Ope brief aan Broer Cyril Ramaphosa op 2020/04/25
Liewe Broer Cyril
Eerstens moet ek jou komplimenteer vir die waardige wyse hoe jy die edel-titel, broer, verwerf het.
Jy het by meer as een geleentheid, of self voorgegaan in gebed, of vergaderingslede aangemoedig om te verootmoedig voor Abba Yahwe, of selfs in toesprake, erkenning aan Vader gegee en jou luisteraars aangemoedig om te kniel voor Hom, sodat Hy Sy hand van uitkoms kan oopmaak. Dít, is die rede waarom ek jou die eretitel, broer, gee.
Ek wil jou dus aanmoedig om meer gereeld, ons as jou volk, aan te moedig tot opregte veroormoediging voor ons almagtige Skeppergod.
Na aanleiding van jou openbare belydenis, neem ek dus my taak op om as broer, om met 'n broer te gesels oor die manier waarop jy soms selektief aangehaal word in die media. Dit is hierdie selektiewe beriggewing wat maak dat heelwat luisteraars soms begin twyfel oor die opregtheid van jou belydenisse, soos hierbo bespreek. En dan, is daar selfs enkeles, wat hulle broer-eretitel vir jou, begin terugtrek. Met hartseer, want ek glo opreg dat jy dit waardig is.
Terwyl ons weet dat jy die hoogste Gesag as gesag erken, en nie soos ampsgenote in ander gebiede, vanuit jou pos, groter as jou Skepper probeer wees nie. weet ek dat jy in jou hart, met hierdie boertjie-boetie sal saamstem as hy dus 'n paar sorge met jou deel.
Jou toespraakskrywers sowel as media redakteurs, misbruik jou posisie alte dikwels om deur inhoudelike seleksie, jou openbare kommunikasie subtiel te draai na 'n boodskap, wat sou wou meëdeel dat jou uitsprake en getuienisse rakende jou verhouding met Vader Yahwe, nie so opreg sou wees, soos wat jy dit bedoel nie. Sommige selfs, wat sou beweer dat jy Hom nie eintlik ag nie. Persepsies, wat ek natuurlik nie glo, of sou kies om te glo nie.
Jy het kollegas wat besluite neem of uitsprake maak. Dan, of jy daarmee saamstem aldan nie, word hierdie persepsies vervat in toesprake en mediaverklarings wat namens jou, aangebied word asof dit jou eie mening sou wees. Dit, veroorsaak ongelukkig dat jou kritici vermenigvuldig omdat hulle adviseurs se menings, as jou eie ervaar. Bloot omdat hulle uit onkunde, nie die verskil tussen die besluitnemers, toespraakskrywers en die spreker erken of verstaan nie, begin hulle die spreker se integriteit in twyfel trek.
Daarom deel ek met graagte, oor dit wat in die harte leef van pasiënte met wie ek konsulteer met jou, en vertrou dat jy die versugtinge van mede- broers en susters hierin sal sien. Met die hoop, dat jy en jou besluitnemende en promosie-kollegas, hierdie kopsorge oor 'n koppietjie koffie sal bespreek.
Soos vantevore genoem, word jy geëer vir jou openbare geloofsbelydenis by vele geleenthede. Dít alleen, het vir jou 'n groot groei in gewildheid veroorsaak. Dan gebeur dit, dat media-verklarings vanuit jou kantoor, of openbare toesprake, enkele dae later geloof reduseer tot 'n risiko, en nie verhef tot die antwoord nie. Hierdie einste geloof en wete, wat ek en jy ononderhandelbaar weet, die enigste ware antwoord is. Van jou nuwe lojale ondersteuners se harte word dan gebreek omdat hulle sou voel, dat jy hulle teleurgestel het.
Hoekom sou dit wees? Jy weet, en ek weet, dat Vader net 'n woord hoef te spreek, en Sy woord, sal enige uitdaging, hoe groot of klein dit ookal mag lyk, in die niet sal laat verdwyn. Meteens, kry die jou ondersteuners hoop, want jy weet waar jou krag lê, en bely dit ook openlik. Maar, in kontradiksie met die belydenis, kom kort daarna uitsprake dat aanbiddings-samekomste, riskant is, ontmoedig word. Bloot net omdat enkele wat kom saambid het, na bewering die gewraakte kroonprins-goggatjie ontmoet het by slegs enkele geleenthede... Die persepsie word dan verder geskep dat die menslike persepsie van die krag van intersessie en verootmoediging, meteens as groter voorgestel word, as wat Vader se onbeskryflik groot almag is. So word intersessors weerhou daarvan, om onder die beskerming van die bloed van Jesus, saam te kom, en die hoogste gesag aanroep, vir Sy woord van guns en genesing. En meteens, word Hy wat in jou persoonlike belydenis, erken word as die Almagtige, deur jou amptelike uitsprake, as Skepper, gereduseer tot minder, tot onderworpe, aan ons as blote skepsels. En dan glo ek, jubel die engele nie soos wanneer jy jou onbeskaamde getuienis lewer nie, maar pink hulle meer as net een traan...
Wetende wat jou getuienis is, hoef ek jou dus nie te oortuig van Vader se almag en wonderwerkende oppermag nie. Ongelukkig is daar van jou ander aanhang wat taan, weens die kontradiksie in jou getuienis, en jou amptelike uitsprake. Is dit dus nie hoogtyd, dat jyself die volk oproep tot WARE verootmoediging, belydenis, smeking en genesing voor Vader nie? Dat jou openbare mededelings nie bloot net depresiewe sekuêre uitsprake bevat nie, maar eerder 'n boodskap van hoop, soos wat net 'n ware leier, wat Sy afhanklikheid van die hoogste Gesag openlik erken, met gesag kan doen.
Oorweeg dit dus ernstig, en voeg die aksie daarby. My liewe broer, jy, en ons as jou volk, sal verstom staan oor Vader se almag en wonderwerkende uitkomste, as ons Hom en Sy Woord en beloftes ernstig opneem.
2 Kronieke 7:13 As Ek die hemel toesluit, dat daar geen reën is nie, of as Ek die sprinkaan beveel om die land af te eet, of as Ek pes onder my volk stuur,
2 Kronieke 7:14 en my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ék uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.
2 Ditirafalo 7:13 : Fa ke tswala legodimo, mme go se na pula, gongwe fa ke laela tsie go ja lefatshe, gongwe fa ke romela leroborobo mo morafeng wa me,
2 Ditirafalo 7:14: mme morafe wa me o o bidiwang ka fa leineng la me o ikokobetsa, ba rapela, ba batla sefatlhego sa me, ba boa mo ditseleng tsa bone tse di bosula, foo ke tla utlwa ke le kwa legodimong, ke itshwarela boleo jwa bone, ke alafa lefatshe la bone.
2 Kronieke 12:7: En toe die HERE sien dat hulle hul verootmoedig, kom die woord van die HERE tot Semája en sê: Hulle het hul verootmoedig: Ek sal hulle nie vernietig nie, maar hulle binnekort uitkoms skenk, en my grimmigheid sal nie deur middel van Sisak oor Jerusalem uitgestort word nie.
2 Ditirafalo 12:7: E rile Morena a ba bona ba ikokobeditse, lefoko la Morena la tla kwa go Semaya la re: “E re ka ba ikokobeditse, ga ke ne ke ba senya, mme ke tla ba naya bobotlana jwa pholoso gore bogale jwa me bo se tshologele Jerusalema ka Sisake.
Seënwense, jou waarderende Boertjie-broer
Dr Stof Stof
Geestes- en Trauma-terapeut
Sondag 26 April 2020
Vrydag 17 April 2020
Kroonprins Gogga se nalatenskap.
En so val die media toe pens en pootjies vir gerugte wat bedoel was om paniek te saai. En die politici klap handjies, krap die media se hare deurmekaar soos 'n tevrede ma met haar laaitjie sou doen, en sê, "mooi so, Jannie!".
So word die media instrumenteel in die bevordering van 'n veel groter dilemma, as wat die paniekowerhede se kroonprins-goggatjie ooit sou kon veroorsaak. En ek glo, die goggatjie bloos bloedrooi, omdat sy laaste bietjie integriteit ten gronde gaan weens disinformasie...
Die draadloos blêr doodspraak. Selfs die goeienuus stasies spreek doodspraak wat hulle goeie nuus, in die skadu stel. So vervang ek selfs my draadloos se batterye met Eveready, want dan sal hy hom dalk beter gedra. Daardie Feng-Pong Supa Power batterye saai net te veel paniek. Maar steeds, teleurstelling. Eveready het in dieselfde slaggat getrap en draadloos blêr steeds net paniekberigte, uur vir uur...
En so, blêr die media oomblik vir oomblik, paniekberigte uit. Luisteraars hoor dit, glo dit voor die voet. So trap hulle verder in die vernietigende strik van selfdestruksie. En lucifer glimlag. Hy en sy goggatjie-genote, kry dit reg om sonder skoot of slag, selfs wedergeborenes se vreugde te steel.
So slaan ons die geboorte van 'n nuwe paniek-nasie gade. Word selfs ewe trots, deel daarvan. Dra sommer ook die nuwe staatslogo ewe trots oor ons gesigte, waar almal dit kan sien.
Maar in ons spreekkamers, fisies en digitaal, begin 'n nuwe kommerwekkende vloed. Waar depressie en selfmoordneigings vroëer 'n klein deel van konsultasie was, stroom dit nou deur die dak soos asof die kantoor, 'n makuku in Gamorro nedersetting tydens 'n storm is. En naasbestaandes van suksesvolle selfmoordgevalle, sit in sak en as met geboë hoofde, en vra, waarom? Dáárdie een nagmerrie-vraag, waaroor geen terapeut, ooit opgewonde raak nie
Deel gerus in 'n paar syfers: Op dié tydstip toe 'n bepaalde streek, ewe paniekerig aangekondig het dat hulle al sewe sterftes, wat na bewering deur die kroonprins-goggatjie veroorsaak is, aangeteken het, is die publiek-onaangetekende statistiek vir selfmoordpogings in slegs een organisasie se konsultasiekamers, reeds amper veertig. Met, slegs dit wat ons van weet, reeds nege suksesvolle pogings wat direk aan gogga-verwante depressie en paniek gekoppel kan word. En die naasbestaanbestaandes word eksponensiël meer... Dan is daar nog ander selfmoordkandidate en suksesvolle pogings, wat nie direk aan Prins Gogga gekoppel kan word nie, maar wat meteens 'n kommerwekkende styging toon, wat maar net die denkende mens, kan laat wonder.
Die brawe boetas onder ons spog ewe trots dat hulle sterk is en nie depresief kan raak nie. Maar vanaand wanneer Rambo sy deur toetrek, sak sy kop en sug (of vloek) hy en sukkel om aan die slaap te raak, en skenk só, geboorte aan diep, donker gedagtes. En 'n paar dae later, treur nóg 'n familie.
Hoe gebeur dit?
Elke mens, sonder uitsondering, het diepliggende smagting na waarde. Ons is geskep as denkende mense. Intelek, as positiewe entiteit, kom egter saam met die vermoë om te analiseer. Hetsy bewustelik, of onbewustelik. Die analise masjien in menige breine is egter weens verskeie kulturele en sosiale oorsake, dikwels negatief geprogrammeer. Die mensdom het weens 'n kritiese gemeenskap en die sogenaamde helende van "kritiese denke", die vermoë om in ander gebiede steeds positief te funksioneer, verloor. En dan woel daar 'n konglomoraat duistere denke, wat dikwels die laaste hoop plattrap met 'n gewetenlose paniek-stewel.
Verder, het die mens die vermoë én behoefte om, synde 'n inteligente wese, sy besluitneming self te neem. Om hierdie gawe te benut, en so orde in die eie lewe en geliefdes se lewe te skep en te koester, skep eiewaarde. Meteens kom 'n besluit wat die indruk skep dat die eie inteligensie substandaard is. Die ervaring dat enkele besluitnemers, wat die individu se inteligensie ontken, nou namens die "denkelose", besluite sou neem. Hierdie ervaring is een van die groter oorsake van depressie. Selfs by Rambo en Doringdraad Dottie, oor wie ons in 'n vorige paragraaf gesels het, tref hierdie hou hard. So ontstaan 'n depressie. Hierdie depressie word verder gevoed deur 'n paniek-behepte media, en die depressie, word steeds al hoe donkerder.
