Sondag 28 Mei 2017

Eenpolig

Elkeen wat geroep is om te dien, sal sy beste gee vir hulle wat gedien moet word.  DIt impliseer ook dat elke konsultasie gefokus sal wees, en kommunikasieapparate se klokkies dan af sal wees, sodat daar nie afleidings is nie.  Toon dus begrip as jou terapeut nie altyd jou oproepe kan beantwoord nie,.  Dit beteken bloot dat hy besig is om op daardie oomblik besig om iemand anders, met dieselfde toewysding te dien as wat hy jou dien.  Jy weet mos hoe om 'n teksie te stuur?  En sodra omstandigdhede toelaat dat daar aan kommunikasie aandag gegee kan word, sal dit wel pgevolg wees.