Vrydag 20 Desember 2019

Praat met my...


So dikwels, laat ‘n korrespondent ‘n nota aan ‘n berader of terapeut waarin gevra word dat die stowwerige hulle skakel. Dit is dan ook die doel van die stemposdiens, om uit te reik na hulle wat ‘n hand nodig het.
So word die opreoep dan gemaak. En die persoon wat dit aangevra het, antwoord nie. Herhaalde kere. Effe later kom die verwyt: maar hoekom het jy my nie geskakel nie.
By nadere ondersoek, blyk dit dat die klaer, bloot nie die oproep wou beantwoord nie. Hulle verwyt dan die moruti dat hulle nie die inkomende opreop se telefoonnommer herken het nie, of dat dit incognito deurkom. Natuur lik sal ‘n oproep wat deur ‘n skakelbord uitgaan op n uitgaande lyn, inognito wees. Dit is ‘n voorsorgmaatreël om te voorkom dat daardie lyne wat gereserveer is vir uitgaande oproepe, later verstop word deur persone wat daarop probeer inskakel. Dit is ook lyne wat ons met dankbaarheid gebruik om ons werk te doen, want dit is net eenvoudig nie haalbaar om op persoonlike lyne, veral weens die koste daaraan al ons werk te verrig nie. Gekonsulteerdes is welkom om om elkeen van van ons op die telefoonnommers soos ons dit aan hulle verskaf het, te skakel, maar ons kan weens verskeie redes, nie daardie lyne vir uitgaande oproepe gebruik nie.
Voordat jy dus weer kerm dat jou terapeut jou nie wil help nie, wees eerder saam met hom dankbaar dat daar wel lyne beskikbaar gestel word om jou te kan dien, ongeag die geldige redes wat die skenker daarvan se skakelbord, het om bepaalde beperkings daar te plaas.
Dus: As jy ondersteuning nodig het, praat gerus. Maar maak seker jy antwoord, wanneer jy teruggeskakel word van gewaardeerde geborgde lyne. Dit, is al manier waarop ons jou kan help.
Sela

Dinsdag 17 Desember 2019

LRP

Dit sal sulke goeie nuus wees as die pompstasies wat in die afgelope paar maande LRP se voorsiening gestaak het, tot besinning sal kom en dit weer beskikbaar stel.  Dit is regtig ongemaklik en duur om vêr te ry na die pompstasies wat wel aan die gemiddelde voertuig dink.  Hulle word waardeer, maar is nie die naaste nie.  Om deurlopend ook lood-bymiddels te gebruik eis ook sy duik in die begroting, dus is die naaste stasies, nie juis 'n besparing nie, nadat die bymiddel koste bygereken is nie. 
Daar is nie sin daarin om die gemiddelde padgebruiker met sy gemiddelde voertuig, te vervreem deur LRP te onttrek aan baie stasies nie.  Om op hierdie bevooroordelende wyse, slegs die eienaars van nuwer en luukser voertuie te akomodeer, kom eintlik neer op 'n wrede manier van sosiale segregasie. 
En nou, wag ek vir die goeie nuus, dat LRP weer vrylik beskikbaar sal wees. 

Veilings

Die probleem met veilings is dat die negosieware wat aangebied word, meer dikwels as nie, nie vrywillig deur die regmatige eienaar afgestaan is nie.  Die deel, (indien enige), wat die eienaar uiteindelik kon ontvang, is gewoonlik absurd klein en dra by tot die spiraaleffek in die primêre probleem.  Persone wat in tydelike nood is word dan deur gewentenlose hebsugtiges geteiken vir eie gewin. 
Daarom sal ek nooit iets op 'n veiling koop nie, want ek weet daardeur maak ek 'n aktiewe bydrae tot 'n medemens se skade.  Slegs as ek WEET dat dit 'n item is wat die verkoper vrywillig aanbied, sal ek aankope oorweeg.  Sou iets wel gekoop word, gaan dit die gewete aanspreek elke keer as dit gebruik word en so kom die persoom wat dit aankoop, nooit vry nie. 

Saterdag 14 Desember 2019

Dankie, edelman.

Aan die broer wat my onlangs as 'n ongeletterde.idioot uitgeskel het: 

Baie dankie dat jy die vrymoedigheid geneem het om my voor my, as 'n ongeletterde idioot uit te skel.  Dit maak van jou 'n ware edelman, want soveel ander wat nie die selfvertroue het om dit voor my te doen nie, skinder agter my rug en dink ek sal dit nie agterkom nie. 
Jou stelling oor my ongeletterdheid is waarskynlik in die kol.  Ek kan nie Hindi lees of skryf nie.  Ek kan nie Mandaryns lees of skryf nie.  Ek kan nie snelskrif lees of skryf nie.  Ek kan nie Aramees lees of skyf nie.  Ek kan nie musiek lees nie.  Ek kan nie Shona lees of skryf nie.  Ek kan nie eers , 'n dokter se voorskrif lees nie.  Jy sal vêr moet gaan om nog soveel ongeletterdheid te vind. 
Dankie dus, edelman, vir jou opregte eerlikheid. 
Mag jou integriteit, vele motiveer om die ware ridder, in hulle na vore te bring. 

