So sit Lepinotus
Patruelis en sy neef Liposcelis Divinatorius mos anner dag in die
koelte van die die Tribulis Terrestris en wonder hoekom Homo
Sappiens hom dikwels soos Suidai Domesticus gedra. Dis ook net toe dat
Papio Ursinus daar verystap en en ons ons wil skeur van die lag. Die
ooreenkomste met 'n jong nuusmaker wat sy lyf wil leier hou, is skielik
so duidelik soos daglig. Hierdie blote gedagte het amper Papio se hele
selfbeeld vernietig... Lepi en Lipo moes maar vir Papio om verskoning
vra dat hulle hom met Sappiens vergelyk het.
2014/01/09
Saterdag 14 September 2019
Vrydag 13 September 2019
Kletskamer
Daar is soveel uiteenlopende sentimente oor die stowwerige sowel as die werk wat hy doen, saam met wie hy dit doen en waar hy dit doen. Hierdie plasing is gemaak om aan enige persoon wat 'n inset wil lewer, die geleentheid daartoe te bied, ongeäg die trant daarvan. Gesprekvoering tussen gespreksgenote word ook aangemoedig.
Gebruik dus hierdie geleentheid, om daardie gedagtes oor die stowwerige en die stof rondom hom, wat jy nog altyd wou deel maar nie geweet het waar nie, deeglik. Nou is jou kans.

Woensdag 11 September 2019
Engele
Engele het vlerke,
of het hulle?
Engele is wit,
of is hulle?
Engele help net heiliges,
dra net die herders.
Engele is onsigbaar,
en soms sommer net 'n mite.
Toe smeek ek Hom,
om vir my 'n engel te stuur.
Hy het gehoor,
en 'n leërskare gestuur.
Engele in mensmondering,
elkeen met 'n enkele taak,
het gekom om my laste te neem,
en weer die lewe sin te gegee.
Wees jy Sy engel as Hy jou roep.
Hoor Sy stem as Hy jou talente vra,
sodat jy 'n mede-engel,
kan help dra aan sy vrag.
© Stof
of het hulle?
Engele is wit,
of is hulle?
Engele help net heiliges,
dra net die herders.
Engele is onsigbaar,
en soms sommer net 'n mite.
Toe smeek ek Hom,
om vir my 'n engel te stuur.
Hy het gehoor,
en 'n leërskare gestuur.
Engele in mensmondering,
elkeen met 'n enkele taak,
het gekom om my laste te neem,
en weer die lewe sin te gegee.
Wees jy Sy engel as Hy jou roep.
Hoor Sy stem as Hy jou talente vra,
sodat jy 'n mede-engel,
kan help dra aan sy vrag.
© Stof
Gerrit
Die werk van 'n herder is om daar te wees as
een van sy gelykgeskape medeskepsels in nood verkeer. Om saam met
hierdie boetie of sussie voor Pa te kniel en wysheid te soek. Deel
daarvan, is die voorreg om so dikwels ook die wonderbaarlike uitkomste
van hierdie saamstem, te sien en te beleef.
Om te dien, eis dikwels ook sy tol. Daarom het elke herder, ook diegene om hom of haar nodig wat die herder deurdra.
Een van diegene is Gerrit. Iemand wat al 'n lang pad saam met Stof stap. Iemand wat deur die Universiteit van die lewe, ook getemper, geleer en voorberei is om 'n ware medemens vir 'n ander te wees. Soms fluister ons Vader in dié wat geroep is om 'n verskil in ander se lewe te maak, om 'n boetie wat moeg is, te nooi vir 'n wegbreek.
So beland Stof mos een middag op hierdie manier, op Gerrit se hoewe vir 'n braaivleis. In gehoorsaamheid aan Pa se fluistering in sy oor dat Stof flenters is, het hy hierdie uitnodiging gerig. Saam, voor 'n afgetrede velling, gevul met kole wat 'n paar stukke wors keurig skroei tot 'n aangename vooruitsig, begin 'n moë gees ontspan. Teen die tyd dat die wors en die heerlike verrassings wat daarmee saam gekom het, genuttig is, loop die gesprek lang draaie deur die lewe. Daar word saam gelag, gehuil, gebid, en getuig oor al die mooi dinge wat Pa oor ons lewens bring.Skemer het te gou gekom. Huiswaarts keer was egter maklik. 'n Ligte hart en hernude krag, het hierdie keer saamgery.
