Diere is 'n integrale deel van die meeste
mense se heelwees en daarom waardeer ek dit as mense mekaar help om
verlore diere te versoen met hul mens-familie. Menige plasings op
sosiale media getuig van hierdie soort omgee en op hierdie manier word
baie hartsgenote weer verenig.
Die tragiek is dat menige outeurs van plasings dit as negatief impliseer
as 'n diertjie wat gevind is, nie 'n mikroskyfie inplanting het nie. So
asof dit te verwagte sou wees die norm te wees.
Ek eer egter diegene wat nie aan hulle diere die onreg van 'n
mikroskyfie aandoen nie. Hulle wat hulle diertjie genoeg van 'n
familielid ag, om die waarskuwing oor hierdie merk in Openbaring, ter
harte te neem. As priester van die huis, neem elke pa of enkelouer
priesterskap oor sy of haar hele gesin. Deur dus die viervoetige lede
van die gesin met dieselfde respek te hanteer as die ander gesinslede,
dra hulle 'n kragtige getuienis uit.
Waak dus teen die druk van gewetenloses, om jou viervoetiges te minag
met 'n ingeplante mikroskyfie. Daar is BAIE ander, en werklik waardige
maniere om Flaffie en Miaau te identifiseer sonder om onheil in jou huis
in te dra.
© Stof 2018/11/25
Sondag 25 Augustus 2019
Gesag
Gesag
is die outoriteit wat God slegs van tyd tot tyd en vir 'n bepaalde
tydduur en doel aan Sy skepsels delegeer met die oog daarop om dit te
gebruik om ander te dien.
- Deur hierdie voorwaardelike gesag te misbruik asof die draer daarvan self die oppergesag is, is blatant Godslasterlik.
- Deur hierdie voorwaardelike gesag te misbruik vir eie gewin wat nie tot eer van die Koninkryk is nie, is om God se alwetendheid te onderskat, Sy intellegensie en almag benede jou eie te stel.
- Deur te probeer om daardie voorwaardelike gesag te misbruik teen die Gewer daarvan of Sy werk en Sy Koninkryk, is om self God te probeer speel, die opperste vorm van Godslaster.
- Moet nooit vergeet dat die Gewer van hierdie gesag, dit enige oomblik kan terugeis nie. As jou rentmeesterskap Hom teleurstel, mag Hy dit terugneem, en aan iemand toevertrou wat dit wel waardig is. As jy daarna meteens met hete kole op jou hoof loop, moet nie dan jou Skepper verwyt nie.
- Deur hierdie voorwaardelike gesag te misbruik asof die draer daarvan self die oppergesag is, is blatant Godslasterlik.
- Deur hierdie voorwaardelike gesag te misbruik vir eie gewin wat nie tot eer van die Koninkryk is nie, is om God se alwetendheid te onderskat, Sy intellegensie en almag benede jou eie te stel.
- Deur te probeer om daardie voorwaardelike gesag te misbruik teen die Gewer daarvan of Sy werk en Sy Koninkryk, is om self God te probeer speel, die opperste vorm van Godslaster.
- Moet nooit vergeet dat die Gewer van hierdie gesag, dit enige oomblik kan terugeis nie. As jou rentmeesterskap Hom teleurstel, mag Hy dit terugneem, en aan iemand toevertrou wat dit wel waardig is. As jy daarna meteens met hete kole op jou hoof loop, moet nie dan jou Skepper verwyt nie.
Liggaamlikheid
‘n Skrywer en en denker van formaat
plaas onlangs ‘n pos op Bakkiesboek oor die kontradiksie van sekere
supersterre wat deur hul uitrustings duidelike aandag vra, maar as
dit gegee word, kla dat hulle geteister word. Sosiale media se
skryfspasie is te min om regtig die saak mooi uitmekaar te trek.
Daar is reeds ‘n stowwerige artikel
oor die naturis op www.stof.co.za/natuur.
Alhoewel genoemde artikel en hierdie stowwerige nota raakpunte het,
regverdig dit wel ‘n aparte artikel, sodat die fokus op die
onderwerp nie verlore gaan nie.
Genoemde skrywer het ‘n persfoto van
‘n aktrise geplaas waarin sy baie trots spog met haar kurwes.
Dieselfde aktrise sou klaarblykblik iemand wat sy waardering vir haar
keuse van ‘n uitrusting, van teistering wou beskuldig. Op hierdie
pos het heelwat reaksies gevolg, na beide kante toe. Gesien vanuit
die uiteenlopendheid van die respondente, is nie een regtig heeltemal
verkeerd of heeltemal reg nie.
Hieronder dan ‘n artikel wat genoemde
saak vanuit ‘n sosiale en kultuurperspektief aanspreek. Laat elke
leser wat wil amen amen. Laat elke leser wat wil skiet, skiet...
