Maandag 14 Oktober 2019

Media-vooroordeel

Dit is met hartseer dat ek in hierdie hartdeelsessie, mense en instansies wat andersins gewaardeerde en betroubare diens lewer, moet aanspreek kragtens Mattheus 18:15-18. 
Dit het nou onlangs 'n keer of meer gebeur dat 'n amptenaar van Maroela media, positiewe insette wat ek lewer op artikels, verwyder.  Dit te midde van ander leser-insette wat oor die algemeen negatief en doodsprekend is, maar gelaat word. 
Dit wat ek weet van Maroela, is dat die meeste medewerkers positiewe en aangename mense is.  Die verwydering van die enigste positiewe inset, laat my dus vermoed dat dat daar enkele personeellede is wie se gesindheid min of meer soos my sokkies ruik en nie lewespraak of positiwiteit kan of wil hanteer nie. 
Na epos-navrae aan Maroela, sowel as 'n persoonlike navraag deur Sofia, is daar doodse stilte.  Die wat lewespreek so verwyder, maak steeds nie 'n piep nie... 
Daarom dan, my navraag.  Is daar enige leser wat hier lees en gesaghebbend namens Maroela, die saak kan regstel? 
Ek wag. 
Hiermee dan, is voldoen aan stap twee van Mattheus agtien se voorskrifte, aan voldoen. 
Ek sien uit na positiewe reaksie. 
Stowwerige groete

Sondag 22 September 2019

Kolonale denke


Eendag, lank lank gelede was daar 'n knus maar goed toegeruste winkelsentrum. Almal was welkom daar. Toe word die sentrum 'n tiener, en die dak val in van pure rebelsheid. Nadat die skade herstel is is die nuwe vleuel met 'n groot basuin bekendgestel.
Eendag nie so lank gelede nie, stap 'n joernalis deur die sentrum om bietjie te ontspan na 'n besige tydjie. So asof Rooikappie en die wolf skielik weer ontplooi, stap daar 'n wrede wolf in sekuriteits-kabaai op die joernalis af en knor saggies agter 'n verskuilde agenda. Die joernalis was egter net so slim soos rooikappie en het alles onthou wat haar ouma haar teen gewaarsku het. Die wolf grom dat Rooikappie asseblief (sekerlik nie die netjiese woord bedoel nie?) die sentrum moet verlaat omdat slegs joernaliste in diens van Kolonade welkom is daar. Rooikappie het toe nie geloop nie, maar die heks by die lekkergoedhuisie gaan sien om te hoor hoekom haar wolf nie daarvan hou dat joernaliste 'n klein belegging maak in die huurders van die sentrum nie. Die heks het met haar mooiste, geelste glimlag ewe liefies gesis dat hulle bang is dat "eksterne joernaliste" dalk iets oor die sentrum se geraamtes en maskers skryf wat hulle graag verborge sou wou hou. Toe begin Rooikappie wonder wat probeer die bestuur verskuil. Omdat Rooikappie 'n vriend het wat 'n winkel in die sentrum het, het sy weer in die sentrum gaan kuier. Tog vreemd dat die wolf in sekuriteitsklere nie die keer gekla het nie. Miskien gesien dat Rooikappie 'n gesonde belegging gemaak het in sy salaris te oordeel na haar bultende pakkies??
'n Klein bietjie snuffel verder het 'n paar interresante liplekker nuusbrokkies tussen die lyne laat deurskemer. Iets wat enige joernalis laat juk om die kladboek nader te trek...
Maar Rooikappie sal die wolf maar eers 'n billike kans gee om op episode een te antwoord. As die Wolf nie antwoord nie, is dit dalk glad nie 'n slegte idee om episode twee en daaropvolgende episodes te publiseer nie.
Intussen wonder Rooikappie net, waar moet 'n joernalis 'n versnappering gaan koop of gaan fliek as die sentrumbestuur so trots is dat hulle skepsels wat in die klas "joernalis" val, as 'n waardigheidsbreuk vir hul heiligdom ag.

En skielik, sonder om te snuffel, val die volgende brokkie nuus in die skrywertjie se skoot...
Die satan en sy trawante maak deedae mos gebruik van die wat ons so onvoorwaardelik vertrou om die Evangelie te probeer pootjie. Dit gebeur toe mos dat Damian en sy span genooi word om op te tree in die Kolonade winkelsentrum in Montana. Die oomblik toe dit bevestig word dat Damian en venote die bevrydende Evangelie van Jesus Christus gaan verkondig, kanselleer Kolonade se bestuur die geleentheid. Dis 'n algemene bekende feit dat satan en sy trawante stuiptrekkings kry as hulle bloot net Jesus Christus se Naam hoor. Derhalwe is dit regtig nie te moeilik om af te lei wat aan die gang is by Kolonade sentrum se bestuur nie..... En watter magte die struktuur geïnfiltreer het nie
Nadat Joe, 'n kollega, die vorige berig onder die sentrumbestuur se aandag gebring het, reageer 'n naamlose werknemer van die sentrum soos volg:
Beste Joe,
Baie dankie dat jy die twee artikels op www.klanke.co.za/nuus onder ons aandag gebring het. Kolonnade Sentumbestuur kan ongelukkig nie op rolspeling en aantuigings kommentaar lewer nie maar sal met graagte op feite reageer.
Vriendelike groete,
Kolonnade Sentumbestuur
Laat 'n mens wonder, as die bevrydende Evangelie nie vir dié werknemer feite is nie, wie is in beheer van die sentrum?
Sopas kom die berig toe deur: Kolonade het vir Pieter Goosen, 'n man met 'n groot getuienis, nou onlangs probeer verbied om te sing tydens sy optrede in Kolonade. Wou glo net hê hy moet instrumentaal optree. Dit was egter nie die ooreenkoms nie. Hierdie "verbod" het gekom pas nadat hulle verneem het hy sing ook tot eer van die Here. Laat 'n mens wonder, nee, eintlik weet wat kook!

