Sondag 25 Augustus 2019

Liggaamlikheid


n Skrywer en en denker van formaat plaas onlangs ‘n pos op Bakkiesboek oor die kontradiksie van sekere supersterre wat deur hul uitrustings duidelike aandag vra, maar as dit gegee word, kla dat hulle geteister word. Sosiale media se skryfspasie is te min om regtig die saak mooi uitmekaar te trek.
Daar is reeds ‘n stowwerige artikel oor die naturis op www.stof.co.za/natuur. Alhoewel genoemde artikel en hierdie stowwerige nota raakpunte het, regverdig dit wel ‘n aparte artikel, sodat die fokus op die onderwerp nie verlore gaan nie.
Genoemde skrywer het ‘n persfoto van ‘n aktrise geplaas waarin sy baie trots spog met haar kurwes. Dieselfde aktrise sou klaarblykblik iemand wat sy waardering vir haar keuse van ‘n uitrusting, van teistering wou beskuldig. Op hierdie pos het heelwat reaksies gevolg, na beide kante toe. Gesien vanuit die uiteenlopendheid van die respondente, is nie een regtig heeltemal verkeerd of heeltemal reg nie.
Hieronder dan ‘n artikel wat genoemde saak vanuit ‘n sosiale en kultuurperspektief aanspreek. Laat elke leser wat wil amen amen. Laat elke leser wat wil skiet, skiet...
Liggaamlikheid is die vorm waarmee die mens op aarde geplaas is vir die tydperk wat hy beskore is om hier te funksioneer. Hierdie liggaam is ontwerp om perfek voorsiening te maak van elke aspek van bestaan tydens die aardse tydperk. Uiteenlopende liggaamselemente is in plek geplaas sodat funksionaliteit op aarde, so vlot as moontlik mag wees.
Verskillende kulture het verskillende denkpatrone rondom die liggaam en liggaams-elemente ontwikkel. So is ‘n uiteenlopende hierargie stelsels geskep waarin genoemde elemente geklasifiseer is ooreenkomstig vertoningswaarde. Dienooreenkomstig het daar elemente slagoffer geval van ‘n sies-waarde, en is bedekking dienooreenkomstig verewig in kulturele waardes.
Nou mag die lesers reken dat die volgende pargraaf niks met die onderwerp te doen het nie. Lees egter aandagtig, en later in die artikel, sal hierdie agtergrond-inligting waardevol wees ten opsigte van perspektief. Daar staan ‘n toegedraaide geskenk op ‘n tafel. In die vertrek is ‘n laaitie wat brand om te weet wie se geskenk dit is, en ongeäg wie s’n dit is, in elk geval baie nuuskierig is oor die inhoud van die pakkie. Dan maak die maatjie wie se pakkie dit eintlik is, die pakkie oop. Vir ‘n oomblik is die trekkertjie daarbinne, die fokuspunt van alle aandag. Na ‘n rukkie verloor die maats belangstelling in die trekkertjie en staan dit tussen veel ander karretjies, op ‘n rak. Sou die pakkie vir langer toe gewees het, sou dit tot gedagtevlugte gelei het oor wat dalk daarbinne kan wees en wat alles met die inhoud gedoen kan word. En hoe langer die gedagtes gebind word deurdat die trekkertjie weggesteek word in die pakkie, hoe meer verbeeldingryk raak die verbeeldingsvlugte daaroor.
Nou is daar in ‘n kultuur waar bepaalde liggaams-elemente ‘n taboe-waarde het, enkelinge wat genoemde elemente ten dele tentoonstel. Genoeg bedek dat die morele waardes tegnies geproke nie geskend word nie. Maar genoeg ontbloot, sodat nuuskierigheid en verbeeldingsvlugte oor die laaste stukkie wat wel bedek is, aanskouers se hele aandagspan steel en hulle oor niks anders kan dink of praat nie. Gedagtevlugte oor wat met hierdie verborge skatte gedoen kan word as dit ook vrygelaat word, maak enige ander gesrekvoering onmoontlik. Hoekom sou dit dan wees?
n Ander scenario is waar ‘n groep mense wat gemaklik is met hulle liggaamlikheid, in hulle natuurlike staat vakansie hou, of selfs beter, daagliks hulle lewe as sodanig deurbring. Die totale gebrek aan liggaamsbedekking toon dat hulle die liggaam as ‘n geheel eer en nie stigmawaardes aan bepaalde elemente voeg nie. Die liggaamlike veroorsaak geen nuuskierigheidwaarde nie. Dit is nie die oorsaak van wellustigheid nie. En as ‘n paar afpaar na hulle eie privaat-ruimte, is dit daar waar hulle vanuit hul verhouding, mekaar waardeer op hul eie unieke wayse.
Terug na die scenario wat die skrywer gerapporteer het. ‘n Aktrise stel haar ware ten dele uit. Trots omdat sy met skoonheid geseën is. Die ten dele bedekte attraksies kaap toeskouers se aandag ten volle, want allerlei wilde gedagtevlugte oor die voorkoms en die moontlike gebruikswaarde van die stukkie van die pakkie wat nog toegedraai is, interreseer die toeskouer sodanig dat alle, tot nou toe stagnate, senintjies tot aksie geroep word.
n Ander scenario. ‘n Reisiger in Noord-Afrika staan verstom oor die tradisionel drag van hulle gas-stam. Ooreenkomstig die besoeker se kultuur, is alle norme oorboord gegooi. Tannie Emsie se bolla trek in ‘n krul en besoeker se vrou gee hom ‘n kwaai kyk. En meteens, kom die besoeker agter dat dit die eenheid wat hom opval, nie die welluswaarde wat genoemde toneeltjie in sy kultuur sou dra nie. Nie eers ‘n ou senintjie beweeg nie.
Op hierdie punt van die relaas, is dit seker nie eers nodig om die afleiding meer uit te spel nie. Enige item wat op sodanige wyse en mate bedek word dat dit nuuskierigheid prikkel, sal aandag trek. Sommige aandag sal ‘n kompliment wees. Ander sal, deur wilde fantasievlugte gedryf, tot aandag lei wat nie waardeer word nie. Of dit ‘n trekkertjie is, of dit kurwes is, en of dit genitalië is, is van minder belang. Kulturele kondisionering maak dat toeskouers van uiteenlopende denkrigtings, uiteenlopende reaksie sal toon. En, hartseer om uit te wys, is die sogenaamde hoogheilige westerse kultuur, die een wat die grootste wangedrag hierin toon, in die naam van beskawing.
Moenie my vertel dat Mietie nie soms, ook maar so ‘n skelm gedagtetjie gekoester het as Genis met sy wikkelstappie so verby haar negosiewinkel geloop het nie.

Afronding


Soveel mense se monde vertel vir die stowwerige dat hulle hom graag wil ken. As hy egter soms kopsorge op sosiale media plaas met die oog op uitklaring. Word daar soms heelwat regmerkies by geplaas. Hierdie plasings is egter nie bloot retories nie. Dit is ‘n werklike roep na inligting. Daarom dan vandag die oproep om inligting oor die volgende onderwerp. Hoop regtig daar is na dese, finaliteit hieroor sodat hierdie saak, nie weer vir Stof hete kole op die hoof veroorsaak nie.
Hier volg die navraag: Sedert die banke se redusering van een sent, twee sent en vyf sent tot verworpe weeskinders, word benadering deur diensverskaffers en negosiewinkels toegepas sodat handeldryf steeds moontlik is.
Sommige handelaar rond op, deur die prys van die siens of die item, tot die naaste boonste tien sent aan te pas. Dit lyk dan dikwels of die klant ingedoen word, omdat daar dan enkele sente meer, as die prys wat die produk gemerk is, gevra word. Dit lei dikwels tot isegrimmigheid onder klante.
Ander handelaar rond af, na die vorige tien sent. By implikasie, staan hulle in vir die verlies ondertoe. Hierdie praktyk staan natuurlik die klant aan, want dan is daar na ‘n paar keer se inkopies, ‘n nuttige ekstratjie gespaar sodat ‘n ekstra soeterige versnappering dalk ook in die negosiemandjie kan beland.
Dan moet diensverskaffers ook natuurlik betaal word. Nadat die bydrae vir Sarafina onlangs verhoog is vyfien persent, het deit by vele verskaffers tot gevolg gehad dat die mooi ronde pryse vir dienste wat Sarafina teen veerien persent ingesluit het, meteens onafgeronde bedrae word. Heel dikwels, in veelvoude van minder as tien sent. Dan skep dit die volgende dilemma: Nie alle diensverskaffers het die fasititeit om krediete oor te hou vir ‘n volgende rekening nie. Die oprondingsbedrag na die volgende tien sent, gaan dus verlore. As die afgeronde bedrag betaal word, stuur een of ander infantiele rekenaarprogram enkele dae later ‘n geoutomatiseerde epos aan die klant dat hy agterstallig is met agt sent en dat die dienste dus opgeskort mag word...
By navrae by banke, is die verskillende konsultante verdeeld. Niemand het ‘n defnitiewe antwoord nie. Diensverskaffers, wat werklik uitnemende diens lewer, word met hete kole op die hoof gelaat omdat die geoutomatiseerde rekunkundige stelsel dit laat lyk asof die dreigbriefie van die aangename mense kom wat met soveel oorgawe, werklik gewaardeerde omgeediens lewer.
Nou weer opnuut die vraag: wat is die norm, wat moet ons as klante doen. As daar iemand is wat genoeg omgee, om hierdie turksvy se pynlike dorings te help uittrek...

Woensdag 06 Maart 2019

Verganklikheid

Twee roudienste op een dag.  Een vir 'n prediker war 'n groot verskil in die Koninkryk gemaak het.  Jakes...
Die ander, vir 'n hartsvriend wat deel een van feitlik lewenslange vriende se lewe weer aanmekaargesit het na sy stukkend was.  Vandag, is sy 'n weduwee.  Tobie...
Mag elkeen wat saamtreur, vertroos word.

Vrydag 11 Januarie 2019

Uitgewersdiente

AVP is jou eenstop adres vir uitgewersdiente van formaat. 
www.avp.sukijaki.co.za

Woensdag 17 Oktober 2018

Vredesprekers

En so kruis die stowwerige se pad mos met 'n persoon wat 'n roomysmajien-opperateur is.  Te midde van 'n halstarrige masjien en klante wat die die vrug van die gees dra nie se reaksie daarop, is sy kalm,en praat mooi en bedagsaam met elke klant.  Haar naam het ek nie gevra nie, maar ek weet, haar invloed op menselewens, is groot.

Saterdag 25 Augustus 2018

Opwindende digitale en administatiewe diente reg onder jou neus

As jy nou wil sien wat is toegewyde diens, besoek gerus www.dcp.sukijaki.co.za en beloer hoe hierdie entrepeneur se dienste, jou lewe beter kan maak.

Woensdag 25 April 2018

Om met goeie mense te meng

Vandag is dit Stof se voorreg om 'n uur of twee saam met Zoltan te bestee.  Mag sy dag gevul wees met groot guns