Omdat die westerse kultuur tot 'n groot mate op kapitalistiese denke gebasseer is, word die beperking van inteligente denke, aangevuur deur die beperking op ekonomiese aktiwiteite, die impuls wat tot vrees vir die onvermoë om lewensmiddele te bekom. Die verdere vrees vir die verlies van besittings weens 'n fiskale tekort, is vir baie vreesaanjaend. Die onvermoë om iets positief te kan doen om hierdie denk-dilemmas te hanteer, lei tot 'n gevoel van magteloosheid. Die vrees om in 'n gemeenskap waar die voorsieningsrol van 'n pa voorop staan, nie meer te kan voorsien nie, of waar 'n ouer alleen een of meer kinders moet onderhou, skep 'n illusie van nutteloosheid, en nooi dan vir depressie in. Die gevolglike destruktiewe invloed op die gees en psige, is voor die hand liggend.
Daar is 'n segment van die bevolking wat wat baie fokus op hulle liggame en fiksheid. Om in voorkoms vleiend te wees, vir watter rede ookal, is preoriteit, soms selfs obsessie. Beweging is 'n kern-element in die verkryging en behoud van hierdie liggaamsvorm. Liggaamlike fiksheid is vir veral mense wat hande-arbeid verrig, preoriteit. Die proffesionele sportlui, maak weer staat op hulle fiksheid en skerpheid, wat slegs deur oefening verkry en behou word, om hulle gemoedskalmte te voed dat hulle liggaamstoestand en gevolglike fiskale waarborg, veilig is. Nou word hierdie beweging beperk. Die obsessie om ten alle koste in 'n prima liggaamlike staat te wees, is skielik nie meer uitvoerbaar nie. Vrese oor fisiese degenerasie, die taan van die fiksheidsvlak en die vrees dat hulle na hierdie episode, nie meer die span sal haal nie, of dalk ernstige sportbeserings mag opdoen, voed onbewustelik magteloosheid, depressie, en die gevolglike destruksie. En so, kom Rambo se gees ook tot 'n val.
'n Groot deel van ons bevolking is opvoeders. Hulle met die edel roeping om ons kroos toe te rus met kennis sodat hulle 'n toekoms kan hê. Gestuurdes wat daagliks in kontak is met hulle, vir wie hulle geroep is om te begelei na 'n beter lewe. En meteens, word hulle gestroop van hierdie lewegewende kontak. Geen digitale kontak, kan opmaak vir die interaktiewe van spraak, lyftaal, gesigs-emosie en die aanblik van vreugde, as die leerling iets begryp nie. 'n Geroepene, afgesny van hulle, teenoor wie hulle geroep is. Die gevolglike gevoel van nutteloosheid en depressie, skep 'n gees van destruksie, wat reeds in een maand, twee opvoeders geëis het.
Die geestelike versorging van mense ly erge skade. Werklik stukkende en soekende geeste word geïsoleer van hulle geloofsgemeenskap. Dit skep geloofskrissise. Dit maak dat die hoop wat vele jong wedergeborenes het, in hul gees taan, want hulle is nog op melkkos en het begeleiding broodnodig. En as hoop taan, slaan die swart hond sy tande in, en eis geeste, eis lewens.
Kreatiewe mense is sensitief. Met rede. As hulle nie sensitief was nie, sou hulle nie hulle gehoor se kreatiewe behoeftes so mooi kon kon lees, en met die uitoefening van hulle talente, 'n produk daar kon stel wat esteties vleiend is nie. Daardie samesyn in die teater of om die vuurhert, kan nooit geëwenaar word deur digitale afstand-konserte nie. En as sensitiewe gees, tree depressie en destruksie soveel makliker in.
Vele meer scenaria kan geskets word. Hierdie enkele voorbeelde uit die praktyk self, behoort reeds 'n geheelprentjie te skep. Laat ons dus bogenoemde scenaria neem, en die deurslaggewende faktor, naamlik paniek, byvoeg. Die media spoeg so gereeld geselekteerde statistiek uit. Daardie statistiek, wat instrumenteel moet wees om die luisteraar en leser met vrees en paniek te vul, sodat hulle binne sekere lyne sou bly. 'n Poging om denkende mense, se inteligensie te onderskat en deur vrees, hulle "gehoorsaam" te probeer hou. As jy nie hierdie en daardie riglyn nakom nie, sal jy allerlei vreesaanjaende dinge oorkom... Ongelukkig glo so baie slagoffers van die hoofstroom-media hierdie propaganda, en verval in paniek, bygevoeg tot die depressie wat reeds weens die faktore soos enkele pargarawe gelede, bespreek is. En die resultaat, 'n nagmerrie vir geestesgesondheid.
Terwyl die gees ledig is, begin die media eers subtiel, vrees saai. Berigte oor die fataliteit van die Prins Gogga, sluip tydens die eerste nuusberigte deur. Stadig maar seker, word meer en meer lugtyd aan die dingetjie gegee. En kort voor lank, is selfs goeienuus stasies soos Radiokansel se nuusbulitins deurspek en besoedel met panieksaaiende berigte. Tel dus nou die volgende mooi op: Verveeldheid en onderliggende depressie, maak dat die ledige gees ontvanklik is vir panieksaaiende. So, kry die panieksaad 'n goed voorbereide land om in te ontkiem. Soos wat mediaberigte subtiel, al hoe meer paniek saai, kom volskaalse depressie na vore. Dan kos dit net een negatiewe prikkel, om te ontwikkel in 'n selfmoordpoging.
Sterftes wat na bewering verband hou met die goggatjie, word wyd en syd uit geblêr. Getalle, wat in vergelyking met die erge toename in geestes-diagnoses, klein is. Sterftes aan eie hand, wat meer is as wat beweer word, deur die goggatjie geëis word. Siele wat verlore gaan, omdat hulle nie kan glo dat 'n God van liefde, so 'n situasie sou toelaat nie.
Lank nadat die gogga-paniek gaan lê het, gaan terapeute steeds met hierdie, verswygde nagevolge oorval word. Maar dit is mos nie sensasioneel nie. Die hoop dat beriggewing daaroor, dit makliker sal maak, 'n blote ilusie.
Laat die duisende kitskenners oor elke denkbare onderwerp maar hulle paniekwoorde uitbraak op die lug en op sosiale media. Superslimmes sal daar maar altyd wees. Jy gaan hulle nie stil kry nie. Maar jy, en elkeen wat lewe kies, kan egter meer lewens red, deur nie net doodsgesprekke te ontmoedig nie, maar jouself aktief te weerhou daarvan.
Gaan jy nou saam begin lewe spreek en lewens red, of gaan jou aanhou met jou doodspraak en so ook, fisiese dood veroorsaak?
Wel te ruste, as jy kan...
Sela.
© Stof 2020/04/06

Saterdag 21 Maart 2020
Lewesprekende Restaurante
Vanoggend konsulteer die stowwerige by ‘n teetuin. Rondom die
tafel waar hy sit, spreek mense dood en bespreek virusse asok dit die
nuwe Versace reeks is. En so, raak die koffie bitter en die
versnapperings smaakloos.
Ek daag vandag restaurante en teetuine uit: Plaas ‘n verbod op
gesprekke oor negatiewe paranoia en virusse. Maak die beleid
duidelik dat sou ‘n personeellid sodanige gesprek opmerk, of ‘n
ander klant dit rapporteer, die skuldiges dadelik deur ‘n spiertier
verwyder sal word.
Tot onlangs, was ‘n wegbreek by ‘n publieke knibbelplek, juis ‘n
oomblik van wegvlug van ander faktore vandie dag, wat negatief en
depressief kan wees. Met die aard van gesprekke wat egter nou die
lug vul, is dit nie meer ‘n plesier nie en gee selfs die lekkerste
geregte sooibrand.
Ek daag die restouranteurs dus uit, stel hierdie maat reël in en
bemark hierdie reëling as deel van julle pakket.. Julle mag dalk
net verbaas oor hoeveel voete dan, julle drempel betree.
Phyllis Robbertson Tehuis
Ek deel met vooruitsig, maar ook met hartseer, hierdie verklaring.
Persverklaring, sal ek dit nou nie noem nie. Eerder ‘n
hartsverklaring.
Ek deel onomwonde, sonder huiwering en sonder enige verskuilde
motiewe dat die Pyllis Robbertson tehuis my BAIE na aan die hart lê.
Die gestuurdes wat die oord bestuur, by name Benita, Jady en
Patrick, kry wondere verrig met minimum aardse bronne. Die inwoners,
dikwels eensaam, ‘n groep aangename mense wat elke stukkie omgee
waardeer. Die vrymoedigheid wat hulle het ten opsigte van die deel
van hulle geestesbehoeftes, sosiale kwellinge en vele ander,
bemoedigend. Dit getuig van die behoefte om uit te styg bo
beperkende uitdagings in hulle lewe.
Daarom is ek lief vir die tehuis. Ek het ‘n besondere passie om
daar ten diens te wees. Daardie passie word bevestig deur Vader se
seën op die werk.
Die hartseer is egter, dat daar inspraak gelewer (geskinder?) is in
dieore van die bestuur, deur onbekende bronne. Dit het gelei tot ‘n
bevraagteking van my passie, deur hulle wat ek weet, nie die afgelope
tyd se ondertone, in hulle hart deel nie. Gerugte wat in die kiem
gesmoor moet word, sodat die waarheid sal seëvier.
Gerugte wat die ronde doen is die volgende:
Dat die komitee wat ook met my gekommunikeer het, nie legitiem sou
wees of selfs bestaan nie: Bloot omdat die informant wat die
dorings in die bestuur se harte gesaai het, nie die NCBSA ken nie,
beteken nie dat dit ‘n klug is nie. Dat daar van NCBSA se kant,
nie goeie werk gedoen word om evangeliste te bemagtig nie.
Dat ek individuele bestuurslede, vir wie ek juis besondere agting
sou hê, se integriteit en geletterdheid sou bevraagteken: Uit
die subteks en die toon korrespondensie met die betrokke
gewaardeerde, blyk dit dat die indruk geskep is dat ek haar as
gestuurde, as kollega en as mens, sou minag en haar vaardighede in
twyfel sou trek. Dit is egte nie die geval nie. Ek verwys hier
weereens na paragraaf twee ne my hartsverklaring ten opsigte van die
tehuis en die gestuurdes wat so getrou daardien.
Een van die bestuurslede was onder die indruk gebring dat ek ‘n
verhoog soek om my “volgeling” ten diens te wees: Ek is
bloot net ‘n dienaar. Ek het nie volgelinge nie. EK dien net die
volgelige van Jesus self. Ek is nie die herder nie, ek is net die
skaaphond wat die herder bystaan. Wat ek publiek doen, is nie ‘n
egoreis nie. Dit is bloot die aksie van ‘n stukkie geroesde
gereedskap, wat bevoorreg voel dat Vader hom wel soms stuur. En dit,
is vir my genoeg.
Dat ek sou kies om korrespondensie te ignoreer: Nie alle
vorme van digitale kommunikasie kan daagliks nagegaan word nie, weens
die aantal ure in ‘n dag. Die primêre vorme van digitale
kommunikasie, soos teksies of oproepe, of ‘n epos, word wel soos
dit inkom, nagegaan en hanteer soos moontlik. Sekondêre
kommunikasie media wat data-afhanklik is, kan egter ‘n wyle in die
kubberruim of op aparate vertoef, voordat dit hanteer kan word. En
dit is nie ignoreer nie. Ek wil dus my sus wat hierdie indruk gekry
het, verseker dat die bron van die gerug, dit kwaadwillig aan haar
oorgedra het. Dat die tehuis en die dienendes daar, vir my belangrik
genoeg is, sodat hulle nie geïgnoreer sal word nie.
Daarom dus ‘n opsommende paragraaf: Ek gee passievol om vir die
Phyllis Robbertson tehuis. Ek sal NOOIT enige aksie neem om hulle en
hulle gewaardeerde personeel, enige skade, in beeld of in fisiese
dimensie aan te doen nie. Ek wil verder vir elkeen wat hier lees,
aanmoedig om meer oor hierdie oase vir gestremdes te leer, en ook op
tasbare sowel as morele wyse, julle ondersteuning te gee. Ek wil die
kwaadsprekers wat ‘n wig tussen my en hierdie oase wou indryf,
vermaan, en pleit dat dat hulle eerder konstruktief betrokke raak en
‘n verskil maak, eerder as om twis te saai.
Mag die Phyllis Robbertson Tehuis, en veral drie hoogs gewaardeerde
funkionarisse, by name Jady, Benita en Patrick, dus die gerusstelling
in hulle harte koester, dat hierdie stowwerige, julle hoog ag. En so
sal dit bly.
Sela.
