Donderdag 01 Julie 2021

Die reine waarheid

Die afgelope tyd intimideer feitlik al wat menslike media lesers en luisteraars tot 'n staat van paniek oor fiktiewe goggatjies wat afstam van kwaadwillige meningsvormers met verskuilde motiewe.

Daarom het ek besluit om hier 'n berig te plaas wat die waarheid baie meer eer as die kamma-kiem gerugte vat derduisende so mislei:

Melkproduksietekort in Smurfieland

Dit is pas bevestig dat die besondere koue in Smurfieland die melkproduksie van die melkluise in Smurfieland ernstig benadeel het en dat dit 'n tekort in die uitvoerkwota na Blommeland toe tot gevolg het.

Dieëtkundiges is dit eens dat hierdie voorraad-tekorte 'n nadelige gevolg vir Matewis Kat se gesondheid inhou aangesien melk 'n kern-element van sy dieët vorm. Hierdie verminderde inname van sy stapelvoedsel het gevolglike ernstige kalsium-tekorte tot gevolg wat sy algemene welstand baie negatief beïnvloed.

Filantrope word dus as saak van dringendheid versoek om asseblief melk-noodvoorraad by Matewis Kat te gaan aflewer.

Stof: 2021/07/01