H.D.L.
Ter afsluiting van die nuus die hooftrekke.:
Hierdie is die finale woord in die woordmodder wat die afgelope tyd gevlieg het
en steeds vlieg. Hierdie
modderprojektiele is nie tot heil van enige persoon wat betrokke is, of hulself
betrokke gemaak het hierby nie.
Daarom sien Stof nie die nodigheid om betrokke te wees by die ou is/is nie
speletjie van kleintyd nie. Elke
deelnemer het op hierdie oomblik ‘n bepaalde mening waaraan hulle desperaat
vashou. Gesprekvoering is dus nie tot
heil van enige rolspeler, of tot heil van verhoudings tussen vriende nie. Stof weet wat die waarheid is. Daarom berus hy homself daarby en gaan nie
verder enige gesprek oor hierdie onderwerp voer nie. Sy versoek aan ander wat steeds vir mekaar of vir hom wil knor,
is dat julle elkeen tot kalmte kom, die afleidings wat gemaak is waarop julle
die konflik bou, sal versaak en aan mekaar ‘n hand van vriendskap en ware
vertroue uitreik. ‘n Stap wat hopelik
oor kort na mediumtermyn, elke verhouding sal herstel na wat dit was voordat ‘n
enkele inset van ‘n omgeemens, ander ontstel het.
Aan die outeur van die oorspronklike stuk:
Ons het privaat hieroor gesels.
Dankie vir die feit dat jy begryp dat nie alle mense, dieselfde op
insette reageer nie. Dankie dat jy ook
nou besef dat die weggesteekte rugsteun van wagwoorde, SLEGS vir ongevalle is,
en nie vir enige ander gebruik nie.
Stof vertrou dat elkeen wat drastiese digitale aksies gepleeg het,
daaroor sal nadink, en ook op die digitale gebied, die nodige vertroue weer sal
herstel.
Sonder om dus aan elke party individueel enige verdere mededeling te doen,
versoek Stof dus elke betrokkene, sy wens om rustig en nugter oor die situasie
na te dink, enige vooroordele en stertjies te wis uit hul gedgates, en dan weer
daardie hartsvertroue wat daar behoort te wees, te herstel, sal respekteer.
Enige verdere en nuttelose redevoering, is nie tot heil van die totaliteit nie.
Stof sien dus met blye vooruitsig, uit, na die uitreik-drukkies wat hierop
volg. Ons klompie, het eintlik so baie in
gemeen.
Sela!
Dinsdag 25 Augustus 2015
Donderdag 13 Augustus 2015
Digitale streep getrek op Bakkiesboek...
En skielik is Louis, Attie, Anastasia en Leonardo baie stil op
Facebook. Dit blyk toe mos dat hulle sonder rede uit Stof se vriendelys
verdwyn het. Dit kort nadat daar op ‘n manier toegang verkry is na
Stof se muur. Twee versekeringsmou se
sowel as iemand wat op die oog af lyk na een van Stof se skapies, plaas
meteens direk op sy muur, wat andersins beperk is weens verskeie redes,
een waarvan, om dinge soos hierdie te voorkom. Die menslike konflik
tussen lesers daarvan en as gevolg daarvan, val buite Stof se hande.
Maar hy sal D.V. sodra die tegniese gogga daaragter opgespoor is en
herstel is, weer die kontakte herstel. Sodra die versekering ontvang
is dat wat ookal waar gekraak is, weer tegnies heel is.
Die konsultant is voorlopig van mening dat ‘n persoon Griet se profiel gekloon het. Die profiel wat gebruik is om die plasing in Griet se naam te maak, se profielnommer verskil van haar ware profiel. In die proses is haar ware profiel, met die korrekte profielnommer, verwyder van die vriendelys. Die gekloonde profiel het ook alle ander korrespondente uitgesluit op haar vriendelys en dit blyk dus duidelik dat hierdie stap ‘n poging is om Stof aan te val. Tog is die inskrywing lewensgetrou, want dit is min of meer die manier waarop sy kommunikeer, met bloot ‘n paar ekstra kruhede wat nie regtig haar styl is nie. Duidelik het broer breker, haar profiel ‘n rukkie bestudeer. Van hierdie gekloonde profiel af, is toegang verkry. Die presiese manier hoe, is onduidelik. Maar sodra konsultant vasgestel het en hy terugvoer aan julle stowwerige boetie gegee het dat die sekerheid weer in plek is, sal hy met elkeen betrokke daaroor deel.
Liewe verlore vriende, weet dus, dat sodra dit veilig is, stuur Stof weer vir julle ‘n kneukelklop. Sodra Griet se ware profiel weer lewe, sal hy ook weer aan haar digitale deur klop.
Stof se versoek aan gemeenskaplike vriende is om asseblief hierdie pos te deel en aan die tydelik verlore vriende, mee te deel dat hulle hopelik nie vir te lank verlore sal wees nie.

Donderdag 25 Junie 2015
Boelieboeties...
Daar is ‘n broer by name Cameron Richardson, wat
wild en wakker eposse stuur na webwerfadministrateurs waarin hy vra of hy kan
toegang kry om ander belange se sake te plaas op sy slagoffers se webwerwe. Die aard van die versoek en die vaagheid
daarvan, sowel as die adresse waarheen hy die versoeke stuur, getuig dat hy nie
lees waarvoor die genoemde adresse bestem is nie, wat verder ‘n vraagteken
plaas oor sy agenda. Sou jy dus ‘n epos
kry van Cameron Richardson by cameron@omnibuzzmedia.com,
of dalk selfs ander persone by dieselfde domein, wees waaksaam en verduidelik
die sender waar die deur is en waarvoor dit gebruik word.
Nuuslesers en dorpname
Afrikaanse nuuslesers wat die taalreël vergeet
dat die meeste eiename nie vertaal kan word nie, skep groot verleenthede vir
bepaalde stede as hulle in ‘n engelse aksent daarna probeer verwys.
As hulle Rustenburg uitspreek soos wat die oorspronklike doel van die naam in Afrikaans was, spreek dit van rustigheid en kalmte. As hulle dit egter met ‘n engelse aksent probeer uitspreek, verander die dorp meteens na ‘n geroesde ou gehuggie...
Vryburg se naam het ook sy oorsprong in Afrikaans, wat daarop dui dat dit ‘n vry, ‘n onafhanklike stad is. Die nuusleser verdraai egter die uitspraak na ‘n engelse aksent, en meteens word Vryburg ‘n gaargebraaide ou dorpie.
Vele ander mensename en dorpname loop deur, en dit deur omroepers wie se moedertaal Afrikaans is.
Het basiese taalreëls insake eiename in verskillende tale, sy toepassing op omroepers verloor?
Aan die omroepers wat steeds die korrekte uitspraak handhaaf, ek hoor julle en ek eer julle. Dankie dat van julle, in my vriendekring is.

Saterdag 02 Mei 2015
Bekostigbare kos
Die doel van 'n vervaldatum op voedselprodukte
is om te verseker dat, nadat die bodorpers vier maal die ware prys voor
genoemde datum betaal het, ons onderdorpers die voorraad wat oor is na
hierdie datum, teen 'n breukdeeltjie van die prys kry, alles net vir
onsself. Viva vervaldatums!
Dankie bodorpers, dat julle ons so ruim subsidieer. Daar moet tog iets goeds in jullle wees...
Dankie bodorpers, dat julle ons so ruim subsidieer. Daar moet tog iets goeds in jullle wees...
Sondag 01 Maart 2015
amerkaanse taalverwarring
Vertel vir Stof, wat is die verskil tussen die amerikaanse terme "navy" en "marines". Klink vir hom na dieselfde ding.
VHF Radio-ontvanger
Is daar iemand wat so gaaf sal wees om Stof te adviseer of help met die omskakeling van 'n 87.5-108 Mhz ontvanger, na 182.2 Mhz? Of dalk 'n werkende 182.2 beskikbaar het waaroor ons kan konkel?
Teken in op:
Plasings (Atom)