Sondag 25 Augustus 2019

Woordmoord

Vra iemand of hy of sy ‘n moordenaar is. Jy kan seker raai dat die antwoord, sonder huiwering, in die meeste gevalle negatief sal wees. Dalk selfs ‘n stukkie ontsteltenis dat die vraag gevra is.

Minute later blêr die aapkas se nuusbuletin. En meteens, is die vreedsame pasivis vol kommentaar oor sy dom medemens oor wie berig word, oor die onnosel sot wat al weer iets in ‘n toespraak gesê het. Hulle het hulle monde vol van span XYZ se afrigter wat ‘n moroon is en die die minister van finansies wat met ‘n vierkantige kartonhouer vergelyk word. Die simpel nuusleser se kleresmaak word beskryf as sletterig en die vervelige weerleser dra al weer dieselfde pak as gisteraand. En dan is hy nog 'n gefortifiseerde leuenaar ook, want die beloofde reën wat hy gister belowe het, het nie gekom nie.

Vra dan weer die vraag oor die moordenaar, aan die woordmoordenaar. En hierdie keer is die antwoord sommer agressief. “Ek is nie ‘n &0@@*! moordenaar nie. En die moordspraak hou konstant vloei soos wat die spreker die vraer verduidelik hoe afwykend en dom hy is om sulke uitwerpsel te glo…

Dae later bied die spreker die vraer ‘n geleentheid aan. Soos wat hulle ry, word elke ander bestuurder op die pad se vermoëns bevraagteken. En die ingenieur wat bepaal het dat die verkeerslig ‘n langer rooi fase het, word met gesag veroordeel as ‘n anus. Later jaag spreker verby ‘n medemens se voertuig op ‘n sperstreep, en verduidelik in geen onduidelike taal dat die keuse om hierdie streep hier te verf, getuig van die stadsraad se onvermoëom te kan dink.

Dan vra die vraer: Sal jy asseblief gou stop. Spreker skud sy kop oor die onnosel voorstel, maar doen dit tog. Vraer klim uit, bedank spreker vir die rit, en verduidelik dat hy verder in vrede sal stap. Sy vraag of die vraer deur die weerlig geklits is, skel hard. As hy daarna wegtrek, skep hy ‘n ekonomiese geleentheid vir die buitebandbedryf…
Ons Vader seën ons dikwels met lewensmiddele en toerusting. Hy leer ons op unieke manier om dit te waardeer deurdat ons soms bietjie aandag daaraan moet bestee. So gebeur dit soms dat van hierdie toerusting 'n foutjie ontwikkel en vir 'n paar dae buite aksie is, of uit diens is vir instandhouding. Die rentmeester, wat weet waarop Vader hom geseën het met hierdie gawes, verstaan dit en aanvaar die Gewer daarvan, skedule vir die instandhouding en herstel daarvan.
In die agterdeur van die ander huis op die werf, staan 'n werfgenoot. Sy woorde dolk soos wat daar dood gespreek word. "Hierdie stuk gemors sal tog nooit weer loop nie" Of: "Al sy rygoed is alweer stukkend." "Verkoop die flenter ding en kry iets anders"... So hou die vloed van vooroordeel oor die gawes wat Vader my gegee het, selde op.

Van die gemeentelede ervaar pyn. Hulle het vir 'n tydjie, bietjie meer aandag en sorg nodig. En in dankbaarheid dat Pa my vertrou met hierdie taak, word die nodige gedoen. Kritici frons, skel 'n oordeel. "Hy sal nooit iets bereik nie". "Alles wat hy kry gee hy vir mense wat te sleg is om na hulself om te sien". "Hy gaan nog vreeslike siektes optel as hy so baie by daardie swak klas mens deurbring". En vele ander, dikwels onherhaalbare dinge, waarmee die medemens wat geseën is met 'n tydjie van nederigheid, se menswaardigheid op meerderwaardige wyse getrap word, tot in die modder. En saam met hulle, die gestuurde wat 'n verskil moet gaan maak...