Dankie aan Gerrit, en al die ander engele wat soos hy sensitief is vir Pa se influistering, dat hulle dié is wat so dikwels, die wêreld nog bymekaarhou. Mag elkeen van hulle, 'n groot seën ontvang. Groter selfs, as die seën wat hulle is vir ander.
Mag elke leser hierdeur gestem word tot sensitiwiteit vir Pa se stem. Dalk is jy net, die volgende engel wat geroep is om 'n verskil te gaan maak in iemand se lewe. So word elke leser ook toegewens, engele in sy of haar lewe, wat soos Gerrit, ook hulle lewens wil verryk tot die vervulling wat dit veronderstel is om te wees.

| © Stof 2011/05/28 |
|---|
Sondag 08 September 2019
NGV
Die oorgroote meerderheid van mediadekking oor die voorgenome gesondheidsversekeringsplan, word gekenmerk deur negatiwiteit. Selfaangestelde sameswerings-praktisyns gebruik subtiele, sowel minder subtiele maniere om enige entiteit wat staatsgebonde is, as van swak integriteit voor te stel. Selfs waar die oppervlakteks in mediadekking neutraal voorkom, is die subteks egter uitlokkend tot kritiek. Menige respondente val pens en pootjies in hierdie slaggat en kommentaar wemel gevolglik van swartgalligheid en vooroordeel. Die personeel wat staatsinstellings bedryf, ook mediese dienste, word by verstek as onbevoeg geïmpliseer. Op hierdie voete van klei-vooroordeel as fondament, word dan wankelende toringblokke se doodspraak gepleeg...
My vermaning aan respondente is dat hulle nie toelaat dat die sneeubal suurbraak van vele, hulle ook insluk nie. Dit kan jou dalk net, met vele hete kole op die hoof laat.
En voordat jy nou weer oorhaastig hierdie vermaning minag en vra wie hierdie outeur dink hy is om 'n mening oor die saak te mag hê, net die nota: Hierdie outeur, is een van die, na jou mening idiote, wat met trots al vir jare lank in staatshospitale dien.
Wel te ruste, as jy hierna kan...

Sondag 25 Augustus 2019
Woordmoord
Vra iemand of hy of sy ‘n moordenaar is. Jy
kan seker raai dat die antwoord, sonder huiwering, in die meeste
gevalle negatief sal wees. Dalk selfs ‘n stukkie ontsteltenis dat die
vraag gevra is.
Minute later blêr die aapkas se nuusbuletin. En meteens, is die vreedsame pasivis vol kommentaar oor sy dom medemens oor wie berig word, oor die onnosel sot wat al weer iets in ‘n toespraak gesê het. Hulle het hulle monde vol van span XYZ se afrigter wat ‘n moroon is en die die minister van finansies wat met ‘n vierkantige kartonhouer vergelyk word. Die simpel nuusleser se kleresmaak word beskryf as sletterig en die vervelige weerleser dra al weer dieselfde pak as gisteraand. En dan is hy nog 'n gefortifiseerde leuenaar ook, want die beloofde reën wat hy gister belowe het, het nie gekom nie.
Vra dan weer die vraag oor die moordenaar, aan die woordmoordenaar. En hierdie keer is die antwoord sommer agressief. “Ek is nie ‘n &0@@*! moordenaar nie. En die moordspraak hou konstant vloei soos wat die spreker die vraer verduidelik hoe afwykend en dom hy is om sulke uitwerpsel te glo…
Dae later bied die spreker die vraer ‘n geleentheid aan. Soos wat hulle ry, word elke ander bestuurder op die pad se vermoëns bevraagteken. En die ingenieur wat bepaal het dat die verkeerslig ‘n langer rooi fase het, word met gesag veroordeel as ‘n anus. Later jaag spreker verby ‘n medemens se voertuig op ‘n sperstreep, en verduidelik in geen onduidelike taal dat die keuse om hierdie streep hier te verf, getuig van die stadsraad se onvermoëom te kan dink.
