Saterdag 21 Maart 2020

Lewesprekende Restaurante


Vanoggend konsulteer die stowwerige by ‘n teetuin. Rondom die tafel waar hy sit, spreek mense dood en bespreek virusse asok dit die nuwe Versace reeks is. En so, raak die koffie bitter en die versnapperings smaakloos.
Ek daag vandag restaurante en teetuine uit: Plaas ‘n verbod op gesprekke oor negatiewe paranoia en virusse. Maak die beleid duidelik dat sou ‘n personeellid sodanige gesprek opmerk, of ‘n ander klant dit rapporteer, die skuldiges dadelik deur ‘n spiertier verwyder sal word.
Tot onlangs, was ‘n wegbreek by ‘n publieke knibbelplek, juis ‘n oomblik van wegvlug van ander faktore vandie dag, wat negatief en depressief kan wees. Met die aard van gesprekke wat egter nou die lug vul, is dit nie meer ‘n plesier nie en gee selfs die lekkerste geregte sooibrand.
Ek daag die restouranteurs dus uit, stel hierdie maat reël in en bemark hierdie reëling as deel van julle pakket.. Julle mag dalk net verbaas oor hoeveel voete dan, julle drempel betree.

Phyllis Robbertson Tehuis


Ek deel met vooruitsig, maar ook met hartseer, hierdie verklaring. Persverklaring, sal ek dit nou nie noem nie. Eerder ‘n hartsverklaring.
Ek deel onomwonde, sonder huiwering en sonder enige verskuilde motiewe dat die Pyllis Robbertson tehuis my BAIE na aan die hart lê. Die gestuurdes wat die oord bestuur, by name Benita, Jady en Patrick, kry wondere verrig met minimum aardse bronne. Die inwoners, dikwels eensaam, ‘n groep aangename mense wat elke stukkie omgee waardeer. Die vrymoedigheid wat hulle het ten opsigte van die deel van hulle geestesbehoeftes, sosiale kwellinge en vele ander, bemoedigend. Dit getuig van die behoefte om uit te styg bo beperkende uitdagings in hulle lewe.
Daarom is ek lief vir die tehuis. Ek het ‘n besondere passie om daar ten diens te wees. Daardie passie word bevestig deur Vader se seën op die werk.
Die hartseer is egter, dat daar inspraak gelewer (geskinder?) is in dieore van die bestuur, deur onbekende bronne. Dit het gelei tot ‘n bevraagteking van my passie, deur hulle wat ek weet, nie die afgelope tyd se ondertone, in hulle hart deel nie. Gerugte wat in die kiem gesmoor moet word, sodat die waarheid sal seëvier.
Gerugte wat die ronde doen is die volgende:
Dat die komitee wat ook met my gekommunikeer het, nie legitiem sou wees of selfs bestaan nie: Bloot omdat die informant wat die dorings in die bestuur se harte gesaai het, nie die NCBSA ken nie, beteken nie dat dit ‘n klug is nie. Dat daar van NCBSA se kant, nie goeie werk gedoen word om evangeliste te bemagtig nie.
Dat ek individuele bestuurslede, vir wie ek juis besondere agting sou hê, se integriteit en geletterdheid sou bevraagteken: Uit die subteks en die toon korrespondensie met die betrokke gewaardeerde, blyk dit dat die indruk geskep is dat ek haar as gestuurde, as kollega en as mens, sou minag en haar vaardighede in twyfel sou trek. Dit is egte nie die geval nie. Ek verwys hier weereens na paragraaf twee ne my hartsverklaring ten opsigte van die tehuis en die gestuurdes wat so getrou daardien.
Een van die bestuurslede was onder die indruk gebring dat ek ‘n verhoog soek om my “volgeling” ten diens te wees: Ek is bloot net ‘n dienaar. Ek het nie volgelinge nie. EK dien net die volgelige van Jesus self. Ek is nie die herder nie, ek is net die skaaphond wat die herder bystaan. Wat ek publiek doen, is nie ‘n egoreis nie. Dit is bloot die aksie van ‘n stukkie geroesde gereedskap, wat bevoorreg voel dat Vader hom wel soms stuur. En dit, is vir my genoeg.
Dat ek sou kies om korrespondensie te ignoreer: Nie alle vorme van digitale kommunikasie kan daagliks nagegaan word nie, weens die aantal ure in ‘n dag. Die primêre vorme van digitale kommunikasie, soos teksies of oproepe, of ‘n epos, word wel soos dit inkom, nagegaan en hanteer soos moontlik. Sekondêre kommunikasie media wat data-afhanklik is, kan egter ‘n wyle in die kubberruim of op aparate vertoef, voordat dit hanteer kan word. En dit is nie ignoreer nie. Ek wil dus my sus wat hierdie indruk gekry het, verseker dat die bron van die gerug, dit kwaadwillig aan haar oorgedra het. Dat die tehuis en die dienendes daar, vir my belangrik genoeg is, sodat hulle nie geïgnoreer sal word nie.
Daarom dus ‘n opsommende paragraaf: Ek gee passievol om vir die Phyllis Robbertson tehuis. Ek sal NOOIT enige aksie neem om hulle en hulle gewaardeerde personeel, enige skade, in beeld of in fisiese dimensie aan te doen nie. Ek wil verder vir elkeen wat hier lees, aanmoedig om meer oor hierdie oase vir gestremdes te leer, en ook op tasbare sowel as morele wyse, julle ondersteuning te gee. Ek wil die kwaadsprekers wat ‘n wig tussen my en hierdie oase wou indryf, vermaan, en pleit dat dat hulle eerder konstruktief betrokke raak en ‘n verskil maak, eerder as om twis te saai.
Mag die Phyllis Robbertson Tehuis, en veral drie hoogs gewaardeerde funkionarisse, by name Jady, Benita en Patrick, dus die gerusstelling in hulle harte koester, dat hierdie stowwerige, julle hoog ag. En so sal dit bly.
Sela.
Lewer asseblief kommentaar ter ondersteuning van hierdie oase, hieronder en toon so, dat jy net soveel soos ekself vir hulle omgee.