Dinsdag 19 Mei 2020

Enkeldiep in die Jordaan

Ek staan in 'n rivier. Dit is laatmiddag. Ek sien 'n sonsondergang. Dit laat my besef dat ek na die weste kyk. My voete is ongeveer enkeldiep in die water. Ek sien die land aan die westekant van die rivier. Die besef dat dit die Jordaanrivier is, sink by my in. Ek is besig om na 'n beloofde land te kyk. Dit is 'n mooi land.

My voete is nog nie op land nie. Die laaste paar tree om uit die enkeldiep water te stap, in die beloofde land in, lyk moeiteloos. Maar ek word vir eers teruggehou. Ek ervaar inspraak oor die beloofde land. Ek sien in die gees prentjies, wat selfs mooier is as wat my aardse sintuie hier reg voor my waarneem.

'n Lang reis agter my, anderkant die oos-oewer, anderkant die woestyn, lê Egipteland. 'n Land wat wat bar is, 'n land wat gesteel het. 'n Land van verlies en pyn. 'n Hele woestyn vêr van my af. Dit is te vêr, dit kan nie meer van my steel nie.

Dan vervul die skoonheid van die beloofde land voor my, weer my wese. Ek sien alles wat nodig is om vir 'n leeftyd vorentoe, te dien, te leef en guns te mag beleef.

Maar ek staan nog in die water. Ek wag net op die opdrag, om daardie laaste paar tree te gee, en die droë grond van die beloofde land te betree, dit in besit te neem.

Spreek Here, U stoflaaitie luister...




© Stof 2020/05/18

1 opmerking:

  1. Gesprek vanuit die Jordaanrivier na Stof:Eseg 47:1-4 :1 Your walk under control of the Holy Spirit. :2the info acqaints you with true prevailing life of a christian :3 all your affections and desires are subdued and brought under the sway (beheer) of God, will and word. ENKELDIEP: Jy is 'n persoon wat met selfvertroue en in geloof lewe en sterkte in verhouding met God. Om in geloof uit te stap. ENKEL: verteenwoordig ook: krag in jou wandel met God. OOG:Wat jy sien; simbool of visioen/ ook sterk profeties. JORDAAN: Deur na die beloofde land; betree 'n nuwe seisoen asook die beloftes van God insig as dit nie alreeds in werking is nie. LAaTMIDDAG en SONSONDERGANG: Beteken die oestyd oppad asook einde van 'n seisoen; VOETE: Reinheid/verlossing, wandel met die Here; evangelsasie/sendeling. WATER: Gees en woord van God; finansieele voorsiening. DROE GROND: Droe = reg oorkant die rivier = God se bevel om voort te gaan. MOEITELOOS: Jou selfstandigheid, sonder vrese en wysheid. WAG: Die stem van die Here is jou padaanwyser; Die aansien vd Beloofde land = profeties, maar Heilige Gees sal jou leer. Reageer net op dit wat Hy jou beveel en geniet. DIE WONDERSKOOn:Ervaring; Die prentjies is voluit profeties; ook beteken hoop tot herstel EGIPTE: is verby - nou betree j 'n nuwe seisoen in jou lewe/ verlies en pyn 'n volkome siels herstel en genesing duer Sy bloed. WAG VIR SY BEVEL EN SIEN UIT NA JOU NUWE SEISOEN IN DIE KRAG VAN GOD, want dit is waaroor dit gaan. (Naomi)

    AntwoordVee uit