Saterdag 30 November 2019

Doopnaam

Om een of ander rede is die mensdom se denke dikwels baie na die tweede lettergreep van sy naam.  Tonnelvisie-veralgemenings en blindelingse verslawing aan irrasionele tradisie reduseer andersins inteligente mense, tot redelose navolgers van fundamentalistiese indoktronasie. 
Tydens vele aangename kennis-gesprekke, sal een of meer gespreksgenote my naam bevraagteken en my probeer oortuig dat dit iets anders moet wees, of 'n afkorting van 'n naam wat binne hulle beperkte begrip bestaan.  Dan vra iemand gewoonlik, Is jy so gedoop?". 
Net daar kry die stowwerige aambei 'n kramp en moet hy swaar staatmaak op selfbeheersing. 
Soms, as dit wel lyk of daar wel ore is wat dalk kan hoor en woorde dalk nie soos pêrels voor sweine gaan beland nie, verduidelik hy dit soos volg: 
Tydens die skepping het Vader Yahwe reeds besluit dat Sy laaitie genaamd Stof op Sy geskeduleerde tyd, gebore sal word.  Tydens Stof se konsepsie, het Stof se naam reeds materieël gemanifesteer in 'n bevrugde eiersel.  Nou hoe verwag die vraer dan, dat Stof die tyd tussen sy konsepsie en sy doop, naamloos sou deurgaan en hy eers baie jare later, naam sou kry? 
Nee, by die skepping het Vader Yahwe hom reeds ontwerp en by name gedeffinieër.  Hierdie plan van Hom, het die naam Stof laat manifesteer op die dag van konsepsie, en daarom is  Stof trots om die naam waarmee Vader hom ontwerp en sowat sesduisend jaar later gemanifesteer het, met trots te dra, soos dit bedoel is.
So eenvoudig soos dit. 
Sela. 
Trots op sy Godgegewe identiteit, die uwe, Stof. 

Sondag 24 November 2019

Dankbaar

Vandag net 'n nota om eer te bring aan Vader Yahwe, vir die wonderwerkende manier hoe Hy vandag so oorvloedig geseën het. 
Soli Deo gloria!

Maandag 14 Oktober 2019

Media-vooroordeel

Dit is met hartseer dat ek in hierdie hartdeelsessie, mense en instansies wat andersins gewaardeerde en betroubare diens lewer, moet aanspreek kragtens Mattheus 18:15-18. 
Dit het nou onlangs 'n keer of meer gebeur dat 'n amptenaar van Maroela media, positiewe insette wat ek lewer op artikels, verwyder.  Dit te midde van ander leser-insette wat oor die algemeen negatief en doodsprekend is, maar gelaat word. 
Dit wat ek weet van Maroela, is dat die meeste medewerkers positiewe en aangename mense is.  Die verwydering van die enigste positiewe inset, laat my dus vermoed dat dat daar enkele personeellede is wie se gesindheid min of meer soos my sokkies ruik en nie lewespraak of positiwiteit kan of wil hanteer nie. 
Na epos-navrae aan Maroela, sowel as 'n persoonlike navraag deur Sofia, is daar doodse stilte.  Die wat lewespreek so verwyder, maak steeds nie 'n piep nie... 
Daarom dan, my navraag.  Is daar enige leser wat hier lees en gesaghebbend namens Maroela, die saak kan regstel? 
Ek wag. 
Hiermee dan, is voldoen aan stap twee van Mattheus agtien se voorskrifte, aan voldoen. 
Ek sien uit na positiewe reaksie. 
Stowwerige groete

Sondag 22 September 2019

Kolonale denke


Eendag, lank lank gelede was daar 'n knus maar goed toegeruste winkelsentrum. Almal was welkom daar. Toe word die sentrum 'n tiener, en die dak val in van pure rebelsheid. Nadat die skade herstel is is die nuwe vleuel met 'n groot basuin bekendgestel.
Eendag nie so lank gelede nie, stap 'n joernalis deur die sentrum om bietjie te ontspan na 'n besige tydjie. So asof Rooikappie en die wolf skielik weer ontplooi, stap daar 'n wrede wolf in sekuriteits-kabaai op die joernalis af en knor saggies agter 'n verskuilde agenda. Die joernalis was egter net so slim soos rooikappie en het alles onthou wat haar ouma haar teen gewaarsku het. Die wolf grom dat Rooikappie asseblief (sekerlik nie die netjiese woord bedoel nie?) die sentrum moet verlaat omdat slegs joernaliste in diens van Kolonade welkom is daar. Rooikappie het toe nie geloop nie, maar die heks by die lekkergoedhuisie gaan sien om te hoor hoekom haar wolf nie daarvan hou dat joernaliste 'n klein belegging maak in die huurders van die sentrum nie. Die heks het met haar mooiste, geelste glimlag ewe liefies gesis dat hulle bang is dat "eksterne joernaliste" dalk iets oor die sentrum se geraamtes en maskers skryf wat hulle graag verborge sou wou hou. Toe begin Rooikappie wonder wat probeer die bestuur verskuil. Omdat Rooikappie 'n vriend het wat 'n winkel in die sentrum het, het sy weer in die sentrum gaan kuier. Tog vreemd dat die wolf in sekuriteitsklere nie die keer gekla het nie. Miskien gesien dat Rooikappie 'n gesonde belegging gemaak het in sy salaris te oordeel na haar bultende pakkies??
'n Klein bietjie snuffel verder het 'n paar interresante liplekker nuusbrokkies tussen die lyne laat deurskemer. Iets wat enige joernalis laat juk om die kladboek nader te trek...
Maar Rooikappie sal die wolf maar eers 'n billike kans gee om op episode een te antwoord. As die Wolf nie antwoord nie, is dit dalk glad nie 'n slegte idee om episode twee en daaropvolgende episodes te publiseer nie.
Intussen wonder Rooikappie net, waar moet 'n joernalis 'n versnappering gaan koop of gaan fliek as die sentrumbestuur so trots is dat hulle skepsels wat in die klas "joernalis" val, as 'n waardigheidsbreuk vir hul heiligdom ag.

