Om een of ander rede is die mensdom se denke dikwels baie na die tweede lettergreep van sy naam. Tonnelvisie-veralgemenings en blindelingse verslawing aan irrasionele tradisie reduseer andersins inteligente mense, tot redelose navolgers van fundamentalistiese indoktronasie.
Tydens vele aangename kennis-gesprekke, sal een of meer gespreksgenote my naam bevraagteken en my probeer oortuig dat dit iets anders moet wees, of 'n afkorting van 'n naam wat binne hulle beperkte begrip bestaan. Dan vra iemand gewoonlik, Is jy so gedoop?".
Net daar kry die stowwerige aambei 'n kramp en moet hy swaar staatmaak op selfbeheersing.
Soms, as dit wel lyk of daar wel ore is wat dalk kan hoor en woorde dalk nie soos pêrels voor sweine gaan beland nie, verduidelik hy dit soos volg:
Tydens die skepping het Vader Yahwe reeds besluit dat Sy laaitie genaamd Stof op Sy geskeduleerde tyd, gebore sal word. Tydens Stof se konsepsie, het Stof se naam reeds materieël gemanifesteer in 'n bevrugde eiersel. Nou hoe verwag die vraer dan, dat Stof die tyd tussen sy konsepsie en sy doop, naamloos sou deurgaan en hy eers baie jare later, naam sou kry?
Nee, by die skepping het Vader Yahwe hom reeds ontwerp en by name gedeffinieër. Hierdie plan van Hom, het die naam Stof laat manifesteer op die dag van konsepsie, en daarom is Stof trots om die naam waarmee Vader hom ontwerp en sowat sesduisend jaar later gemanifesteer het, met trots te dra, soos dit bedoel is.
So eenvoudig soos dit.
Sela.
Trots op sy Godgegewe identiteit, die uwe, Stof.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking