Dinsdag 26 Januarie 2021

Klippie

Klippie... Klippie in die skoen... so maklik, word 'n klippie gesien as 'n las, iets pynlik, iets wat ongemak bring of die gemakzone bedreig. Op 'n bouperseel sal 'n ingenieur sug en kla omdat daar nou geskiet moet word, omdat daar 'n klip is presies waar die die gebou moet kom. 'n Vrou word voor die volk gebring. Sy is betrap op 'n daad van ontug. So word klip, die projektiel waarmee sy tereggestel word. 'n Moordwapen. Enkele jare later, kla 'n voertuigbestuurder dat 'n klip skade aan sy voertuig se band veroorsaak het. En klippie neem hierdie negatiewe sentimente waar, laat sak sy kop, en probeer herbesin oor sy doel... Klippie is egter nie bestem om met 'n gemeenskapsgeinisieerde depressie, deur die lewe te gaan nie. Niemand het die reg om klippie te veroordeel, net omdat klippie nie kondoneer met die gemeenskap se wanaangepaste norme nie. En meteens, sien jy wat vir klippie so passievol diskrediteer, met hete kole op jou hoof, dat jy die eintlike klipkop is... Die vraag is dus: Om te klip of nie? Toe Jesus die disipels gevra het wie Hy is, het Simon Petrus hom bely as die seun van God. Jesus het nie daarna vir Petrus vergelyk met 'n edelsteen of 'n perel nie. Hy het hom nie vergelyk met 'n goudstaaf of 'n koninklike kleed nie. Hy het Petrus 'n rots genoem. 'n Klip. 'n Harde klip wat ondanks die gebrek aan skoonheid, onmisbaar is in konstruksie. En so, het Petrus die rots geword wat wat die hoeksteen en die fondament van 'n noodsaaklike bediening geword het vanwaar die blye nuus van die Evangelie, wyd versprei het. Sonder 'n klip, kan 'n gebou nie 'n stewige fondament he nie. 'n Gebou wat op die sand gebou is, sal intuimel na die eerste goeie reen of wind. Maar die huis wat op 'n rotsfondament gebou is, sal die aanslae oorleef, storm na storm. Alles net, omdat daardie fondament wat nie vir die oog sigbaar is nie, deeglik gekonstrueer is onder grondvlak. In dit wat die die oog kan sien, soms onaansienlik, soms, onsigbaar benede grondvlak. Tog, onmisbaar. Tot heel onlangs, was riooltenks en put-toilette ons bekende ablusiestelsels. Sentrale waterafvoerstelsels en spoeltoilette het maar onlangs eers tot ons beskikking gekom. Selfs diegene wat wel spoeltoilette ghad het, sal onthou dat dit afgevoer het 'n rioolput, wat dikwels aangevul is met 'n franse klipfilter. Hierdie filter het op 'n bepaalde hoogte in die rioolput die vloeibare afval afgevoer, deur hetsy 'n bogrondse of ondergrondse sloot met 'n verskeidenheid klippe in, waardeur en waaroor die vloeibare afvoer gevloei het. Aan die einde van hierdie franse klipfilter, was die water skoon. Selfs helder. Daar was geen hoogs tegniese of wetenskaplike proses daaragter nie. Een van die eienskappe van harde klippe, is dat elkeen 'n vorm van magnetisme bevat. Ten spyte van hierdie besondere eienskap, hou die klip nie hierdie eienskap vir homself nie, maar onttrek die skadelike swaarmetaal-elemente wat in water voorkom. As die klip gekies het om ewe voorbarig skoon te bly en te spog met sy magnetiese eienskappe, sou daardie eienskappe niks vir ander beteken het nie. Maar deur die selfopofferende te doen en onsuiwerhede uit water uit te onttrek deur sy magnetisme, doen hy die edel taak om skoon water te voorsien aan hulle wat dit nodig het. Die sagter klip se rol verskil, maar is net so noodsaaklik. Omdat dit porieus is, absorbeer dit onsuiwerhede en doen so sy deel ten opsigte van di ereiniging van die water. Hierdie selfde klipfilter-beginsel word selfs met groot sukses in moderne waterherwinningsaanlegte gebruik as deel van die herwinningsproses. As die klip dus onwillig was, sou ons vandag nog skoon water gehad het? Die simbiose tussen klip en water, is verantwoordelik dat ons leefwereld in vele opsigte baie mooier is. Vele gedigte is al geskryf oor die skoonheid van 'n perfekte ronde spoelklippie. 'n Klippie wat oor 'n tydperk in 'n rivier vertoef het, slyt elke dag tot groter skoonheid. Die skerp hoeke word rond en die growwe oppervlak word glad. En op hierdie wyse, kompenseer water weer vir klip, vir die reinigende wat klip oor water gebring het. 'n Klein klippie moet nie onderskat word nie. Dawid het deur 'n piepklein klippie, deur die swak plek in Goliat se mondering te slinger met sy slingervel, die reus op sy neus laat val. As daardie klippie groter en vol van homself was, meer indrukwekkend, sou dit te groot wees om hierdie taak te verrig. En in sy kleinheid, verrig hy 'n taak wat die indrukwekkende rotse, nooit sou kon verrig nie. Onhou, self in jou onaasienlikheid, kleinheid, het Vader vir jou 'n skeppingsdoel wat geen ander klippie kan verrig nie. 'n Doel, waarvoor jy spesifiek, toegerus is. Daar is groot klippe. Rotse. Berge. Berge skei klimaatstreke. Dit beheer windvloei. Dit reflekteer winde wat andersins destruktief kon wees, na hoogtes waar die die verspreiding van wolke wat weer water bring, kan beheer. DIt draai die moontlike skadelike, na die helende, die voedende. Die berge staan maar net daar. 'n Groot klip. Maar gehoorsaam aan sy skeppingsdoel, speel hy 'n deurslaggewende rol in klimaatstabiliteit. Dalk komplimenteer jou medemens jou weer binnekort dat jy 'n klippie in sy skoen is. Dit is jou keuse of jy dit as 'n kompliment sien omdat daar kennis van jou geneem word, of stem dit jou tot diepe depressie omdat jy nie langetermynvisie het nie. Dit is jou keuse of jy 'n rots wil wees, 'n klipkop wil wees, of dalk op jou beste, 'n klippie in die skoen. Die emosie wat op jou besluit volg, is suiwer vir jou gewete... Stof 2021/01/26