Saterdag 14 Desember 2019

Dankie, edelman.

Aan die broer wat my onlangs as 'n ongeletterde.idioot uitgeskel het: 

Baie dankie dat jy die vrymoedigheid geneem het om my voor my, as 'n ongeletterde idioot uit te skel.  Dit maak van jou 'n ware edelman, want soveel ander wat nie die selfvertroue het om dit voor my te doen nie, skinder agter my rug en dink ek sal dit nie agterkom nie. 
Jou stelling oor my ongeletterdheid is waarskynlik in die kol.  Ek kan nie Hindi lees of skryf nie.  Ek kan nie Mandaryns lees of skryf nie.  Ek kan nie snelskrif lees of skryf nie.  Ek kan nie Aramees lees of skyf nie.  Ek kan nie musiek lees nie.  Ek kan nie Shona lees of skryf nie.  Ek kan nie eers , 'n dokter se voorskrif lees nie.  Jy sal vêr moet gaan om nog soveel ongeletterdheid te vind. 
Dankie dus, edelman, vir jou opregte eerlikheid. 
Mag jou integriteit, vele motiveer om die ware ridder, in hulle na vore te bring. 

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking