Saterdag 21 Maart 2020

Lewesprekende Restaurante


Vanoggend konsulteer die stowwerige by ‘n teetuin. Rondom die tafel waar hy sit, spreek mense dood en bespreek virusse asok dit die nuwe Versace reeks is. En so, raak die koffie bitter en die versnapperings smaakloos.
Ek daag vandag restaurante en teetuine uit: Plaas ‘n verbod op gesprekke oor negatiewe paranoia en virusse. Maak die beleid duidelik dat sou ‘n personeellid sodanige gesprek opmerk, of ‘n ander klant dit rapporteer, die skuldiges dadelik deur ‘n spiertier verwyder sal word.
Tot onlangs, was ‘n wegbreek by ‘n publieke knibbelplek, juis ‘n oomblik van wegvlug van ander faktore vandie dag, wat negatief en depressief kan wees. Met die aard van gesprekke wat egter nou die lug vul, is dit nie meer ‘n plesier nie en gee selfs die lekkerste geregte sooibrand.
Ek daag die restouranteurs dus uit, stel hierdie maat reël in en bemark hierdie reëling as deel van julle pakket.. Julle mag dalk net verbaas oor hoeveel voete dan, julle drempel betree.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking