Dinsdag 01 Augustus 2017

stowwerige werfie

Daar is 'n paar klein aanpassings gemaak op die stowwerige webwerf, en jy word uitgenooi om te gaan kuier op www.stof.co.za

Sondag 28 Mei 2017

Eenpolig

Elkeen wat geroep is om te dien, sal sy beste gee vir hulle wat gedien moet word.  DIt impliseer ook dat elke konsultasie gefokus sal wees, en kommunikasieapparate se klokkies dan af sal wees, sodat daar nie afleidings is nie.  Toon dus begrip as jou terapeut nie altyd jou oproepe kan beantwoord nie,.  Dit beteken bloot dat hy besig is om op daardie oomblik besig om iemand anders, met dieselfde toewysding te dien as wat hy jou dien.  Jy weet mos hoe om 'n teksie te stuur?  En sodra omstandigdhede toelaat dat daar aan kommunikasie aandag gegee kan word, sal dit wel pgevolg wees. 

Maandag 24 April 2017

Dankbaarheidsdag

As die spiere vanaand kla dat hulle gewerk het, is dit met dankbaarheid dat getuig kan word dat dit die gevolg is van 'n seengevulde dag.  Dankie Vader, dat U my raaksien.

Saterdag 01 April 2017

Om te knor...

Kom ons gesels oor maniere waarop mense mekaar beknor en dikwels van ander gebruik maak om hulle doel te bevorder.

Almal van ons weet dat knor nie reg is nie. 

Almal van ons weet dat nie eers 1 April 'n geldige rede is om 'n medemens in die geestelike domein aan te val nie. 

Daarom nou die ope uitnodiging om op hierdie inset, hier te reageer.

Laat ons maar die titel noem: Om te knor of nie...

Ek loer.