Sondag 08 September 2019

NGV

Die oorgroote meerderheid van mediadekking oor die voorgenome gesondheidsversekeringsplan, word gekenmerk deur negatiwiteit.  Selfaangestelde sameswerings-praktisyns gebruik subtiele, sowel minder subtiele maniere om enige entiteit wat staatsgebonde is, as van swak integriteit voor te stel.  Selfs waar die oppervlakteks in mediadekking neutraal voorkom, is die subteks egter uitlokkend tot kritiek.  Menige respondente val pens en pootjies in hierdie slaggat en kommentaar wemel gevolglik van swartgalligheid en vooroordeel.  Die personeel wat staatsinstellings bedryf, ook mediese dienste, word by verstek as onbevoeg geïmpliseer.   Op hierdie voete van klei-vooroordeel as fondament, word dan wankelende toringblokke se doodspraak gepleeg... 
My vermaning aan respondente is dat hulle nie toelaat dat die sneeubal suurbraak van vele, hulle ook insluk nie.  Dit kan jou dalk net, met vele hete kole op die hoof laat.  
En voordat jy nou weer oorhaastig hierdie vermaning minag en vra wie hierdie outeur dink hy is om 'n mening oor die saak te mag hê, net die nota:  Hierdie outeur, is een van die, na jou mening idiote, wat met trots al vir jare lank in staatshospitale dien. 
Wel te ruste, as jy hierna kan... 

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking