Sondag 22 September 2019

Kolonale denke


Eendag, lank lank gelede was daar 'n knus maar goed toegeruste winkelsentrum. Almal was welkom daar. Toe word die sentrum 'n tiener, en die dak val in van pure rebelsheid. Nadat die skade herstel is is die nuwe vleuel met 'n groot basuin bekendgestel.
Eendag nie so lank gelede nie, stap 'n joernalis deur die sentrum om bietjie te ontspan na 'n besige tydjie. So asof Rooikappie en die wolf skielik weer ontplooi, stap daar 'n wrede wolf in sekuriteits-kabaai op die joernalis af en knor saggies agter 'n verskuilde agenda. Die joernalis was egter net so slim soos rooikappie en het alles onthou wat haar ouma haar teen gewaarsku het. Die wolf grom dat Rooikappie asseblief (sekerlik nie die netjiese woord bedoel nie?) die sentrum moet verlaat omdat slegs joernaliste in diens van Kolonade welkom is daar. Rooikappie het toe nie geloop nie, maar die heks by die lekkergoedhuisie gaan sien om te hoor hoekom haar wolf nie daarvan hou dat joernaliste 'n klein belegging maak in die huurders van die sentrum nie. Die heks het met haar mooiste, geelste glimlag ewe liefies gesis dat hulle bang is dat "eksterne joernaliste" dalk iets oor die sentrum se geraamtes en maskers skryf wat hulle graag verborge sou wou hou. Toe begin Rooikappie wonder wat probeer die bestuur verskuil. Omdat Rooikappie 'n vriend het wat 'n winkel in die sentrum het, het sy weer in die sentrum gaan kuier. Tog vreemd dat die wolf in sekuriteitsklere nie die keer gekla het nie. Miskien gesien dat Rooikappie 'n gesonde belegging gemaak het in sy salaris te oordeel na haar bultende pakkies??
'n Klein bietjie snuffel verder het 'n paar interresante liplekker nuusbrokkies tussen die lyne laat deurskemer. Iets wat enige joernalis laat juk om die kladboek nader te trek...
Maar Rooikappie sal die wolf maar eers 'n billike kans gee om op episode een te antwoord. As die Wolf nie antwoord nie, is dit dalk glad nie 'n slegte idee om episode twee en daaropvolgende episodes te publiseer nie.
Intussen wonder Rooikappie net, waar moet 'n joernalis 'n versnappering gaan koop of gaan fliek as die sentrumbestuur so trots is dat hulle skepsels wat in die klas "joernalis" val, as 'n waardigheidsbreuk vir hul heiligdom ag.

En skielik, sonder om te snuffel, val die volgende brokkie nuus in die skrywertjie se skoot...
Die satan en sy trawante maak deedae mos gebruik van die wat ons so onvoorwaardelik vertrou om die Evangelie te probeer pootjie. Dit gebeur toe mos dat Damian en sy span genooi word om op te tree in die Kolonade winkelsentrum in Montana. Die oomblik toe dit bevestig word dat Damian en venote die bevrydende Evangelie van Jesus Christus gaan verkondig, kanselleer Kolonade se bestuur die geleentheid. Dis 'n algemene bekende feit dat satan en sy trawante stuiptrekkings kry as hulle bloot net Jesus Christus se Naam hoor. Derhalwe is dit regtig nie te moeilik om af te lei wat aan die gang is by Kolonade sentrum se bestuur nie..... En watter magte die struktuur geïnfiltreer het nie
Nadat Joe, 'n kollega, die vorige berig onder die sentrumbestuur se aandag gebring het, reageer 'n naamlose werknemer van die sentrum soos volg:
Beste Joe,
Baie dankie dat jy die twee artikels op www.klanke.co.za/nuus onder ons aandag gebring het. Kolonnade Sentumbestuur kan ongelukkig nie op rolspeling en aantuigings kommentaar lewer nie maar sal met graagte op feite reageer.
Vriendelike groete,
Kolonnade Sentumbestuur
Laat 'n mens wonder, as die bevrydende Evangelie nie vir dié werknemer feite is nie, wie is in beheer van die sentrum?
Sopas kom die berig toe deur: Kolonade het vir Pieter Goosen, 'n man met 'n groot getuienis, nou onlangs probeer verbied om te sing tydens sy optrede in Kolonade. Wou glo net hê hy moet instrumentaal optree. Dit was egter nie die ooreenkoms nie. Hierdie "verbod" het gekom pas nadat hulle verneem het hy sing ook tot eer van die Here. Laat 'n mens wonder, nee, eintlik weet wat kook!

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking