As die spiere vanaand kla dat hulle gewerk het, is dit met dankbaarheid dat getuig kan word dat dit die gevolg is van 'n seengevulde dag. Dankie Vader, dat U my raaksien.
Maandag 24 April 2017
Saterdag 01 April 2017
Om te knor...
Kom ons gesels oor maniere waarop mense mekaar beknor en dikwels van ander gebruik maak om hulle doel te bevorder.
Almal van ons weet dat knor nie reg is nie.
Almal van ons weet dat nie eers 1 April 'n geldige rede is om 'n medemens in die geestelike domein aan te val nie.
Daarom nou die ope uitnodiging om op hierdie inset, hier te reageer.
Laat ons maar die titel noem: Om te knor of nie...
Ek loer.
Almal van ons weet dat knor nie reg is nie.
Almal van ons weet dat nie eers 1 April 'n geldige rede is om 'n medemens in die geestelike domein aan te val nie.
Daarom nou die ope uitnodiging om op hierdie inset, hier te reageer.
Laat ons maar die titel noem: Om te knor of nie...
Ek loer.
Sondag 22 November 2015
Toegwyde diens
Sommer net om te sê, Nadia, een van die verpleegsters by saal nege by Eugene Marais, het vanoggend weereens bewys wat dit beteken om met omgee te dien. Welgedaan.
Woensdag 18 November 2015
Selektiewe eliminasie...
A jy vanaand iets sien vlieg en dink dit is dalk 'n muskiet, maak net eers seker dit is nie 'n reënvlieg nie. Jy wil tog nie jou seën doodslaan nie.
Saterdag 12 September 2015
Dankbare stofluis
Vader sorg so goed vir Sy skepsels. Ons haas maak dat ons soms dink Hy dink nie aan ons nie. Maar die afgelope drie dae het Hy weereens bewys, Sy genade is altyd net betyds. Vader Yahwe, U is groot en U word geëer. Loof dus saam met Stof vir genade ontvang, en pleit saam met hom oor die sake wat nog vir hom knor.
Woensdag 26 Augustus 2015
Ubuntu
Knorrrr. Stof wil sopas 'n bepaalde program aflaai om sy lewe
makliker te maak. Maar dit is hom helaas nie beskore nie. Al is die
prys bitter klein, aanvaar hulle egter net dollars. En Stof is 'n Suid
Afrikaanse boertjie, wat net sente, en soms in goeie tye, rande het.
Wie kan hom van inligting voorsien oor die plaaslike beskikbaarheid van
Ubuntu?
Engelmense
Minder as 'n dag na 'n noodroep vir sekere tegniese hulp, kry Stof sommer twee aanbiedinge. Dankie Vader dat U hom met soveel guns seën!
Teken in op:
Plasings (Atom)