Dan vra die vraer: Sal jy asseblief gou stop. Spreker skud sy kop oor die onnosel voorstel, maar doen dit tog. Vraer klim uit, bedank spreker vir die rit, en verduidelik dat hy verder in vrede sal stap. Sy vraag of die vraer deur die weerlig geklits is, skel hard. As hy daarna wegtrek, skep hy ‘n ekonomiese geleentheid vir die buitebandbedryf…
Ons Vader seën ons dikwels met lewensmiddele en toerusting. Hy leer ons op unieke manier om dit te waardeer deurdat ons soms bietjie aandag daaraan moet bestee. So gebeur dit soms dat van hierdie toerusting 'n foutjie ontwikkel en vir 'n paar dae buite aksie is, of uit diens is vir instandhouding. Die rentmeester, wat weet waarop Vader hom geseën het met hierdie gawes, verstaan dit en aanvaar die Gewer daarvan, skedule vir die instandhouding en herstel daarvan.
In die agterdeur van die ander huis op die werf, staan 'n werfgenoot. Sy woorde dolk soos wat daar dood gespreek word. "Hierdie stuk gemors sal tog nooit weer loop nie" Of: "Al sy rygoed is alweer stukkend." "Verkoop die flenter ding en kry iets anders"... So hou die vloed van vooroordeel oor die gawes wat Vader my gegee het, selde op.
Van die gemeentelede ervaar pyn. Hulle het vir 'n tydjie, bietjie meer aandag en sorg nodig. En in dankbaarheid dat Pa my vertrou met hierdie taak, word die nodige gedoen. Kritici frons, skel 'n oordeel. "Hy sal nooit iets bereik nie". "Alles wat hy kry gee hy vir mense wat te sleg is om na hulself om te sien". "Hy gaan nog vreeslike siektes optel as hy so baie by daardie swak klas mens deurbring". En vele ander, dikwels onherhaalbare dinge, waarmee die medemens wat geseën is met 'n tydjie van nederigheid, se menswaardigheid op meerderwaardige wyse getrap word, tot in die modder. En saam met hulle, die gestuurde wat 'n verskil moet gaan maak...
'n Persoon is siek. Die doodspreker basuin dit uit: "Hy sal seker maar sterf." Laat ons saamstem voor Pa vir genesing, is een versoek. Kom die doodspraak "Jy kan maar vir hom bid, maar jy mors jou tyd, nou is die tyd vir die werklikheid." En hulle spring in hulle vuurwa oppad kiswinkel toe. So sê die hoogs gerespekteerde lid van die gemeenskap wie se naam in vetdruk, op ‘n formele kerk se boeke geskrywe staan. Dan is die gedagte onafwendbaar: Is daar net, dalkies net, ‘n paar inhoudelike verskille tussen die kerkregister en die Boek van die Lewe?
Twee mense stap verby. ‘n Toeskouer kyk na die uiterlike voorkoms, en klas dadelik ‘n medemens as minderwaardig, van laer stand, sonder om te weet, wat binne in daardie gees is, daarbinne leef. En neus in die lug, word verbygestap. Op hierdie wrede manier, word menslike meerderwaardigheid dikwels die norm vir ‘n vooroordeel teenoor ‘n gelykgeskape medemens.
Doodspraak: ‘n Keuse wat die meerderheid van die sogenaamde beskaafde gemeenskap kies. 'n Gewoonte wat so diep ingewortel is dat selfs Woordbeginsels verwerp word ten gunste daarvan. 'n Ingewortelde deel van 'n kultuur wat roem dat die aanbidding van die lewende God vir hulle, hoë preoriteit is...
