekloon het. Die profiel wat gebruik is om die plasing in Griet se naam te maak, se profielnommer verskil van haar ware profiel. In die proses is haar ware profiel, met die korrekte profielnommer, verwyder van die vriendelys. Die gekloonde profiel het ook alle ander korrespondente uitgesluit op haar vriendelys en dit blyk dus duidelik dat hierdie stap ‘n poging is om Stof aan te val. Tog is die inskrywing lewensgetrou, want dit is min of meer die manier waarop sy kommunikeer, met bloot ‘n paar ekstra kruhede wat nie regtig haar styl is nie. Duidelik het broer breker, haar profiel ‘n rukkie bestudeer. Van hierdie gekloonde profiel af, is toegang verkry. Die presiese manier hoe, is onduidelik. Maar sodra konsultant vasgestel het en hy terugvoer aan julle stowwerige boetie gegee het dat die sekerheid weer in plek is, sal hy met elkeen betrokke daaroor deel.
Liewe verlore vriende, weet dus, dat sodra dit veilig is, stuur Stof weer vir julle ‘n kneukelklop. Sodra Griet se ware profiel weer lewe, sal hy ook weer aan haar digitale deur klop.
Stof se versoek aan gemeenskaplike vriende is om asseblief hierdie pos te deel en aan die tydelik verlore vriende, mee te deel dat hulle hopelik nie vir te lank verlore sal wees nie.