gesag

Sodra menslike owerhede die outoriteit wat slegs per delegasie aan hulle geleen is vir 'n bepaalde doel en tydperk, poog om dit teen die Gewer daarvan, of Sy gestuurdes te gebruik, verval hierdie gedelegeerde gesag. 
Enige verdere "uitsprake" of aksies wat wat gepleeg word in die ilusie dat hulle steeds oor hierdie gedelegeerde gesag beskik, is dus suiwer Godslaster en dra derhalwe geen waarde nie. 
Die gevolge vir hierdie lasteraars, is gevolglik voor die hand liggend... 

Saterdag 14 September 2019

papio

So sit Lepinotus Patruelis en sy neef Liposcelis Divinatorius mos anner dag in die koelte van die die Tribulis Terrestris en wonder hoekom Homo Sappiens hom dikwels soos Suidai Domesticus gedra. Dis ook net toe dat Papio Ursinus daar verystap en en ons ons wil skeur van die lag. Die ooreenkomste met 'n jong nuusmaker wat sy lyf wil leier hou, is skielik so duidelik soos daglig. Hierdie blote gedagte het amper Papio se hele selfbeeld vernietig... Lepi en Lipo moes maar vir Papio om verskoning vra dat hulle hom met Sappiens vergelyk het.
 

2014/01/09

Vrydag 13 September 2019

Kletskamer

Daar is soveel uiteenlopende sentimente oor die stowwerige sowel as die werk wat hy doen, saam met wie hy dit doen en waar hy dit doen.   Hierdie plasing is gemaak om aan enige persoon wat 'n inset wil lewer, die geleentheid daartoe te bied, ongeäg die trant daarvan. Gesprekvoering tussen gespreksgenote word ook aangemoedig. 
Gebruik dus hierdie geleentheid, om daardie gedagtes oor die stowwerige en die stof rondom hom, wat jy nog altyd wou deel maar nie geweet het waar nie, deeglik.  Nou is jou kans. 

Woensdag 11 September 2019

Engele

Engele het vlerke,
of het hulle?
Engele is wit,
of is hulle?

Engele help net heiliges,
dra net die herders.
Engele is onsigbaar,
en soms sommer net 'n mite.

Toe smeek ek Hom,
om vir my 'n engel te stuur.
Hy het gehoor,
en 'n leërskare gestuur.

Engele in mensmondering,
elkeen met 'n enkele taak,
het gekom om my laste te neem,
en weer die lewe sin te gegee.

Wees jy Sy engel as Hy jou roep.
Hoor Sy stem as Hy jou talente vra,
sodat jy 'n mede-engel,
kan help dra aan sy vrag.

© Stof

Gerrit

Die werk van 'n herder is om daar te wees as een van sy gelykgeskape medeskepsels in nood verkeer. Om saam met hierdie boetie of sussie voor Pa te kniel en wysheid te soek. Deel daarvan, is die voorreg om so dikwels ook die wonderbaarlike uitkomste van hierdie saamstem, te sien en te beleef.

Om te dien, eis dikwels ook sy tol. Daarom het elke herder, ook diegene om hom of haar nodig wat die herder deurdra.

Een van diegene is Gerrit. Iemand wat al 'n lang pad saam met Stof stap. Iemand wat deur die Universiteit van die lewe, ook getemper, geleer en voorberei is om 'n ware medemens vir 'n ander te wees. Soms fluister ons Vader in dié wat geroep is om 'n verskil in ander se lewe te maak, om 'n boetie wat moeg is, te nooi vir 'n wegbreek.

So beland Stof mos een middag op hierdie manier, op Gerrit se hoewe vir 'n braaivleis. In gehoorsaamheid aan Pa se fluistering in sy oor dat Stof flenters is, het hy hierdie uitnodiging gerig. Saam, voor 'n afgetrede velling, gevul met kole wat 'n paar stukke wors keurig skroei tot 'n aangename vooruitsig, begin 'n moë gees ontspan. Teen die tyd dat die wors en die heerlike verrassings wat daarmee saam gekom het, genuttig is, loop die gesprek lang draaie deur die lewe. Daar word saam gelag, gehuil, gebid, en getuig oor al die mooi dinge wat Pa oor ons lewens bring.Skemer het te gou gekom. Huiswaarts keer was egter maklik. 'n Ligte hart en hernude krag, het hierdie keer saamgery.

Dankie aan Gerrit, en al die ander engele wat soos hy sensitief is vir Pa se influistering, dat hulle dié is wat so dikwels, die wêreld nog bymekaarhou. Mag elkeen van hulle, 'n groot seën ontvang. Groter selfs, as die seën wat hulle is vir ander.


Mag elke leser hierdeur gestem word tot sensitiwiteit vir Pa se stem. Dalk is jy net, die volgende engel wat geroep is om 'n verskil te gaan maak in iemand se lewe. So word elke leser ook toegewens, engele in sy of haar lewe, wat soos Gerrit, ook hulle lewens wil verryk tot die vervulling wat dit veronderstel is om te wees.


© Stof 2011/05/28