Die sekulêre nuusmedia. Die norm van alles wat waar is? Die voorskrif wat gesaghebbend bepaal of dit goed, of sleg gaan in die wêreld. Die entiteit, wat deur selektiewe beriggewing, 'n hele gemeenskap se emosie kan manipuleer. Die media, ‘n norm wat selfs deur baie van dié wat bely dat Christus hulle hoop en verlossing is, gebruik word om te besluit op watter sake die Evangelie van toepassing is, en watter sake eerder met menslike denke hanteer moet word. So word die wat die geheelbeeld sien, hulle wat nie deur die sekulêre media geflous word nie, ten sterkste veroordeel deur die slawe van die doodsprekende publieke propagandiste.
Dan hoor jy die edele gsprek. Ja, dit is goed en mooi en reg om naastediens te verrig. Dit is goed om kerk toe te gaan. Dit is goed om te bid. Dis goed om iets vir 'n ander te gee, as jy het. En dan daardie alleskanselerende woordjie, maar...
Maar eers as jy na jou eie omgesien het. Maar eers as die realiteit (vergleke met die Evangelie?) in ag geneem is. Maar eers as jy seker gemaak het dit is nie 'n klad op jou sosiale staus is om met daardie soort te meng nie, Maar, maar maar. Maar, is 'n woordjie wat in vier letters alles kanseleer wat dit voorafgegaan het. Dit is opvallend dat die meeste kragwoorde ook vier letters het. Maar, is die paspoort wat die mens gebruik om homself die reg toe te eien om sy eie ego, dikwels sy eie negatiwiteit te voed, nadat dit al die positiewe wat dit voorafgegaan het, wreed gewis het binne 'n oomblik. Maar, is die woordjie waarmee menige Woordbedienings verwerp word die oomblik as die luisteraar die aanbiddingsplek verlaat. Met 'n "Dit was 'n mooi diens, maar die pastoor weet nie wat die omstandigdhede by my werk is nie..." "Dis waar wat hy sê, maar hy ken nie my skoonma nie...". Menige ander voorbeelde kan binne enkele minute in alledaagse gesprekke, gehoor word.
Die woordjie, maar, die dolksteek, wat wat dikwels, daardie woordjie is wat doodspraak voorafgaan.
Doodspraak geskied ook dikwels vanuit 'n menslike magsposisie. 'n Sekere pos, 'n posisie in 'n komitee, of 'n tradisionel posisie in die familie. So word gesag deur die persoon as persoonlike bate geneem. Dit word gebruik om sy eie beeld te verbeter. Om selfs op ander te mag trap, in die proses van sy eie opgang.
Gesag, overgestsynde outoriteit, was nog nooit en sal ook nooit in die mens gesetel wees nie. Alle vorme van gesag word deur die Skepper self, aan sy skepsels gedelegeer slegs vir 'n bepaalde tyd of doel, sodat dit gebruik kan word om ander te dien. Daardie gesag is nooit 'n permanente eienskap van die draer daarvan nie. Dit gee nie daardie individu die reg om homself of haarself as 'n gelykgeskapene se meerdere te stel nie. Dit gee veral nie aan sodanige individu die reg om doodspraak oor ander mense en sake te spreek nie. Die oomblik as gepoog word om hierdie bloot gedeleerde gesag teen die Gewer daarvan te gebruik, word dit Godslasterlik. Die oomblik as die vertroue wat jou Skepper in jou gestel het deur jou met 'n bietjie gesag te vertrou, deur jou vertrap word om eiegeregtige redes, het Hy die outoriteit om dit binne oomblikke, op 'n manier wat dalk juis vernederend sal wees, terug te neem. Gesag: 'n gedelegeerde gawe, wat nooit teen die Gewer, Sy werk, of enige van jou medeskepsels gebruik mag word nie. 'n Gawe wat nooit as veskoning vir doodspraak, gebruik mag word nie. Jy wil tog nie Pa se hart so vertrap nie.