'n Persoon is siek. Die doodspreker basuin dit uit: "Hy sal seker maar sterf." Laat ons saamstem voor Pa vir genesing, is een versoek. Kom die doodspraak "Jy kan maar vir hom bid, maar jy mors jou tyd, nou is die tyd vir die werklikheid." En hulle spring in hulle vuurwa oppad kiswinkel toe. So sê die hoogs gerespekteerde lid van die gemeenskap wie se naam in vetdruk, op ‘n formele kerk se boeke geskrywe staan. Dan is die gedagte onafwendbaar: Is daar net, dalkies net, ‘n paar inhoudelike verskille tussen die kerkregister en die Boek van die Lewe?

Twee mense stap verby. ‘n Toeskouer kyk na die uiterlike voorkoms, en klas dadelik ‘n medemens as minderwaardig, van laer stand, sonder om te weet, wat binne in daardie gees is, daarbinne leef. En neus in die lug, word verbygestap. Op hierdie wrede manier, word menslike meerderwaardigheid dikwels die norm vir ‘n vooroordeel teenoor ‘n gelykgeskape medemens.

Doodspraak: ‘n Keuse wat die meerderheid van die sogenaamde beskaafde gemeenskap kies. 'n Gewoonte wat so diep ingewortel is dat selfs Woordbeginsels verwerp word ten gunste daarvan. 'n Ingewortelde deel van 'n kultuur wat roem dat die aanbidding van die lewende God vir hulle, hoë preoriteit is...

Die sekulêre nuusmedia. Die norm van alles wat waar is? Die voorskrif wat gesaghebbend bepaal of dit goed, of sleg gaan in die wêreld. Die entiteit, wat deur selektiewe beriggewing, 'n hele gemeenskap se emosie kan manipuleer. Die media, ‘n norm wat selfs deur baie van dié wat bely dat Christus hulle hoop en verlossing is, gebruik word om te besluit op watter sake die Evangelie van toepassing is, en watter sake eerder met menslike denke hanteer moet word. So word die wat die geheelbeeld sien, hulle wat nie deur die sekulêre media geflous word nie, ten sterkste veroordeel deur die slawe van die doodsprekende publieke propagandiste.

Dan hoor jy die edele gsprek. Ja, dit is goed en mooi en reg om naastediens te verrig. Dit is goed om kerk toe te gaan. Dit is goed om te bid. Dis goed om iets vir 'n ander te gee, as jy het. En dan daardie alleskanselerende woordjie, maar...
Maar eers as jy na jou eie omgesien het. Maar eers as die realiteit (vergleke met die Evangelie?) in ag geneem is. Maar eers as jy seker gemaak het dit is nie 'n klad op jou sosiale staus is om met daardie soort te meng nie, Maar, maar maar. Maar, is 'n woordjie wat in vier letters alles kanseleer wat dit voorafgegaan het. Dit is opvallend dat die meeste kragwoorde ook vier letters het. Maar, is die paspoort wat die mens gebruik om homself die reg toe te eien om sy eie ego, dikwels sy eie negatiwiteit te voed, nadat dit al die positiewe wat dit voorafgegaan het, wreed gewis het binne 'n oomblik. Maar, is die woordjie waarmee menige Woordbedienings verwerp word die oomblik as die luisteraar die aanbiddingsplek verlaat. Met 'n "Dit was 'n mooi diens, maar die pastoor weet nie wat die omstandigdhede by my werk is nie..." "Dis waar wat hy sê, maar hy ken nie my skoonma nie...". Menige ander voorbeelde kan binne enkele minute in alledaagse gesprekke, gehoor word.
Die woordjie, maar, die dolksteek, wat wat dikwels, daardie woordjie is wat doodspraak voorafgaan.

Doodspraak geskied ook dikwels vanuit 'n menslike magsposisie. 'n Sekere pos, 'n posisie in 'n komitee, of 'n tradisionel posisie in die familie. So word gesag deur die persoon as persoonlike bate geneem. Dit word gebruik om sy eie beeld te verbeter. Om selfs op ander te mag trap, in die proses van sy eie opgang.
Gesag, overgestsynde outoriteit, was nog nooit en sal ook nooit in die mens gesetel wees nie. Alle vorme van gesag word deur die Skepper self, aan sy skepsels gedelegeer slegs vir 'n bepaalde tyd of doel, sodat dit gebruik kan word om ander te dien. Daardie gesag is nooit 'n permanente eienskap van die draer daarvan nie. Dit gee nie daardie individu die reg om homself of haarself as 'n gelykgeskapene se meerdere te stel nie. Dit gee veral nie aan sodanige individu die reg om doodspraak oor ander mense en sake te spreek nie. Die oomblik as gepoog word om hierdie bloot gedeleerde gesag teen die Gewer daarvan te gebruik, word dit Godslasterlik. Die oomblik as die vertroue wat jou Skepper in jou gestel het deur jou met 'n bietjie gesag te vertrou, deur jou vertrap word om eiegeregtige redes, het Hy die outoriteit om dit binne oomblikke, op 'n manier wat dalk juis vernederend sal wees, terug te neem. Gesag: 'n gedelegeerde gawe, wat nooit teen die Gewer, Sy werk, of enige van jou medeskepsels gebruik mag word nie. 'n Gawe wat nooit as veskoning vir doodspraak, gebruik mag word nie. Jy wil tog nie Pa se hart so vertrap nie.

Menslike denke en intelegensie is ‘n direkte gawe vanuit die hand van Vader self. Iets wat nie self bereik kan word nie. Vader self is die een wat sy skepsels met verskillende talente toerus en besluit wie sal , met 'n goeie rede, oor bepaalde eienskappe beskik, aldan nie. Om die feit dat jyself bepaalde talente en vroemoëns as geskenk van Hom ontvang het, moet jou juis dankbaar maak. Dit is nie jou lisensie om díe wat nie daardie gawes ontvang het, as onnosel, as minderwaardig uit te jou nie. Vader sou kon kies, om jou dalk te kon plaas in hulle situasie. Maar Hy het nie. Die mens het egter besluit, 'n gawe of talent is iets wat homself die mag gee om ander te mag ertrap, te mag minag, met woorde te mag uitmoor. Hierdie gawes word daagliks deur die ontvangers daarvan gebruik én misbruik om self te besluit wanneer dit geleë is om die Gewer daarvan, te eer, aldan nie. Maar alte dikwels, word hierdie selfde gawe gebruik om téén Hom as Gewer daarvan, planne te snoer. Soos met gesag, is hierdie gawes ook in Sy hand. Hy mag en kan, enige oomblik besluit om die dinge waarop 'n individu so roem, binne 'n oomblik te kanselleer. En dan, word die doodspreker, dalk op sy beurt die slagoffer van doodspraak.

Die keuse om lewe te spreek is jou eie. Die Woord getuig self dat die gesproke woord krag dra. Dat die gawe om te kan praat, reeds 'n verantwoordelikheid is wat met groot rentmeesterskap hanteer moet word. Spraak is 'n gawe wat as moordwapen op die verkeerde tong kan dien. Spraak is die wapen wat 'n gelykgeskape medemens, binne oomblikke kan laat afsterf. Spraak, is die gawe wat genesend kan wees, nie net vir jouself nie, maar ook vir ander. Spraak, gee jou wat kan praat, die keuse om te moor of te dien.

Kies vandag die positiewe. Kies om die mooi, die goeie in die wêreld te sien, en dit uit te lig. Kies om jou medemens tot seën te wees, en nie tot vloek nie. Kies lewe bo dood. Kies om daardie spiertjie wat jy tong noem, te gebruik om die wêreld 'n beter plek te maak. Kies om daardie spiertjiem te gebruik om te getuig oor die groot dinge Vader in jou lewe gedoen het. Gebruik dit om Hom te loof, nie te belaster nie.

Doodspraak en woordmoord, of genesing en lewe vir jouself, dié om jou en die wêreld vir solank dit Pa nog behaag om dit te laat voortbestaan? Wat is jou keuse?


© Stof 2011/12/04

Mikroskyfies

Diere is 'n integrale deel van die meeste mense se heelwees en daarom waardeer ek dit as mense mekaar help om verlore diere te versoen met hul mens-familie. Menige plasings op sosiale media getuig van hierdie soort omgee en op hierdie manier word baie hartsgenote weer verenig.

Die tragiek is dat menige outeurs van plasings dit as negatief impliseer as 'n diertjie wat gevind is, nie 'n mikroskyfie inplanting het nie. So asof dit te verwagte sou wees die norm te wees.

Ek eer egter diegene wat nie aan hulle diere die onreg van 'n mikroskyfie aandoen nie. Hulle wat hulle diertjie genoeg van 'n familielid ag, om die waarskuwing oor hierdie merk in Openbaring, ter harte te neem. As priester van die huis, neem elke pa of enkelouer priesterskap oor sy of haar hele gesin. Deur dus die viervoetige lede van die gesin met dieselfde respek te hanteer as die ander gesinslede, dra hulle 'n kragtige getuienis uit.

Waak dus teen die druk van gewetenloses, om jou viervoetiges te minag met 'n ingeplante mikroskyfie. Daar is BAIE ander, en werklik waardige maniere om Flaffie en Miaau te identifiseer sonder om onheil in jou huis in te dra.

© Stof 2018/11/25

Gesag


Gesag is die outoriteit wat God slegs van tyd tot tyd en vir 'n bepaalde tydduur en doel aan Sy skepsels delegeer met die oog daarop om dit te gebruik om ander te dien.
- Deur hierdie voorwaardelike gesag te misbruik asof die draer daarvan self die oppergesag is, is blatant Godslasterlik.
- Deur hierdie voorwaardelike gesag te misbruik vir eie gewin wat nie tot eer van die Koninkryk is nie, is om God se alwetendheid te onderskat, Sy intellegensie en almag benede jou eie te stel.
- Deur te probeer om daardie voorwaardelike gesag te misbruik teen die Gewer daarvan of Sy werk en Sy Koninkryk, is om self God te probeer speel, die opperste vorm van Godslaster.
- Moet nooit vergeet dat die Gewer van hierdie gesag, dit enige oomblik kan terugeis nie. As jou rentmeesterskap Hom teleurstel, mag Hy dit terugneem, en aan iemand toevertrou wat dit wel waardig is. As jy daarna meteens met hete kole op jou hoof loop, moet nie dan jou Skepper verwyt nie.

Liggaamlikheid


n Skrywer en en denker van formaat plaas onlangs ‘n pos op Bakkiesboek oor die kontradiksie van sekere supersterre wat deur hul uitrustings duidelike aandag vra, maar as dit gegee word, kla dat hulle geteister word. Sosiale media se skryfspasie is te min om regtig die saak mooi uitmekaar te trek.
Daar is reeds ‘n stowwerige artikel oor die naturis op www.stof.co.za/natuur. Alhoewel genoemde artikel en hierdie stowwerige nota raakpunte het, regverdig dit wel ‘n aparte artikel, sodat die fokus op die onderwerp nie verlore gaan nie.
Genoemde skrywer het ‘n persfoto van ‘n aktrise geplaas waarin sy baie trots spog met haar kurwes. Dieselfde aktrise sou klaarblykblik iemand wat sy waardering vir haar keuse van ‘n uitrusting, van teistering wou beskuldig. Op hierdie pos het heelwat reaksies gevolg, na beide kante toe. Gesien vanuit die uiteenlopendheid van die respondente, is nie een regtig heeltemal verkeerd of heeltemal reg nie.
Hieronder dan ‘n artikel wat genoemde saak vanuit ‘n sosiale en kultuurperspektief aanspreek. Laat elke leser wat wil amen amen. Laat elke leser wat wil skiet, skiet...
Liggaamlikheid is die vorm waarmee die mens op aarde geplaas is vir die tydperk wat hy beskore is om hier te funksioneer. Hierdie liggaam is ontwerp om perfek voorsiening te maak van elke aspek van bestaan tydens die aardse tydperk. Uiteenlopende liggaamselemente is in plek geplaas sodat funksionaliteit op aarde, so vlot as moontlik mag wees.
Verskillende kulture het verskillende denkpatrone rondom die liggaam en liggaams-elemente ontwikkel. So is ‘n uiteenlopende hierargie stelsels geskep waarin genoemde elemente geklasifiseer is ooreenkomstig vertoningswaarde. Dienooreenkomstig het daar elemente slagoffer geval van ‘n sies-waarde, en is bedekking dienooreenkomstig verewig in kulturele waardes.
Nou mag die lesers reken dat die volgende pargraaf niks met die onderwerp te doen het nie. Lees egter aandagtig, en later in die artikel, sal hierdie agtergrond-inligting waardevol wees ten opsigte van perspektief. Daar staan ‘n toegedraaide geskenk op ‘n tafel. In die vertrek is ‘n laaitie wat brand om te weet wie se geskenk dit is, en ongeäg wie s’n dit is, in elk geval baie nuuskierig is oor die inhoud van die pakkie. Dan maak die maatjie wie se pakkie dit eintlik is, die pakkie oop. Vir ‘n oomblik is die trekkertjie daarbinne, die fokuspunt van alle aandag. Na ‘n rukkie verloor die maats belangstelling in die trekkertjie en staan dit tussen veel ander karretjies, op ‘n rak. Sou die pakkie vir langer toe gewees het, sou dit tot gedagtevlugte gelei het oor wat dalk daarbinne kan wees en wat alles met die inhoud gedoen kan word. En hoe langer die gedagtes gebind word deurdat die trekkertjie weggesteek word in die pakkie, hoe meer verbeeldingryk raak die verbeeldingsvlugte daaroor.
Nou is daar in ‘n kultuur waar bepaalde liggaams-elemente ‘n taboe-waarde het, enkelinge wat genoemde elemente ten dele tentoonstel. Genoeg bedek dat die morele waardes tegnies geproke nie geskend word nie. Maar genoeg ontbloot, sodat nuuskierigheid en verbeeldingsvlugte oor die laaste stukkie wat wel bedek is, aanskouers se hele aandagspan steel en hulle oor niks anders kan dink of praat nie. Gedagtevlugte oor wat met hierdie verborge skatte gedoen kan word as dit ook vrygelaat word, maak enige ander gesrekvoering onmoontlik. Hoekom sou dit dan wees?
n Ander scenario is waar ‘n groep mense wat gemaklik is met hulle liggaamlikheid, in hulle natuurlike staat vakansie hou, of selfs beter, daagliks hulle lewe as sodanig deurbring. Die totale gebrek aan liggaamsbedekking toon dat hulle die liggaam as ‘n geheel eer en nie stigmawaardes aan bepaalde elemente voeg nie. Die liggaamlike veroorsaak geen nuuskierigheidwaarde nie. Dit is nie die oorsaak van wellustigheid nie. En as ‘n paar afpaar na hulle eie privaat-ruimte, is dit daar waar hulle vanuit hul verhouding, mekaar waardeer op hul eie unieke wayse.
Terug na die scenario wat die skrywer gerapporteer het. ‘n Aktrise stel haar ware ten dele uit. Trots omdat sy met skoonheid geseën is. Die ten dele bedekte attraksies kaap toeskouers se aandag ten volle, want allerlei wilde gedagtevlugte oor die voorkoms en die moontlike gebruikswaarde van die stukkie van die pakkie wat nog toegedraai is, interreseer die toeskouer sodanig dat alle, tot nou toe stagnate, senintjies tot aksie geroep word.
n Ander scenario. ‘n Reisiger in Noord-Afrika staan verstom oor die tradisionel drag van hulle gas-stam. Ooreenkomstig die besoeker se kultuur, is alle norme oorboord gegooi. Tannie Emsie se bolla trek in ‘n krul en besoeker se vrou gee hom ‘n kwaai kyk. En meteens, kom die besoeker agter dat dit die eenheid wat hom opval, nie die welluswaarde wat genoemde toneeltjie in sy kultuur sou dra nie. Nie eers ‘n ou senintjie beweeg nie.
Op hierdie punt van die relaas, is dit seker nie eers nodig om die afleiding meer uit te spel nie. Enige item wat op sodanige wyse en mate bedek word dat dit nuuskierigheid prikkel, sal aandag trek. Sommige aandag sal ‘n kompliment wees. Ander sal, deur wilde fantasievlugte gedryf, tot aandag lei wat nie waardeer word nie. Of dit ‘n trekkertjie is, of dit kurwes is, en of dit genitalië is, is van minder belang. Kulturele kondisionering maak dat toeskouers van uiteenlopende denkrigtings, uiteenlopende reaksie sal toon. En, hartseer om uit te wys, is die sogenaamde hoogheilige westerse kultuur, die een wat die grootste wangedrag hierin toon, in die naam van beskawing.
Moenie my vertel dat Mietie nie soms, ook maar so ‘n skelm gedagtetjie gekoester het as Genis met sy wikkelstappie so verby haar negosiewinkel geloop het nie.