En skielik, sonder om te snuffel, val die volgende brokkie nuus in die skrywertjie se skoot...
Die satan en sy trawante maak deedae mos gebruik van die wat ons so onvoorwaardelik vertrou om die Evangelie te probeer pootjie. Dit gebeur toe mos dat Damian en sy span genooi word om op te tree in die Kolonade winkelsentrum in Montana. Die oomblik toe dit bevestig word dat Damian en venote die bevrydende Evangelie van Jesus Christus gaan verkondig, kanselleer Kolonade se bestuur die geleentheid. Dis 'n algemene bekende feit dat satan en sy trawante stuiptrekkings kry as hulle bloot net Jesus Christus se Naam hoor. Derhalwe is dit regtig nie te moeilik om af te lei wat aan die gang is by Kolonade sentrum se bestuur nie..... En watter magte die struktuur geïnfiltreer het nie
Nadat Joe, 'n kollega, die vorige berig onder die sentrumbestuur se aandag gebring het, reageer 'n naamlose werknemer van die sentrum soos volg:
Beste Joe,
Baie dankie dat jy die twee artikels op www.klanke.co.za/nuus onder ons aandag gebring het. Kolonnade Sentumbestuur kan ongelukkig nie op rolspeling en aantuigings kommentaar lewer nie maar sal met graagte op feite reageer.
Vriendelike groete,
Kolonnade Sentumbestuur
Laat 'n mens wonder, as die bevrydende Evangelie nie vir dié werknemer feite is nie, wie is in beheer van die sentrum?
Sopas kom die berig toe deur: Kolonade het vir Pieter Goosen, 'n man met 'n groot getuienis, nou onlangs probeer verbied om te sing tydens sy optrede in Kolonade. Wou glo net hê hy moet instrumentaal optree. Dit was egter nie die ooreenkoms nie. Hierdie "verbod" het gekom pas nadat hulle verneem het hy sing ook tot eer van die Here. Laat 'n mens wonder, nee, eintlik weet wat kook!

gesag

Sodra menslike owerhede die outoriteit wat slegs per delegasie aan hulle geleen is vir 'n bepaalde doel en tydperk, poog om dit teen die Gewer daarvan, of Sy gestuurdes te gebruik, verval hierdie gedelegeerde gesag. 
Enige verdere "uitsprake" of aksies wat wat gepleeg word in die ilusie dat hulle steeds oor hierdie gedelegeerde gesag beskik, is dus suiwer Godslaster en dra derhalwe geen waarde nie. 
Die gevolge vir hierdie lasteraars, is gevolglik voor die hand liggend... 

Saterdag 14 September 2019

papio

So sit Lepinotus Patruelis en sy neef Liposcelis Divinatorius mos anner dag in die koelte van die die Tribulis Terrestris en wonder hoekom Homo Sappiens hom dikwels soos Suidai Domesticus gedra. Dis ook net toe dat Papio Ursinus daar verystap en en ons ons wil skeur van die lag. Die ooreenkomste met 'n jong nuusmaker wat sy lyf wil leier hou, is skielik so duidelik soos daglig. Hierdie blote gedagte het amper Papio se hele selfbeeld vernietig... Lepi en Lipo moes maar vir Papio om verskoning vra dat hulle hom met Sappiens vergelyk het.
 

2014/01/09

Vrydag 13 September 2019

Kletskamer

Daar is soveel uiteenlopende sentimente oor die stowwerige sowel as die werk wat hy doen, saam met wie hy dit doen en waar hy dit doen.   Hierdie plasing is gemaak om aan enige persoon wat 'n inset wil lewer, die geleentheid daartoe te bied, ongeäg die trant daarvan. Gesprekvoering tussen gespreksgenote word ook aangemoedig. 
Gebruik dus hierdie geleentheid, om daardie gedagtes oor die stowwerige en die stof rondom hom, wat jy nog altyd wou deel maar nie geweet het waar nie, deeglik.  Nou is jou kans. 

Woensdag 11 September 2019

Engele

Engele het vlerke,
of het hulle?
Engele is wit,
of is hulle?

Engele help net heiliges,
dra net die herders.
Engele is onsigbaar,
en soms sommer net 'n mite.

Toe smeek ek Hom,
om vir my 'n engel te stuur.
Hy het gehoor,
en 'n leërskare gestuur.

Engele in mensmondering,
elkeen met 'n enkele taak,
het gekom om my laste te neem,
en weer die lewe sin te gegee.

Wees jy Sy engel as Hy jou roep.
Hoor Sy stem as Hy jou talente vra,
sodat jy 'n mede-engel,
kan help dra aan sy vrag.

© Stof

Gerrit

Die werk van 'n herder is om daar te wees as een van sy gelykgeskape medeskepsels in nood verkeer. Om saam met hierdie boetie of sussie voor Pa te kniel en wysheid te soek. Deel daarvan, is die voorreg om so dikwels ook die wonderbaarlike uitkomste van hierdie saamstem, te sien en te beleef.

Om te dien, eis dikwels ook sy tol. Daarom het elke herder, ook diegene om hom of haar nodig wat die herder deurdra.

Een van diegene is Gerrit. Iemand wat al 'n lang pad saam met Stof stap. Iemand wat deur die Universiteit van die lewe, ook getemper, geleer en voorberei is om 'n ware medemens vir 'n ander te wees. Soms fluister ons Vader in dié wat geroep is om 'n verskil in ander se lewe te maak, om 'n boetie wat moeg is, te nooi vir 'n wegbreek.

So beland Stof mos een middag op hierdie manier, op Gerrit se hoewe vir 'n braaivleis. In gehoorsaamheid aan Pa se fluistering in sy oor dat Stof flenters is, het hy hierdie uitnodiging gerig. Saam, voor 'n afgetrede velling, gevul met kole wat 'n paar stukke wors keurig skroei tot 'n aangename vooruitsig, begin 'n moë gees ontspan. Teen die tyd dat die wors en die heerlike verrassings wat daarmee saam gekom het, genuttig is, loop die gesprek lang draaie deur die lewe. Daar word saam gelag, gehuil, gebid, en getuig oor al die mooi dinge wat Pa oor ons lewens bring.Skemer het te gou gekom. Huiswaarts keer was egter maklik. 'n Ligte hart en hernude krag, het hierdie keer saamgery.

Dankie aan Gerrit, en al die ander engele wat soos hy sensitief is vir Pa se influistering, dat hulle dié is wat so dikwels, die wêreld nog bymekaarhou. Mag elkeen van hulle, 'n groot seën ontvang. Groter selfs, as die seën wat hulle is vir ander.


Mag elke leser hierdeur gestem word tot sensitiwiteit vir Pa se stem. Dalk is jy net, die volgende engel wat geroep is om 'n verskil te gaan maak in iemand se lewe. So word elke leser ook toegewens, engele in sy of haar lewe, wat soos Gerrit, ook hulle lewens wil verryk tot die vervulling wat dit veronderstel is om te wees.


© Stof 2011/05/28

Sondag 08 September 2019

NGV

Die oorgroote meerderheid van mediadekking oor die voorgenome gesondheidsversekeringsplan, word gekenmerk deur negatiwiteit.  Selfaangestelde sameswerings-praktisyns gebruik subtiele, sowel minder subtiele maniere om enige entiteit wat staatsgebonde is, as van swak integriteit voor te stel.  Selfs waar die oppervlakteks in mediadekking neutraal voorkom, is die subteks egter uitlokkend tot kritiek.  Menige respondente val pens en pootjies in hierdie slaggat en kommentaar wemel gevolglik van swartgalligheid en vooroordeel.  Die personeel wat staatsinstellings bedryf, ook mediese dienste, word by verstek as onbevoeg geïmpliseer.   Op hierdie voete van klei-vooroordeel as fondament, word dan wankelende toringblokke se doodspraak gepleeg... 
My vermaning aan respondente is dat hulle nie toelaat dat die sneeubal suurbraak van vele, hulle ook insluk nie.  Dit kan jou dalk net, met vele hete kole op die hoof laat.  
En voordat jy nou weer oorhaastig hierdie vermaning minag en vra wie hierdie outeur dink hy is om 'n mening oor die saak te mag hê, net die nota:  Hierdie outeur, is een van die, na jou mening idiote, wat met trots al vir jare lank in staatshospitale dien. 
Wel te ruste, as jy hierna kan... 

Sondag 25 Augustus 2019

Woordmoord

Vra iemand of hy of sy ‘n moordenaar is. Jy kan seker raai dat die antwoord, sonder huiwering, in die meeste gevalle negatief sal wees. Dalk selfs ‘n stukkie ontsteltenis dat die vraag gevra is.

Minute later blêr die aapkas se nuusbuletin. En meteens, is die vreedsame pasivis vol kommentaar oor sy dom medemens oor wie berig word, oor die onnosel sot wat al weer iets in ‘n toespraak gesê het. Hulle het hulle monde vol van span XYZ se afrigter wat ‘n moroon is en die die minister van finansies wat met ‘n vierkantige kartonhouer vergelyk word. Die simpel nuusleser se kleresmaak word beskryf as sletterig en die vervelige weerleser dra al weer dieselfde pak as gisteraand. En dan is hy nog 'n gefortifiseerde leuenaar ook, want die beloofde reën wat hy gister belowe het, het nie gekom nie.

Vra dan weer die vraag oor die moordenaar, aan die woordmoordenaar. En hierdie keer is die antwoord sommer agressief. “Ek is nie ‘n &0@@*! moordenaar nie. En die moordspraak hou konstant vloei soos wat die spreker die vraer verduidelik hoe afwykend en dom hy is om sulke uitwerpsel te glo…

Dae later bied die spreker die vraer ‘n geleentheid aan. Soos wat hulle ry, word elke ander bestuurder op die pad se vermoëns bevraagteken. En die ingenieur wat bepaal het dat die verkeerslig ‘n langer rooi fase het, word met gesag veroordeel as ‘n anus. Later jaag spreker verby ‘n medemens se voertuig op ‘n sperstreep, en verduidelik in geen onduidelike taal dat die keuse om hierdie streep hier te verf, getuig van die stadsraad se onvermoëom te kan dink.

