‘n Skrywer en en denker van formaat
plaas onlangs ‘n pos op Bakkiesboek oor die kontradiksie van sekere
supersterre wat deur hul uitrustings duidelike aandag vra, maar as
dit gegee word, kla dat hulle geteister word. Sosiale media se
skryfspasie is te min om regtig die saak mooi uitmekaar te trek.
Daar is reeds ‘n stowwerige artikel
oor die naturis op www.stof.co.za/natuur.
Alhoewel genoemde artikel en hierdie stowwerige nota raakpunte het,
regverdig dit wel ‘n aparte artikel, sodat die fokus op die
onderwerp nie verlore gaan nie.
Genoemde skrywer het ‘n persfoto van
‘n aktrise geplaas waarin sy baie trots spog met haar kurwes.
Dieselfde aktrise sou klaarblykblik iemand wat sy waardering vir haar
keuse van ‘n uitrusting, van teistering wou beskuldig. Op hierdie
pos het heelwat reaksies gevolg, na beide kante toe. Gesien vanuit
die uiteenlopendheid van die respondente, is nie een regtig heeltemal
verkeerd of heeltemal reg nie.
Hieronder dan ‘n artikel wat genoemde
saak vanuit ‘n sosiale en kultuurperspektief aanspreek. Laat elke
leser wat wil amen amen. Laat elke leser wat wil skiet, skiet...
Liggaamlikheid is die vorm waarmee die
mens op aarde geplaas is vir die tydperk wat hy beskore is om hier te
funksioneer. Hierdie liggaam is ontwerp om perfek voorsiening te
maak van elke aspek van bestaan tydens die aardse tydperk.
Uiteenlopende liggaamselemente is in plek geplaas sodat
funksionaliteit op aarde, so vlot as moontlik mag wees.
Verskillende kulture het verskillende
denkpatrone rondom die liggaam en liggaams-elemente ontwikkel. So is
‘n uiteenlopende hierargie
stelsels geskep waarin genoemde elemente geklasifiseer is
ooreenkomstig vertoningswaarde. Dienooreenkomstig het daar elemente
slagoffer geval van ‘n sies-waarde,
en is bedekking dienooreenkomstig verewig in kulturele waardes.
Nou mag die lesers reken dat die
volgende pargraaf niks met die onderwerp te doen het nie. Lees egter
aandagtig, en later in die artikel, sal hierdie agtergrond-inligting
waardevol wees ten opsigte van perspektief. Daar staan ‘n
toegedraaide geskenk op ‘n tafel. In die vertrek is ‘n laaitie
wat brand om te weet wie se geskenk dit is, en ongeäg
wie s’n dit is, in elk geval baie nuuskierig is oor die inhoud van
die pakkie. Dan maak die maatjie wie se pakkie dit eintlik is, die
pakkie oop. Vir ‘n oomblik is die trekkertjie daarbinne, die
fokuspunt van alle aandag. Na ‘n rukkie verloor die maats
belangstelling in die trekkertjie en staan dit tussen veel ander
karretjies, op ‘n rak. Sou die pakkie vir langer toe gewees het,
sou dit tot gedagtevlugte gelei het oor wat dalk daarbinne kan wees
en wat alles met die inhoud gedoen kan word. En hoe langer die
gedagtes gebind word deurdat die trekkertjie weggesteek word in die
pakkie, hoe meer verbeeldingryk raak die verbeeldingsvlugte daaroor.
Nou is daar in ‘n kultuur waar
bepaalde liggaams-elemente ‘n taboe-waarde het, enkelinge wat
genoemde elemente ten dele tentoonstel. Genoeg bedek dat die morele
waardes tegnies geproke nie geskend word nie. Maar genoeg ontbloot,
sodat nuuskierigheid en verbeeldingsvlugte oor die laaste stukkie wat
wel bedek is, aanskouers se hele aandagspan steel en hulle oor niks
anders kan dink of praat nie. Gedagtevlugte oor wat met hierdie
verborge skatte gedoen kan word as dit ook vrygelaat word, maak enige
ander gesrekvoering onmoontlik. Hoekom sou dit dan wees?
‘n Ander scenario is waar ‘n groep
mense wat gemaklik is met hulle liggaamlikheid, in hulle natuurlike
staat vakansie hou, of selfs beter, daagliks hulle lewe as sodanig
deurbring. Die totale gebrek aan liggaamsbedekking toon dat hulle
die liggaam as ‘n geheel eer en nie stigmawaardes aan bepaalde
elemente voeg nie. Die liggaamlike veroorsaak geen
nuuskierigheidwaarde nie. Dit is nie die oorsaak van wellustigheid
nie. En as ‘n paar afpaar na hulle eie privaat-ruimte, is dit daar
waar hulle vanuit hul verhouding, mekaar waardeer op hul eie unieke
wayse.
Terug na die scenario wat die skrywer
gerapporteer het. ‘n Aktrise stel haar ware ten dele uit. Trots
omdat sy met skoonheid geseën
is. Die ten dele bedekte attraksies kaap toeskouers se aandag ten
volle, want allerlei wilde gedagtevlugte oor die voorkoms en die
moontlike gebruikswaarde van die stukkie van die pakkie wat nog
toegedraai is, interreseer die toeskouer sodanig dat alle, tot nou
toe stagnate, senintjies tot aksie geroep word.
‘n Ander scenario. ‘n Reisiger in
Noord-Afrika staan verstom oor die tradisionel drag van hulle
gas-stam. Ooreenkomstig die besoeker se kultuur, is alle norme
oorboord gegooi. Tannie Emsie se bolla trek in ‘n krul en besoeker
se vrou gee hom ‘n kwaai kyk. En meteens, kom die besoeker agter
dat dit die eenheid wat hom opval, nie die welluswaarde wat genoemde
toneeltjie in sy kultuur sou dra nie. Nie eers ‘n ou senintjie
beweeg nie.
Op hierdie punt van die relaas, is dit
seker nie eers nodig om die afleiding meer uit te spel nie. Enige
item wat op sodanige wyse en mate bedek word dat dit nuuskierigheid
prikkel, sal aandag trek. Sommige aandag sal ‘n kompliment wees.
Ander sal, deur wilde fantasievlugte gedryf, tot aandag lei wat nie
waardeer word nie. Of dit ‘n trekkertjie is, of dit kurwes is, en
of dit genitalië is, is van minder belang. Kulturele kondisionering
maak dat toeskouers van uiteenlopende denkrigtings, uiteenlopende
reaksie sal toon. En, hartseer om uit te wys, is die sogenaamde
hoogheilige westerse kultuur, die een wat die grootste wangedrag
hierin toon, in die naam van beskawing.
Moenie my vertel dat Mietie nie soms,
ook maar so ‘n skelm gedagtetjie gekoester het as Genis met sy
wikkelstappie so verby haar negosiewinkel geloop het nie.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking