Sondag 24 Mei 2020

Sy het 'n appelkooskleurige rok aangehad

Gewoonlik is my drome helder, Tog, word min van hulle onthou. Die afgelope tyd meer drome egter duidelik agterbly in my bewuste. Sommige, weet ek is profeties. Ander, dalk 'n boodskap, wat nie profeties vir ander is nie, maar inspraak in my leweom bepaalde vrae te antwoord. Laasgenoemde, sal ek nooit publiseer, voordat ek weet dat hierdie pêrels wel van openbare belang is nie. Die Woord waarsku pertinent in Mattheus 7:6b. teen die praktyk om pêrels voor die swyne te werp.

...noch werpt uw paarlen niet voor de zwijnen;
opdat zij niet te eniger tijd dezelve met hun voeten
vertreden, en zich omkerende, u verscheuren.

Tog, was die droom wat ek vandag hier deel, duidelik en in detail. As 'n droom so duidelik is, moet daar 'n rede voor wees. Ek sê nie dit was 'n visioen of profesie nie. Maar ek weet ek moet dit deel, want net dalkies, kan die iets vir een of meer lesers beteken.

Daarom deel ek met jou die volgende. En as jy voel dat jy iets daarin sien of kommentaar wil lewer, voel vry om hieronder, kommentaar te lewer.


Hier kom hy:

Ek is by 'n sosiale geleentheid. Die meeste gaste is bekendes. Hoofsaaklik kennisse, met hier en daar 'n vriend. Elkeen is weggevoer deur diep gesprekke oor uiteenlopende onderwerpe. Emosielose kelners dra borde vol knibbel-dinge rond. Ekself, is nie in 'n gesprek vasgevang nie. Ek merk 'n dame op wat heeltemal onbekend is aan my. Dit lyk, asok sy ook nie die ander gaste ken nie. Sy is geklee in 'n appelkoos kleur moulose knielengte rok. Dit is die styl van die laat tagtigs, toe hierdie dikker katoenrokke met hulle groot sakke en een groot knoop aan die bokant van elke sak, nogal gewild was. Die knope aan die rok, is identies aan dié, van die van die sakke. Sy beweeg rond, sonder werklike sinvolle interaksie met ander gaste. Haar vloeiende wortelrooi hare, met enkele wysheidstrepe wat trots begin deurskemer, hang vry, sowat vier of vyf duim onder haar skouers. Ek kan nie haar emosie peil nie. Die vensters van haar gees, is toe. 

Sy beweeg na 'n venster wat uitkyk op 'n ontwerperstuin. Oombikke later, sien ek hoe haar eie refleksie in die venster, haar met 'n intense hartseer laat.

Ek weet nie hoe ek daar beland het nie. Maar die volgende oomblik is ek langs haar. Sonder om die woorde te bedink, of te weet waar dit vandaan kom, kom die volgende woorde uit my mond "Jou uitrusting bring die beste in jou na vore". Sy frons-dink vir enkele oomblikke, voordat haar gelaat verlig. Haar voorkoms verander van appologeties, na selffversekerd. Dan verdwyn die frons, en vul 'n salige vreugde haar gelaat. Al wat sy sê, is "dankie, ek het dit so nodig gehad".

Dan kom die kelner met die southappies verby. Sy neem 'n snoeppasteitjie. Ek neem 'n mini-sosatie. Waarna ons elkeen weer ons eie koers inslaan.

Die res van die verloop van die funksie was vaag. Dit het nie helder behoue gebly in my bewyssyn nie. Dit was dus seker nie van belang, vir die rede waarom ek hierdie droom gehad het nie.


© Stof 2020/04/24

1 opmerking:

  1. Die voorkoms en reaksie van die hoofsaaklike beeld maw die vrou soos saamgestel: HAAR verligte gelaat in vreugde verander = goedkeuring tov situasie en guns is betrokke. ROK beweeg in bediening/besigheid. KLEUR EN DIE VRUG vergesel die hierbo sprekend met sagmoedigheid saamgevat of onderskryf dat jy wel ander positief aanmoedig en iemand is met 'n mooi gesingheid. KNIELENGTE Is 'n duidelikeuitstip tov totale onderwerping en nederigheid aan God toegewy. KNIBBELKOS Die Woord - nuggets wat mense gelukkig hou. VROU: in terme van die tydperk aangewys word as volwasse aangespreek en dit reflekteer wysheid agv die jare/volwasse en iemand wat stabiel is. DIE SYFER 80 Nuwe seisoen in bediening/besigheid, om alles as volwasse lewe en verantwoordelikheid. GROOTSAKKE Bedieningsgawe, voorbereiding/geleentheid. Oppad na iets nuuts. voorsiening - alreeds toegeken met wysheid. KNOPEverseelde situasie. ROOI Bedek met bloed - bevryding. HARE Finansieele deurbraak, insig en profetiese openbarings. VENSTER Finansieele deurbraak, insig en profetiese openbarings..Te reg, soos gespreek, jou uitrusting in God bring die beste van jou na vore, want jy is na Sy maksel geskape daarom. Dit lyk soos 'n niks droom maar dit is eg en goed toegevoegde blydskap. Persoonlik ervaar ek dat die Here jou herhaalde kere in 'n rustige posisie van veilig plaas mbt jou nuwe seisoen in aankoms. WONDERLIKE GOD, BAIE DANKIE DAT U VIR STOF SO MOOI "COUCH' AMEN

    AntwoordVee uit