Dan vra die vraer: Sal jy asseblief gou stop. Spreker skud sy kop oor die onnosel voorstel, maar doen dit tog. Vraer klim uit, bedank spreker vir die rit, en verduidelik dat hy verder in vrede sal stap. Sy vraag of die vraer deur die weerlig geklits is, skel hard. As hy daarna wegtrek, skep hy ‘n ekonomiese geleentheid vir die buitebandbedryf…
Ons Vader seën ons dikwels met lewensmiddele en toerusting. Hy leer ons op unieke manier om dit te waardeer deurdat ons soms bietjie aandag daaraan moet bestee. So gebeur dit soms dat van hierdie toerusting 'n foutjie ontwikkel en vir 'n paar dae buite aksie is, of uit diens is vir instandhouding. Die rentmeester, wat weet waarop Vader hom geseën het met hierdie gawes, verstaan dit en aanvaar die Gewer daarvan, skedule vir die instandhouding en herstel daarvan.
In die agterdeur van die ander huis op die werf, staan 'n werfgenoot. Sy woorde dolk soos wat daar dood gespreek word. "Hierdie stuk gemors sal tog nooit weer loop nie" Of: "Al sy rygoed is alweer stukkend." "Verkoop die flenter ding en kry iets anders"... So hou die vloed van vooroordeel oor die gawes wat Vader my gegee het, selde op.

Van die gemeentelede ervaar pyn. Hulle het vir 'n tydjie, bietjie meer aandag en sorg nodig. En in dankbaarheid dat Pa my vertrou met hierdie taak, word die nodige gedoen. Kritici frons, skel 'n oordeel. "Hy sal nooit iets bereik nie". "Alles wat hy kry gee hy vir mense wat te sleg is om na hulself om te sien". "Hy gaan nog vreeslike siektes optel as hy so baie by daardie swak klas mens deurbring". En vele ander, dikwels onherhaalbare dinge, waarmee die medemens wat geseën is met 'n tydjie van nederigheid, se menswaardigheid op meerderwaardige wyse getrap word, tot in die modder. En saam met hulle, die gestuurde wat 'n verskil moet gaan maak...

'n Persoon is siek. Die doodspreker basuin dit uit: "Hy sal seker maar sterf." Laat ons saamstem voor Pa vir genesing, is een versoek. Kom die doodspraak "Jy kan maar vir hom bid, maar jy mors jou tyd, nou is die tyd vir die werklikheid." En hulle spring in hulle vuurwa oppad kiswinkel toe. So sê die hoogs gerespekteerde lid van die gemeenskap wie se naam in vetdruk, op ‘n formele kerk se boeke geskrywe staan. Dan is die gedagte onafwendbaar: Is daar net, dalkies net, ‘n paar inhoudelike verskille tussen die kerkregister en die Boek van die Lewe?

Twee mense stap verby. ‘n Toeskouer kyk na die uiterlike voorkoms, en klas dadelik ‘n medemens as minderwaardig, van laer stand, sonder om te weet, wat binne in daardie gees is, daarbinne leef. En neus in die lug, word verbygestap. Op hierdie wrede manier, word menslike meerderwaardigheid dikwels die norm vir ‘n vooroordeel teenoor ‘n gelykgeskape medemens.

Doodspraak: ‘n Keuse wat die meerderheid van die sogenaamde beskaafde gemeenskap kies. 'n Gewoonte wat so diep ingewortel is dat selfs Woordbeginsels verwerp word ten gunste daarvan. 'n Ingewortelde deel van 'n kultuur wat roem dat die aanbidding van die lewende God vir hulle, hoë preoriteit is...

Die sekulêre nuusmedia. Die norm van alles wat waar is? Die voorskrif wat gesaghebbend bepaal of dit goed, of sleg gaan in die wêreld. Die entiteit, wat deur selektiewe beriggewing, 'n hele gemeenskap se emosie kan manipuleer. Die media, ‘n norm wat selfs deur baie van dié wat bely dat Christus hulle hoop en verlossing is, gebruik word om te besluit op watter sake die Evangelie van toepassing is, en watter sake eerder met menslike denke hanteer moet word. So word die wat die geheelbeeld sien, hulle wat nie deur die sekulêre media geflous word nie, ten sterkste veroordeel deur die slawe van die doodsprekende publieke propagandiste.

Dan hoor jy die edele gsprek. Ja, dit is goed en mooi en reg om naastediens te verrig. Dit is goed om kerk toe te gaan. Dit is goed om te bid. Dis goed om iets vir 'n ander te gee, as jy het. En dan daardie alleskanselerende woordjie, maar...
Maar eers as jy na jou eie omgesien het. Maar eers as die realiteit (vergleke met die Evangelie?) in ag geneem is. Maar eers as jy seker gemaak het dit is nie 'n klad op jou sosiale staus is om met daardie soort te meng nie, Maar, maar maar. Maar, is 'n woordjie wat in vier letters alles kanseleer wat dit voorafgegaan het. Dit is opvallend dat die meeste kragwoorde ook vier letters het. Maar, is die paspoort wat die mens gebruik om homself die reg toe te eien om sy eie ego, dikwels sy eie negatiwiteit te voed, nadat dit al die positiewe wat dit voorafgegaan het, wreed gewis het binne 'n oomblik. Maar, is die woordjie waarmee menige Woordbedienings verwerp word die oomblik as die luisteraar die aanbiddingsplek verlaat. Met 'n "Dit was 'n mooi diens, maar die pastoor weet nie wat die omstandigdhede by my werk is nie..." "Dis waar wat hy sê, maar hy ken nie my skoonma nie...". Menige ander voorbeelde kan binne enkele minute in alledaagse gesprekke, gehoor word.
Die woordjie, maar, die dolksteek, wat wat dikwels, daardie woordjie is wat doodspraak voorafgaan.

Doodspraak geskied ook dikwels vanuit 'n menslike magsposisie. 'n Sekere pos, 'n posisie in 'n komitee, of 'n tradisionel posisie in die familie. So word gesag deur die persoon as persoonlike bate geneem. Dit word gebruik om sy eie beeld te verbeter. Om selfs op ander te mag trap, in die proses van sy eie opgang.
Gesag, overgestsynde outoriteit, was nog nooit en sal ook nooit in die mens gesetel wees nie. Alle vorme van gesag word deur die Skepper self, aan sy skepsels gedelegeer slegs vir 'n bepaalde tyd of doel, sodat dit gebruik kan word om ander te dien. Daardie gesag is nooit 'n permanente eienskap van die draer daarvan nie. Dit gee nie daardie individu die reg om homself of haarself as 'n gelykgeskapene se meerdere te stel nie. Dit gee veral nie aan sodanige individu die reg om doodspraak oor ander mense en sake te spreek nie. Die oomblik as gepoog word om hierdie bloot gedeleerde gesag teen die Gewer daarvan te gebruik, word dit Godslasterlik. Die oomblik as die vertroue wat jou Skepper in jou gestel het deur jou met 'n bietjie gesag te vertrou, deur jou vertrap word om eiegeregtige redes, het Hy die outoriteit om dit binne oomblikke, op 'n manier wat dalk juis vernederend sal wees, terug te neem. Gesag: 'n gedelegeerde gawe, wat nooit teen die Gewer, Sy werk, of enige van jou medeskepsels gebruik mag word nie. 'n Gawe wat nooit as veskoning vir doodspraak, gebruik mag word nie. Jy wil tog nie Pa se hart so vertrap nie.

Menslike denke en intelegensie is ‘n direkte gawe vanuit die hand van Vader self. Iets wat nie self bereik kan word nie. Vader self is die een wat sy skepsels met verskillende talente toerus en besluit wie sal , met 'n goeie rede, oor bepaalde eienskappe beskik, aldan nie. Om die feit dat jyself bepaalde talente en vroemoëns as geskenk van Hom ontvang het, moet jou juis dankbaar maak. Dit is nie jou lisensie om díe wat nie daardie gawes ontvang het, as onnosel, as minderwaardig uit te jou nie. Vader sou kon kies, om jou dalk te kon plaas in hulle situasie. Maar Hy het nie. Die mens het egter besluit, 'n gawe of talent is iets wat homself die mag gee om ander te mag ertrap, te mag minag, met woorde te mag uitmoor. Hierdie gawes word daagliks deur die ontvangers daarvan gebruik én misbruik om self te besluit wanneer dit geleë is om die Gewer daarvan, te eer, aldan nie. Maar alte dikwels, word hierdie selfde gawe gebruik om téén Hom as Gewer daarvan, planne te snoer. Soos met gesag, is hierdie gawes ook in Sy hand. Hy mag en kan, enige oomblik besluit om die dinge waarop 'n individu so roem, binne 'n oomblik te kanselleer. En dan, word die doodspreker, dalk op sy beurt die slagoffer van doodspraak.

Die keuse om lewe te spreek is jou eie. Die Woord getuig self dat die gesproke woord krag dra. Dat die gawe om te kan praat, reeds 'n verantwoordelikheid is wat met groot rentmeesterskap hanteer moet word. Spraak is 'n gawe wat as moordwapen op die verkeerde tong kan dien. Spraak is die wapen wat 'n gelykgeskape medemens, binne oomblikke kan laat afsterf. Spraak, is die gawe wat genesend kan wees, nie net vir jouself nie, maar ook vir ander. Spraak, gee jou wat kan praat, die keuse om te moor of te dien.

Kies vandag die positiewe. Kies om die mooi, die goeie in die wêreld te sien, en dit uit te lig. Kies om jou medemens tot seën te wees, en nie tot vloek nie. Kies lewe bo dood. Kies om daardie spiertjie wat jy tong noem, te gebruik om die wêreld 'n beter plek te maak. Kies om daardie spiertjiem te gebruik om te getuig oor die groot dinge Vader in jou lewe gedoen het. Gebruik dit om Hom te loof, nie te belaster nie.

Doodspraak en woordmoord, of genesing en lewe vir jouself, dié om jou en die wêreld vir solank dit Pa nog behaag om dit te laat voortbestaan? Wat is jou keuse?


© Stof 2011/12/04

Mikroskyfies

Diere is 'n integrale deel van die meeste mense se heelwees en daarom waardeer ek dit as mense mekaar help om verlore diere te versoen met hul mens-familie. Menige plasings op sosiale media getuig van hierdie soort omgee en op hierdie manier word baie hartsgenote weer verenig.

Die tragiek is dat menige outeurs van plasings dit as negatief impliseer as 'n diertjie wat gevind is, nie 'n mikroskyfie inplanting het nie. So asof dit te verwagte sou wees die norm te wees.

Ek eer egter diegene wat nie aan hulle diere die onreg van 'n mikroskyfie aandoen nie. Hulle wat hulle diertjie genoeg van 'n familielid ag, om die waarskuwing oor hierdie merk in Openbaring, ter harte te neem. As priester van die huis, neem elke pa of enkelouer priesterskap oor sy of haar hele gesin. Deur dus die viervoetige lede van die gesin met dieselfde respek te hanteer as die ander gesinslede, dra hulle 'n kragtige getuienis uit.

Waak dus teen die druk van gewetenloses, om jou viervoetiges te minag met 'n ingeplante mikroskyfie. Daar is BAIE ander, en werklik waardige maniere om Flaffie en Miaau te identifiseer sonder om onheil in jou huis in te dra.

