Maandag 14 Oktober 2019

Media-vooroordeel

Dit is met hartseer dat ek in hierdie hartdeelsessie, mense en instansies wat andersins gewaardeerde en betroubare diens lewer, moet aanspreek kragtens Mattheus 18:15-18. 
Dit het nou onlangs 'n keer of meer gebeur dat 'n amptenaar van Maroela media, positiewe insette wat ek lewer op artikels, verwyder.  Dit te midde van ander leser-insette wat oor die algemeen negatief en doodsprekend is, maar gelaat word. 
Dit wat ek weet van Maroela, is dat die meeste medewerkers positiewe en aangename mense is.  Die verwydering van die enigste positiewe inset, laat my dus vermoed dat dat daar enkele personeellede is wie se gesindheid min of meer soos my sokkies ruik en nie lewespraak of positiwiteit kan of wil hanteer nie. 
Na epos-navrae aan Maroela, sowel as 'n persoonlike navraag deur Sofia, is daar doodse stilte.  Die wat lewespreek so verwyder, maak steeds nie 'n piep nie... 
Daarom dan, my navraag.  Is daar enige leser wat hier lees en gesaghebbend namens Maroela, die saak kan regstel? 
Ek wag. 
Hiermee dan, is voldoen aan stap twee van Mattheus agtien se voorskrifte, aan voldoen. 
Ek sien uit na positiewe reaksie. 
Stowwerige groete