Sondag 28 Mei 2017

Eenpolig

Elkeen wat geroep is om te dien, sal sy beste gee vir hulle wat gedien moet word.  DIt impliseer ook dat elke konsultasie gefokus sal wees, en kommunikasieapparate se klokkies dan af sal wees, sodat daar nie afleidings is nie.  Toon dus begrip as jou terapeut nie altyd jou oproepe kan beantwoord nie,.  Dit beteken bloot dat hy besig is om op daardie oomblik besig om iemand anders, met dieselfde toewysding te dien as wat hy jou dien.  Jy weet mos hoe om 'n teksie te stuur?  En sodra omstandigdhede toelaat dat daar aan kommunikasie aandag gegee kan word, sal dit wel pgevolg wees. 

Maandag 24 April 2017

Dankbaarheidsdag

As die spiere vanaand kla dat hulle gewerk het, is dit met dankbaarheid dat getuig kan word dat dit die gevolg is van 'n seengevulde dag.  Dankie Vader, dat U my raaksien.

Saterdag 01 April 2017

Om te knor...

Kom ons gesels oor maniere waarop mense mekaar beknor en dikwels van ander gebruik maak om hulle doel te bevorder.

Almal van ons weet dat knor nie reg is nie. 

Almal van ons weet dat nie eers 1 April 'n geldige rede is om 'n medemens in die geestelike domein aan te val nie. 

Daarom nou die ope uitnodiging om op hierdie inset, hier te reageer.

Laat ons maar die titel noem: Om te knor of nie...

Ek loer.

Sondag 22 November 2015

Toegwyde diens

Sommer net om te sê, Nadia, een van die verpleegsters by saal  nege by Eugene Marais, het vanoggend weereens bewys wat dit beteken om met omgee te dien.  Welgedaan.

Woensdag 18 November 2015

Selektiewe eliminasie...

A jy vanaand iets sien vlieg en dink dit is dalk 'n muskiet, maak net eers seker dit is nie 'n reënvlieg nie.  Jy wil tog nie jou seën doodslaan nie.

Saterdag 12 September 2015

Dankbare stofluis

Vader sorg so goed vir Sy skepsels.  Ons haas maak dat ons soms dink Hy dink nie aan ons nie.  Maar die afgelope drie dae het Hy weereens bewys, Sy genade is altyd net betyds.  Vader Yahwe, U is groot en U word geëer.  Loof dus saam met Stof vir genade ontvang, en pleit saam met hom oor die sake wat nog vir hom knor.

Woensdag 26 Augustus 2015

Ubuntu

Knorrrr. Stof wil sopas 'n bepaalde program aflaai om sy lewe makliker te maak. Maar dit is hom helaas nie beskore nie. Al is die prys bitter klein, aanvaar hulle egter net dollars. En Stof is 'n Suid Afrikaanse boertjie, wat net sente, en soms in goeie tye, rande het. Wie kan hom van inligting voorsien oor die plaaslike beskikbaarheid van Ubuntu?