Dinsdag 19 Mei 2020

Die ouditorium

Ek beweeg in 'n gehoorsaal. Daar is derduidende sitplekke. Mooi, en luuks. Beslis nie 'n afskeepplek nie.

Agter die verhoog is helder lig. Bonatuurlike helder lig, maar dit verblind my nie. Ek kan daardeur loop, dit ervaar, sonder skade, sonder skroei. Die lig is nog nie op die verhoog nie. Dit skyn nog nie op die verhoog, of die gehoorsaal nie. Maar hierdie helder lig is so onbeperk, so groot, dat een of ander tyd sal moet deurbreek na die verhoog toe. Waarna hierdie lig van die verhoog, dan verder sal versprei na die gehoorsaal, tot in elke hoekie, tot op elke sitplek.

Tydens hierdie beeld, was daar niemand in die gehoorsaal nie. Elke sitplek was leeg. Daar was ook niemand op die verhoog nie. Die beligting was skaflik, ietsie meer as skemer. Tog, was die skemerlig in afwagting op die helder lig wat agter die verhoog manifesteer. In afwagting, op die deurbreek daarvan na die verhoog, die gehoorsaal.

En dan wonder die mens in my, wie gaan almal daardie sitplekke volmaak, wanneer daardie lig agter die verhoog, deur die grense breek na die verhoog, en 'n boodskap vir die gehoor bring? Wie gaan op die verhoog wees, wanneer daardie lig gekanaliseer moet word?


© Stof 2020/05/18

1 opmerking:

  1. Die feit dat jy beweeg, is dat jy nie passief is nie.. n plus punt. Die saal verteenwoordig dat jy is verseker betrokke by die uitreik van die Here en Hy gebruik jou om n atmosfeer van eenheid te skep in waarheid en geregtigheid tesame met Sy hand van genesing na gees siel en ligaam, en ek sien hierdie in konteks met Leroleng. Die derduisende beteken dat Hy 'n plek vir almal voor berei het maar die sal ons nog nie sien want Hy hou die uitslag daarvan oor wie Hom gevolg het of nie, nog oningelig vir ons. Die Bonatuurlike Helderlig en die feit dat jy met gemak daarin of uit beweeg se dat Hy die Lig in, om en deur jou sal gebruik sodat die suiwerheid vd evangelie en die gewaarmekte genesings sal plaasvind, met die outoriteit in Hom deur geloof op Hom Hom gevestig, daarom is die toets nou soos fel. Al hierdie is nog nie insig in jou geestesoog maar die doop daarvan het alreeds plaas gevind in die gees dimensie. Daarom word jou volwassenheid om Sy werk te doen bevestig met hierdie visioene of drome en jy word 'n geheel draer van Sy heerlikheid. Jou volwassenheid tov Sy eind produk is geensens in die weegskaal nie en word ook nie bedryg nie, maar maak eerder deel uit van Sy maatstaf wat Hy stel en dan uiteindelik Sy maatband gebruik om te kyk hoe ver en hoe opreg Sy volgelinge op Hom vertrou. Die uitslag van wie in Sy skadu staan en wie nie hou Hy nog in Sy septer want Sy tyd is Sy tyd. Die skemerlig gee n aanduiding dat Hy nog talm, maar met Leroleng sal jy Sy voetstappe baie baie duidelik hoor en en uit Godvresenheid jou oog op Hom gevestig hou want dit gaan oor die bou van Sy koninkryk en dit is baie duidelik deurdat jy n prommenente beeld in die oudtorium kon geniet. Dat die gebeure oppad is, is eg waar. Die helderlig het geen grense nie maar is nog tydelik onsigbaar vir die deur om oop te gaan want tyd is die wag en werk woord. Wees versker dat jy 'n gesalfde is om hierdie besonderse taak moet uit rig van diensbaar te wees en daarom het Hy jou bevestig met om te dien genade gawe en wees verseker jy sal dit kan doen deur Sy krag wat deur jou sal vloei onverskrokke.

    AntwoordVee uit