Liggaamlikheid is die vorm waarmee die
mens op aarde geplaas is vir die tydperk wat hy beskore is om hier te
funksioneer. Hierdie liggaam is ontwerp om perfek voorsiening te
maak van elke aspek van bestaan tydens die aardse tydperk.
Uiteenlopende liggaamselemente is in plek geplaas sodat
funksionaliteit op aarde, so vlot as moontlik mag wees.
Verskillende kulture het verskillende
denkpatrone rondom die liggaam en liggaams-elemente ontwikkel. So is
‘n uiteenlopende hierargie
stelsels geskep waarin genoemde elemente geklasifiseer is
ooreenkomstig vertoningswaarde. Dienooreenkomstig het daar elemente
slagoffer geval van ‘n sies-waarde,
en is bedekking dienooreenkomstig verewig in kulturele waardes.
Nou mag die lesers reken dat die
volgende pargraaf niks met die onderwerp te doen het nie. Lees egter
aandagtig, en later in die artikel, sal hierdie agtergrond-inligting
waardevol wees ten opsigte van perspektief. Daar staan ‘n
toegedraaide geskenk op ‘n tafel. In die vertrek is ‘n laaitie
wat brand om te weet wie se geskenk dit is, en ongeäg
wie s’n dit is, in elk geval baie nuuskierig is oor die inhoud van
die pakkie. Dan maak die maatjie wie se pakkie dit eintlik is, die
pakkie oop. Vir ‘n oomblik is die trekkertjie daarbinne, die
fokuspunt van alle aandag. Na ‘n rukkie verloor die maats
belangstelling in die trekkertjie en staan dit tussen veel ander
karretjies, op ‘n rak. Sou die pakkie vir langer toe gewees het,
sou dit tot gedagtevlugte gelei het oor wat dalk daarbinne kan wees
en wat alles met die inhoud gedoen kan word. En hoe langer die
gedagtes gebind word deurdat die trekkertjie weggesteek word in die
pakkie, hoe meer verbeeldingryk raak die verbeeldingsvlugte daaroor.
Nou is daar in ‘n kultuur waar
bepaalde liggaams-elemente ‘n taboe-waarde het, enkelinge wat
genoemde elemente ten dele tentoonstel. Genoeg bedek dat die morele
waardes tegnies geproke nie geskend word nie. Maar genoeg ontbloot,
sodat nuuskierigheid en verbeeldingsvlugte oor die laaste stukkie wat
wel bedek is, aanskouers se hele aandagspan steel en hulle oor niks
anders kan dink of praat nie. Gedagtevlugte oor wat met hierdie
verborge skatte gedoen kan word as dit ook vrygelaat word, maak enige
ander gesrekvoering onmoontlik. Hoekom sou dit dan wees?
‘n Ander scenario is waar ‘n groep
mense wat gemaklik is met hulle liggaamlikheid, in hulle natuurlike
staat vakansie hou, of selfs beter, daagliks hulle lewe as sodanig
deurbring. Die totale gebrek aan liggaamsbedekking toon dat hulle
die liggaam as ‘n geheel eer en nie stigmawaardes aan bepaalde
elemente voeg nie. Die liggaamlike veroorsaak geen
nuuskierigheidwaarde nie. Dit is nie die oorsaak van wellustigheid
nie. En as ‘n paar afpaar na hulle eie privaat-ruimte, is dit daar
waar hulle vanuit hul verhouding, mekaar waardeer op hul eie unieke
wayse.
Terug na die scenario wat die skrywer
gerapporteer het. ‘n Aktrise stel haar ware ten dele uit. Trots
omdat sy met skoonheid geseën
is. Die ten dele bedekte attraksies kaap toeskouers se aandag ten
volle, want allerlei wilde gedagtevlugte oor die voorkoms en die
moontlike gebruikswaarde van die stukkie van die pakkie wat nog
toegedraai is, interreseer die toeskouer sodanig dat alle, tot nou
toe stagnate, senintjies tot aksie geroep word.
‘n Ander scenario. ‘n Reisiger in
Noord-Afrika staan verstom oor die tradisionel drag van hulle
gas-stam. Ooreenkomstig die besoeker se kultuur, is alle norme
oorboord gegooi. Tannie Emsie se bolla trek in ‘n krul en besoeker
se vrou gee hom ‘n kwaai kyk. En meteens, kom die besoeker agter
dat dit die eenheid wat hom opval, nie die welluswaarde wat genoemde
toneeltjie in sy kultuur sou dra nie. Nie eers ‘n ou senintjie
beweeg nie.
Op hierdie punt van die relaas, is dit
seker nie eers nodig om die afleiding meer uit te spel nie. Enige
item wat op sodanige wyse en mate bedek word dat dit nuuskierigheid
prikkel, sal aandag trek. Sommige aandag sal ‘n kompliment wees.
Ander sal, deur wilde fantasievlugte gedryf, tot aandag lei wat nie
waardeer word nie. Of dit ‘n trekkertjie is, of dit kurwes is, en
of dit genitalië is, is van minder belang. Kulturele kondisionering
maak dat toeskouers van uiteenlopende denkrigtings, uiteenlopende
reaksie sal toon. En, hartseer om uit te wys, is die sogenaamde
hoogheilige westerse kultuur, die een wat die grootste wangedrag
hierin toon, in die naam van beskawing.
Moenie my vertel dat Mietie nie soms,
ook maar so ‘n skelm gedagtetjie gekoester het as Genis met sy
wikkelstappie so verby haar negosiewinkel geloop het nie.
Afronding
Soveel mense se monde vertel vir die stowwerige dat hulle hom graag
wil ken. As hy egter soms kopsorge op sosiale media plaas met die
oog op uitklaring. Word daar soms heelwat regmerkies by geplaas.
Hierdie plasings is egter nie bloot retories nie. Dit is ‘n
werklike roep na inligting. Daarom dan vandag die oproep om
inligting oor die volgende onderwerp. Hoop regtig daar is na dese,
finaliteit hieroor sodat hierdie saak, nie weer vir Stof hete kole op
die hoof veroorsaak nie.
Hier volg die navraag: Sedert die banke se redusering van een sent,
twee sent en vyf sent tot verworpe weeskinders, word benadering deur
diensverskaffers en negosiewinkels toegepas sodat handeldryf steeds
moontlik is.
Sommige handelaar rond op, deur die prys van die siens of die item,
tot die naaste boonste tien sent aan te pas. Dit lyk dan dikwels of
die klant ingedoen word, omdat daar dan enkele sente meer, as die
prys wat die produk gemerk is, gevra word. Dit lei dikwels tot
isegrimmigheid onder klante.
Ander handelaar rond af, na die vorige tien sent. By implikasie,
staan hulle in vir die verlies ondertoe. Hierdie praktyk staan
natuurlik die klant aan, want dan is daar na ‘n paar keer se
inkopies, ‘n nuttige ekstratjie gespaar sodat ‘n ekstra soeterige
versnappering dalk ook in die negosiemandjie kan beland.
Dan moet diensverskaffers ook natuurlik betaal word. Nadat die
bydrae vir Sarafina onlangs verhoog is vyfien persent, het deit by
vele verskaffers tot gevolg gehad dat die mooi ronde pryse vir
dienste wat Sarafina teen veerien persent ingesluit het, meteens
onafgeronde bedrae word. Heel dikwels, in veelvoude van minder as
tien sent. Dan skep dit die volgende dilemma: Nie alle
diensverskaffers het die fasititeit om krediete oor te hou vir ‘n
volgende rekening nie. Die oprondingsbedrag na die volgende tien
sent, gaan dus verlore. As die afgeronde bedrag betaal word, stuur
een of ander infantiele rekenaarprogram enkele dae later ‘n
geoutomatiseerde epos aan die klant dat hy agterstallig is met agt
sent en dat die dienste dus opgeskort mag word...
By navrae by banke, is die verskillende konsultante verdeeld.
Niemand het ‘n defnitiewe antwoord nie. Diensverskaffers, wat
werklik uitnemende diens lewer, word met hete kole op die hoof gelaat
omdat die geoutomatiseerde rekunkundige stelsel dit laat lyk asof die
dreigbriefie van die aangename mense kom wat met soveel oorgawe,
werklik gewaardeerde omgeediens lewer.
Nou weer opnuut die vraag: wat is die norm, wat moet ons as klante
doen. As daar iemand is wat genoeg omgee, om hierdie turksvy se
pynlike dorings te help uittrek...
Woensdag 06 Maart 2019
Verganklikheid
Twee roudienste op een dag. Een vir 'n prediker war 'n groot verskil in die Koninkryk gemaak het. Jakes...
Die ander, vir 'n hartsvriend wat deel een van feitlik lewenslange vriende se lewe weer aanmekaargesit het na sy stukkend was. Vandag, is sy 'n weduwee. Tobie...
Mag elkeen wat saamtreur, vertroos word.
Die ander, vir 'n hartsvriend wat deel een van feitlik lewenslange vriende se lewe weer aanmekaargesit het na sy stukkend was. Vandag, is sy 'n weduwee. Tobie...
Mag elkeen wat saamtreur, vertroos word.
Vrydag 11 Januarie 2019
Woensdag 17 Oktober 2018
Vredesprekers
En so kruis die stowwerige se pad mos met 'n persoon wat 'n roomysmajien-opperateur is. Te midde van 'n halstarrige masjien en klante wat die die vrug van die gees dra nie se reaksie daarop, is sy kalm,en praat mooi en bedagsaam met elke klant. Haar naam het ek nie gevra nie, maar ek weet, haar invloed op menselewens, is groot.
Teken in op:
Plasings (Atom)