Menslike denke en intelegensie is ‘n direkte gawe vanuit die hand van Vader self. Iets wat nie self bereik kan word nie. Vader self is die een wat sy skepsels met verskillende talente toerus en besluit wie sal , met 'n goeie rede, oor bepaalde eienskappe beskik, aldan nie. Om die feit dat jyself bepaalde talente en vroemoëns as geskenk van Hom ontvang het, moet jou juis dankbaar maak. Dit is nie jou lisensie om díe wat nie daardie gawes ontvang het, as onnosel, as minderwaardig uit te jou nie. Vader sou kon kies, om jou dalk te kon plaas in hulle situasie. Maar Hy het nie. Die mens het egter besluit, 'n gawe of talent is iets wat homself die mag gee om ander te mag ertrap, te mag minag, met woorde te mag uitmoor. Hierdie gawes word daagliks deur die ontvangers daarvan gebruik én misbruik om self te besluit wanneer dit geleë is om die Gewer daarvan, te eer, aldan nie. Maar alte dikwels, word hierdie selfde gawe gebruik om téén Hom as Gewer daarvan, planne te snoer. Soos met gesag, is hierdie gawes ook in Sy hand. Hy mag en kan, enige oomblik besluit om die dinge waarop 'n individu so roem, binne 'n oomblik te kanselleer. En dan, word die doodspreker, dalk op sy beurt die slagoffer van doodspraak.
Die keuse om lewe te spreek is jou eie. Die Woord getuig self dat die gesproke woord krag dra. Dat die gawe om te kan praat, reeds 'n verantwoordelikheid is wat met groot rentmeesterskap hanteer moet word. Spraak is 'n gawe wat as moordwapen op die verkeerde tong kan dien. Spraak is die wapen wat 'n gelykgeskape medemens, binne oomblikke kan laat afsterf. Spraak, is die gawe wat genesend kan wees, nie net vir jouself nie, maar ook vir ander. Spraak, gee jou wat kan praat, die keuse om te moor of te dien.
Kies vandag die positiewe. Kies om die mooi, die goeie in die wêreld te sien, en dit uit te lig. Kies om jou medemens tot seën te wees, en nie tot vloek nie. Kies lewe bo dood. Kies om daardie spiertjie wat jy tong noem, te gebruik om die wêreld 'n beter plek te maak. Kies om daardie spiertjiem te gebruik om te getuig oor die groot dinge Vader in jou lewe gedoen het. Gebruik dit om Hom te loof, nie te belaster nie.
Doodspraak en woordmoord, of genesing en lewe vir jouself, dié om jou en die wêreld vir solank dit Pa nog behaag om dit te laat voortbestaan? Wat is jou keuse?

| © Stof 2011/12/04 |
|---|
Mikroskyfies
Diere is 'n integrale deel van die meeste
mense se heelwees en daarom waardeer ek dit as mense mekaar help om
verlore diere te versoen met hul mens-familie. Menige plasings op
sosiale media getuig van hierdie soort omgee en op hierdie manier word
baie hartsgenote weer verenig.
Die tragiek is dat menige outeurs van plasings dit as negatief impliseer as 'n diertjie wat gevind is, nie 'n mikroskyfie inplanting het nie. So asof dit te verwagte sou wees die norm te wees.
Ek eer egter diegene wat nie aan hulle diere die onreg van 'n mikroskyfie aandoen nie. Hulle wat hulle diertjie genoeg van 'n familielid ag, om die waarskuwing oor hierdie merk in Openbaring, ter harte te neem. As priester van die huis, neem elke pa of enkelouer priesterskap oor sy of haar hele gesin. Deur dus die viervoetige lede van die gesin met dieselfde respek te hanteer as die ander gesinslede, dra hulle 'n kragtige getuienis uit.
Waak dus teen die druk van gewetenloses, om jou viervoetiges te minag met 'n ingeplante mikroskyfie. Daar is BAIE ander, en werklik waardige maniere om Flaffie en Miaau te identifiseer sonder om onheil in jou huis in te dra.
© Stof 2018/11/25

Teken in op:
Plasings (Atom)