Afronding


Soveel mense se monde vertel vir die stowwerige dat hulle hom graag wil ken. As hy egter soms kopsorge op sosiale media plaas met die oog op uitklaring. Word daar soms heelwat regmerkies by geplaas. Hierdie plasings is egter nie bloot retories nie. Dit is ‘n werklike roep na inligting. Daarom dan vandag die oproep om inligting oor die volgende onderwerp. Hoop regtig daar is na dese, finaliteit hieroor sodat hierdie saak, nie weer vir Stof hete kole op die hoof veroorsaak nie.
Hier volg die navraag: Sedert die banke se redusering van een sent, twee sent en vyf sent tot verworpe weeskinders, word benadering deur diensverskaffers en negosiewinkels toegepas sodat handeldryf steeds moontlik is.
Sommige handelaar rond op, deur die prys van die siens of die item, tot die naaste boonste tien sent aan te pas. Dit lyk dan dikwels of die klant ingedoen word, omdat daar dan enkele sente meer, as die prys wat die produk gemerk is, gevra word. Dit lei dikwels tot isegrimmigheid onder klante.
Ander handelaar rond af, na die vorige tien sent. By implikasie, staan hulle in vir die verlies ondertoe. Hierdie praktyk staan natuurlik die klant aan, want dan is daar na ‘n paar keer se inkopies, ‘n nuttige ekstratjie gespaar sodat ‘n ekstra soeterige versnappering dalk ook in die negosiemandjie kan beland.
Dan moet diensverskaffers ook natuurlik betaal word. Nadat die bydrae vir Sarafina onlangs verhoog is vyfien persent, het deit by vele verskaffers tot gevolg gehad dat die mooi ronde pryse vir dienste wat Sarafina teen veerien persent ingesluit het, meteens onafgeronde bedrae word. Heel dikwels, in veelvoude van minder as tien sent. Dan skep dit die volgende dilemma: Nie alle diensverskaffers het die fasititeit om krediete oor te hou vir ‘n volgende rekening nie. Die oprondingsbedrag na die volgende tien sent, gaan dus verlore. As die afgeronde bedrag betaal word, stuur een of ander infantiele rekenaarprogram enkele dae later ‘n geoutomatiseerde epos aan die klant dat hy agterstallig is met agt sent en dat die dienste dus opgeskort mag word...
By navrae by banke, is die verskillende konsultante verdeeld. Niemand het ‘n defnitiewe antwoord nie. Diensverskaffers, wat werklik uitnemende diens lewer, word met hete kole op die hoof gelaat omdat die geoutomatiseerde rekunkundige stelsel dit laat lyk asof die dreigbriefie van die aangename mense kom wat met soveel oorgawe, werklik gewaardeerde omgeediens lewer.
Nou weer opnuut die vraag: wat is die norm, wat moet ons as klante doen. As daar iemand is wat genoeg omgee, om hierdie turksvy se pynlike dorings te help uittrek...