Saterdag 17 April 2021

S2K

Ek glo dat as een van ons Suid-Afrikaanse sepie-draaiboeksrywers hierdie verloop van sake onder oë sou kry, mag dit dalkies binnekort iewers in een van Suid-Afrika se vele sepies as storielyn spog...

Ek deel dus graag die volgende stuk:

Terreinbesture, bemiddelaars, eienaars en huurders.

So gebeur dit dat 'n skadelose Woordbedienaar 'n rusplek vir haar en haar gestremde seun se hoofde vind in 'n pragtige oase waar gemoedrus die botoon voer. Met die seën van die eienaar en die terreinbestuur.

Hierdie persoon, die huurder, rig die oase netjies in om haar aanlyn evangelisasie en beradingswerk te laat stroomlyn. Vir die eerste keer in 'n paar jaar, het sy die gemoedsrus Die Eienaar kom haar op besondere wyse tegemoet moet die huurbedrag. 'n Weldoener voorsien selfs 'n gewaardeerde huursubsidie.

Enkele maande later kon die oorspronklike weldoener nie meer die subsidie bybring nie. Die losmaakproses van die nodige deur 'n ander persoon wat haar graag wil seën, neem 'n wyle, maar weereens stuur Vader 'n gedeeltelike bedrag ten opsigte van die volgende maand, wat haar sodanig bemagtig om die balans by te bring.

Moet egter nie nou op 'n dwaalspoor kom en aflei dat hierdie stuk hoofsaaklik oor die fiskale gaan nie. Die draai wat volg, gaan oor haar seun. Ondanks die wete deur die terreinbestuur dat haar seun se prognale ouderdom waarskynlik iewers in die sestigs is, waarvolgens hy dus wel geregtig is om die voordeel van geriatriese geriewe te mag benut, steur die terreinbestuur hulle aan onkundige klaers en adviseurs wat vaskyk teen sy historiese ouderdom. 'n Terapeut dien 'n tegnies korrekte en proffesionele verslag in ten bate van die seun se prognale ouderdom.

Maar helaas, lucifer en sy goggas maak die lesers blind vir die feite daarin. Kort daarna, word die huurder se seun in kennis gestel dat hy nie meer benodig word vir aflos-sekuriteit-skofte nie. En 'n dag of drie later, word sy ma, die huurder, deur, let wel, die terreinbestuur, in kennis gestel dat sy die oase moet ontruim binne ses weke. Nou wonder ek mos, in my leeftyd van meer as 'n halfeeu, was ek nog altyd onder die indruk dat die eienaar die een is om kennis te gee, sou daar wel rede wees. Maar nee, die terreinbestuur verhef hulself tot eienaar.

Ek wonder dus hipoteties, sou die feit dat die huurder besonder gesond vir haar ouderdom is, se prognale ouderdom wat waarskynlik heelwat laer as haar historiese ouderdom is, teen haar sou tel en dus teenoor haar ook gediskrimineer word, ongeag haar historiese ouderdom van oor die sewentig?

Op die punt van eienaarskap, nou moet ek eers 'n pluim in die eienaar se hoed plaas. Hy, wat wel die outoriteit het om die kennis te mag gee, word nie geken in die proses nie. En die enkele gesprek wat ek per geleentheid met hom gehad het, het my oortuig dat hy 'n ware heer met integriteit is wat nie hierdie soort bevooroordeelde optrede, sal kondoneer nie. Ook die bemiddelaar, het haar waarrdering vir die eienaar se integriteit uitgespreek. Intussen is die eienaar en die gewaardeerde bemiddelaar in gesprek 'n netelige situasie wat die huurder en die eienaar se verhouding sou kon benadeel, te beredder. Maar die eienaar, wat in wese die besluitnemer is, word gereduseer deur 'n terreinbestuur? Danksy die ware heerskap van die eienaar (J) en die opregte omgee van die bemiddelaar (Dr V), is daar harmonie tussen verhuurder en huurder.

Maar 'n terreinbestuur stoomroller oor die eienaar se regte en in die aanname dat die huurder nie kennis het, of toegang tot kennis rakende hierdie sake het nie. Met die gevolglike, wedergtelike kennisgewing tot ontruiming deur die terreinbestuur. Die rede, dat die huurder se seun se historiese onderdom onder vyftig jaar is, ongeag die feit dat sy bewese prognale ouderdom waarskynlik iewers in die laat sestigs is.

In ag genome dat die terreinbestuur wel op die ware feite gewys is deur 'n gelisensiërde terapeut, het hulle gekies steeds deeglik geformuleerde diagnostiese data, sowel as samelopende veelvuldige diagnose's wat 'n heelwat ouer prognale ouderdomsbepaling bewys, te ignoreer.

Ek kies egter om die Jesus-weg te volg, en nie (nou al) 'n vorm 02 ten opsigte die outeurs van die brief in dier voege, in te dien nie.

Daarom is dit my wens dat alle partye hulle weg oopsien om met 'n oop gemoed in ope gesprek te tree, en hierdie oorhaastige verleentheid vir vele partye op 'n harmoieuse wyse op te los.

Alle rolspelers, sowel as ander kommentators, is dus welkom om in die kommentaarveld, hulle insette te lewer.

My wens is derhalwe dat hierdie mededeling, eerlike en volle harmonie en versoening tot gevolg sal hê.

Seënwense, Stof
stof@ebedim.co.za
www.ebedim.co.za
www.stof.co.za