© Stof 2018/11/25

Gesag


Gesag is die outoriteit wat God slegs van tyd tot tyd en vir 'n bepaalde tydduur en doel aan Sy skepsels delegeer met die oog daarop om dit te gebruik om ander te dien.
- Deur hierdie voorwaardelike gesag te misbruik asof die draer daarvan self die oppergesag is, is blatant Godslasterlik.
- Deur hierdie voorwaardelike gesag te misbruik vir eie gewin wat nie tot eer van die Koninkryk is nie, is om God se alwetendheid te onderskat, Sy intellegensie en almag benede jou eie te stel.
- Deur te probeer om daardie voorwaardelike gesag te misbruik teen die Gewer daarvan of Sy werk en Sy Koninkryk, is om self God te probeer speel, die opperste vorm van Godslaster.
- Moet nooit vergeet dat die Gewer van hierdie gesag, dit enige oomblik kan terugeis nie. As jou rentmeesterskap Hom teleurstel, mag Hy dit terugneem, en aan iemand toevertrou wat dit wel waardig is. As jy daarna meteens met hete kole op jou hoof loop, moet nie dan jou Skepper verwyt nie.

Liggaamlikheid


n Skrywer en en denker van formaat plaas onlangs ‘n pos op Bakkiesboek oor die kontradiksie van sekere supersterre wat deur hul uitrustings duidelike aandag vra, maar as dit gegee word, kla dat hulle geteister word. Sosiale media se skryfspasie is te min om regtig die saak mooi uitmekaar te trek.
Daar is reeds ‘n stowwerige artikel oor die naturis op www.stof.co.za/natuur. Alhoewel genoemde artikel en hierdie stowwerige nota raakpunte het, regverdig dit wel ‘n aparte artikel, sodat die fokus op die onderwerp nie verlore gaan nie.
Genoemde skrywer het ‘n persfoto van ‘n aktrise geplaas waarin sy baie trots spog met haar kurwes. Dieselfde aktrise sou klaarblykblik iemand wat sy waardering vir haar keuse van ‘n uitrusting, van teistering wou beskuldig. Op hierdie pos het heelwat reaksies gevolg, na beide kante toe. Gesien vanuit die uiteenlopendheid van die respondente, is nie een regtig heeltemal verkeerd of heeltemal reg nie.
Hieronder dan ‘n artikel wat genoemde saak vanuit ‘n sosiale en kultuurperspektief aanspreek. Laat elke leser wat wil amen amen. Laat elke leser wat wil skiet, skiet...
Liggaamlikheid is die vorm waarmee die mens op aarde geplaas is vir die tydperk wat hy beskore is om hier te funksioneer. Hierdie liggaam is ontwerp om perfek voorsiening te maak van elke aspek van bestaan tydens die aardse tydperk. Uiteenlopende liggaamselemente is in plek geplaas sodat funksionaliteit op aarde, so vlot as moontlik mag wees.
Verskillende kulture het verskillende denkpatrone rondom die liggaam en liggaams-elemente ontwikkel. So is ‘n uiteenlopende hierargie stelsels geskep waarin genoemde elemente geklasifiseer is ooreenkomstig vertoningswaarde. Dienooreenkomstig het daar elemente slagoffer geval van ‘n sies-waarde, en is bedekking dienooreenkomstig verewig in kulturele waardes.
Nou mag die lesers reken dat die volgende pargraaf niks met die onderwerp te doen het nie. Lees egter aandagtig, en later in die artikel, sal hierdie agtergrond-inligting waardevol wees ten opsigte van perspektief. Daar staan ‘n toegedraaide geskenk op ‘n tafel. In die vertrek is ‘n laaitie wat brand om te weet wie se geskenk dit is, en ongeäg wie s’n dit is, in elk geval baie nuuskierig is oor die inhoud van die pakkie. Dan maak die maatjie wie se pakkie dit eintlik is, die pakkie oop. Vir ‘n oomblik is die trekkertjie daarbinne, die fokuspunt van alle aandag. Na ‘n rukkie verloor die maats belangstelling in die trekkertjie en staan dit tussen veel ander karretjies, op ‘n rak. Sou die pakkie vir langer toe gewees het, sou dit tot gedagtevlugte gelei het oor wat dalk daarbinne kan wees en wat alles met die inhoud gedoen kan word. En hoe langer die gedagtes gebind word deurdat die trekkertjie weggesteek word in die pakkie, hoe meer verbeeldingryk raak die verbeeldingsvlugte daaroor.
Nou is daar in ‘n kultuur waar bepaalde liggaams-elemente ‘n taboe-waarde het, enkelinge wat genoemde elemente ten dele tentoonstel. Genoeg bedek dat die morele waardes tegnies geproke nie geskend word nie. Maar genoeg ontbloot, sodat nuuskierigheid en verbeeldingsvlugte oor die laaste stukkie wat wel bedek is, aanskouers se hele aandagspan steel en hulle oor niks anders kan dink of praat nie. Gedagtevlugte oor wat met hierdie verborge skatte gedoen kan word as dit ook vrygelaat word, maak enige ander gesrekvoering onmoontlik. Hoekom sou dit dan wees?
n Ander scenario is waar ‘n groep mense wat gemaklik is met hulle liggaamlikheid, in hulle natuurlike staat vakansie hou, of selfs beter, daagliks hulle lewe as sodanig deurbring. Die totale gebrek aan liggaamsbedekking toon dat hulle die liggaam as ‘n geheel eer en nie stigmawaardes aan bepaalde elemente voeg nie. Die liggaamlike veroorsaak geen nuuskierigheidwaarde nie. Dit is nie die oorsaak van wellustigheid nie. En as ‘n paar afpaar na hulle eie privaat-ruimte, is dit daar waar hulle vanuit hul verhouding, mekaar waardeer op hul eie unieke wayse.
Terug na die scenario wat die skrywer gerapporteer het. ‘n Aktrise stel haar ware ten dele uit. Trots omdat sy met skoonheid geseën is. Die ten dele bedekte attraksies kaap toeskouers se aandag ten volle, want allerlei wilde gedagtevlugte oor die voorkoms en die moontlike gebruikswaarde van die stukkie van die pakkie wat nog toegedraai is, interreseer die toeskouer sodanig dat alle, tot nou toe stagnate, senintjies tot aksie geroep word.
n Ander scenario. ‘n Reisiger in Noord-Afrika staan verstom oor die tradisionel drag van hulle gas-stam. Ooreenkomstig die besoeker se kultuur, is alle norme oorboord gegooi. Tannie Emsie se bolla trek in ‘n krul en besoeker se vrou gee hom ‘n kwaai kyk. En meteens, kom die besoeker agter dat dit die eenheid wat hom opval, nie die welluswaarde wat genoemde toneeltjie in sy kultuur sou dra nie. Nie eers ‘n ou senintjie beweeg nie.
Op hierdie punt van die relaas, is dit seker nie eers nodig om die afleiding meer uit te spel nie. Enige item wat op sodanige wyse en mate bedek word dat dit nuuskierigheid prikkel, sal aandag trek. Sommige aandag sal ‘n kompliment wees. Ander sal, deur wilde fantasievlugte gedryf, tot aandag lei wat nie waardeer word nie. Of dit ‘n trekkertjie is, of dit kurwes is, en of dit genitalië is, is van minder belang. Kulturele kondisionering maak dat toeskouers van uiteenlopende denkrigtings, uiteenlopende reaksie sal toon. En, hartseer om uit te wys, is die sogenaamde hoogheilige westerse kultuur, die een wat die grootste wangedrag hierin toon, in die naam van beskawing.
Moenie my vertel dat Mietie nie soms, ook maar so ‘n skelm gedagtetjie gekoester het as Genis met sy wikkelstappie so verby haar negosiewinkel geloop het nie.

Afronding


Soveel mense se monde vertel vir die stowwerige dat hulle hom graag wil ken. As hy egter soms kopsorge op sosiale media plaas met die oog op uitklaring. Word daar soms heelwat regmerkies by geplaas. Hierdie plasings is egter nie bloot retories nie. Dit is ‘n werklike roep na inligting. Daarom dan vandag die oproep om inligting oor die volgende onderwerp. Hoop regtig daar is na dese, finaliteit hieroor sodat hierdie saak, nie weer vir Stof hete kole op die hoof veroorsaak nie.
Hier volg die navraag: Sedert die banke se redusering van een sent, twee sent en vyf sent tot verworpe weeskinders, word benadering deur diensverskaffers en negosiewinkels toegepas sodat handeldryf steeds moontlik is.
Sommige handelaar rond op, deur die prys van die siens of die item, tot die naaste boonste tien sent aan te pas. Dit lyk dan dikwels of die klant ingedoen word, omdat daar dan enkele sente meer, as die prys wat die produk gemerk is, gevra word. Dit lei dikwels tot isegrimmigheid onder klante.
Ander handelaar rond af, na die vorige tien sent. By implikasie, staan hulle in vir die verlies ondertoe. Hierdie praktyk staan natuurlik die klant aan, want dan is daar na ‘n paar keer se inkopies, ‘n nuttige ekstratjie gespaar sodat ‘n ekstra soeterige versnappering dalk ook in die negosiemandjie kan beland.
Dan moet diensverskaffers ook natuurlik betaal word. Nadat die bydrae vir Sarafina onlangs verhoog is vyfien persent, het deit by vele verskaffers tot gevolg gehad dat die mooi ronde pryse vir dienste wat Sarafina teen veerien persent ingesluit het, meteens onafgeronde bedrae word. Heel dikwels, in veelvoude van minder as tien sent. Dan skep dit die volgende dilemma: Nie alle diensverskaffers het die fasititeit om krediete oor te hou vir ‘n volgende rekening nie. Die oprondingsbedrag na die volgende tien sent, gaan dus verlore. As die afgeronde bedrag betaal word, stuur een of ander infantiele rekenaarprogram enkele dae later ‘n geoutomatiseerde epos aan die klant dat hy agterstallig is met agt sent en dat die dienste dus opgeskort mag word...
By navrae by banke, is die verskillende konsultante verdeeld. Niemand het ‘n defnitiewe antwoord nie. Diensverskaffers, wat werklik uitnemende diens lewer, word met hete kole op die hoof gelaat omdat die geoutomatiseerde rekunkundige stelsel dit laat lyk asof die dreigbriefie van die aangename mense kom wat met soveel oorgawe, werklik gewaardeerde omgeediens lewer.
Nou weer opnuut die vraag: wat is die norm, wat moet ons as klante doen. As daar iemand is wat genoeg omgee, om hierdie turksvy se pynlike dorings te help uittrek...

Woensdag 06 Maart 2019

Verganklikheid

Twee roudienste op een dag.  Een vir 'n prediker war 'n groot verskil in die Koninkryk gemaak het.  Jakes...
Die ander, vir 'n hartsvriend wat deel een van feitlik lewenslange vriende se lewe weer aanmekaargesit het na sy stukkend was.  Vandag, is sy 'n weduwee.  Tobie...
Mag elkeen wat saamtreur, vertroos word.

Vrydag 11 Januarie 2019

Uitgewersdiente

AVP is jou eenstop adres vir uitgewersdiente van formaat. 
www.avp.sukijaki.co.za