In vroeë engelse literêre geskrifte sowel as
1610 Koning Jacobus uitgawe van die Bybel, word die hedendaagse U en V,
deurentyd andersom gebruik. Hulle
klankwaarde en hulle gebruik ooreenkomstig taalreëls, dui duidelik daarop dat
vandag se gebruik van die bepaalde letters, nie is soos dit oorspronklik in die
romeinse skrifstelsels bedoel was nie.
Op baie kunswerke waar die inskripsie op Jesus se kruis in Latyn aandui,
is die verskynsel ook duidelik sigbaar.
‘n Oorblyfsel daarvan vandag, is dat die engelse naam vir die W
karakter, steeds as “dabbeljoe” uitgespreek word, dus ‘n “dubbele U”, nie ‘n
“dubbele V”, nie.
Kan Stof se maatjies wat taalonnies en taalkennners is, dalk iets deel oor
wanneer hierdie verandering ingetree het en wat die motivering daarvoor was?