Lewer asseblief kommentaar ter ondersteuning van hierdie oase,
hieronder en toon so, dat jy net soveel soos ekself vir hulle omgee.
Vrydag 20 Desember 2019
Praat met my...
So dikwels, laat ‘n korrespondent ‘n nota aan ‘n berader of
terapeut waarin gevra word dat die stowwerige hulle skakel. Dit is
dan ook die doel van die stemposdiens, om uit te reik na hulle wat ‘n
hand nodig het.
So word die opreoep dan gemaak. En die persoon wat dit aangevra het,
antwoord nie. Herhaalde kere. Effe later kom die verwyt: maar
hoekom het jy my nie geskakel nie.
By nadere ondersoek, blyk dit dat die klaer, bloot nie die oproep wou
beantwoord nie. Hulle verwyt dan die moruti dat hulle nie die
inkomende opreop se telefoonnommer herken het nie, of dat dit
incognito deurkom. Natuur lik sal ‘n oproep wat deur ‘n
skakelbord uitgaan op n uitgaande lyn, inognito wees. Dit is ‘n
voorsorgmaatreël om te voorkom
dat daardie lyne wat gereserveer is vir uitgaande oproepe, later
verstop word deur persone wat daarop probeer inskakel. Dit is ook
lyne wat ons met dankbaarheid gebruik om ons werk te doen, want dit
is net eenvoudig nie haalbaar om op persoonlike lyne, veral weens die
koste daaraan al ons werk te verrig nie. Gekonsulteerdes is welkom
om om elkeen van van ons op die telefoonnommers soos ons dit aan
hulle verskaf het, te skakel, maar ons kan weens verskeie redes, nie
daardie lyne vir uitgaande oproepe gebruik nie.
Voordat jy dus weer kerm dat jou terapeut jou nie wil help nie, wees
eerder saam met hom dankbaar dat daar wel lyne beskikbaar gestel word
om jou te kan dien, ongeag die geldige redes wat die skenker daarvan
se skakelbord, het om bepaalde beperkings daar te plaas.
Dus: As jy ondersteuning nodig het, praat gerus. Maar maak seker jy
antwoord, wanneer jy teruggeskakel word van gewaardeerde geborgde
lyne. Dit, is al manier waarop ons jou kan help.
Sela
Dinsdag 17 Desember 2019
LRP
Dit sal sulke goeie nuus wees as die pompstasies wat in die afgelope paar maande LRP se voorsiening gestaak het, tot besinning sal kom en dit weer beskikbaar stel. Dit is regtig ongemaklik en duur om vêr te ry na die pompstasies wat wel aan die gemiddelde voertuig dink. Hulle word waardeer, maar is nie die naaste nie. Om deurlopend ook lood-bymiddels te gebruik eis ook sy duik in die begroting, dus is die naaste stasies, nie juis 'n besparing nie, nadat die bymiddel koste bygereken is nie.
Daar is nie sin daarin om die gemiddelde padgebruiker met sy gemiddelde voertuig, te vervreem deur LRP te onttrek aan baie stasies nie. Om op hierdie bevooroordelende wyse, slegs die eienaars van nuwer en luukser voertuie te akomodeer, kom eintlik neer op 'n wrede manier van sosiale segregasie.
En nou, wag ek vir die goeie nuus, dat LRP weer vrylik beskikbaar sal wees.

Veilings
Die probleem met veilings is dat die negosieware wat aangebied word, meer dikwels as nie, nie vrywillig deur die regmatige eienaar afgestaan is nie. Die deel, (indien enige), wat die eienaar uiteindelik kon ontvang, is gewoonlik absurd klein en dra by tot die spiraaleffek in die primêre probleem. Persone wat in tydelike nood is word dan deur gewentenlose hebsugtiges geteiken vir eie gewin.
Daarom sal ek nooit iets op 'n veiling koop nie, want ek weet daardeur maak ek 'n aktiewe bydrae tot 'n medemens se skade. Slegs as ek WEET dat dit 'n item is wat die verkoper vrywillig aanbied, sal ek aankope oorweeg. Sou iets wel gekoop word, gaan dit die gewete aanspreek elke keer as dit gebruik word en so kom die persoom wat dit aankoop, nooit vry nie.

Teken in op:
Plasings (Atom)