Vrydag 20 Desember 2019

Praat met my...


So dikwels, laat ‘n korrespondent ‘n nota aan ‘n berader of terapeut waarin gevra word dat die stowwerige hulle skakel. Dit is dan ook die doel van die stemposdiens, om uit te reik na hulle wat ‘n hand nodig het.
So word die opreoep dan gemaak. En die persoon wat dit aangevra het, antwoord nie. Herhaalde kere. Effe later kom die verwyt: maar hoekom het jy my nie geskakel nie.
By nadere ondersoek, blyk dit dat die klaer, bloot nie die oproep wou beantwoord nie. Hulle verwyt dan die moruti dat hulle nie die inkomende opreop se telefoonnommer herken het nie, of dat dit incognito deurkom. Natuur lik sal ‘n oproep wat deur ‘n skakelbord uitgaan op n uitgaande lyn, inognito wees. Dit is ‘n voorsorgmaatreël om te voorkom dat daardie lyne wat gereserveer is vir uitgaande oproepe, later verstop word deur persone wat daarop probeer inskakel. Dit is ook lyne wat ons met dankbaarheid gebruik om ons werk te doen, want dit is net eenvoudig nie haalbaar om op persoonlike lyne, veral weens die koste daaraan al ons werk te verrig nie. Gekonsulteerdes is welkom om om elkeen van van ons op die telefoonnommers soos ons dit aan hulle verskaf het, te skakel, maar ons kan weens verskeie redes, nie daardie lyne vir uitgaande oproepe gebruik nie.
Voordat jy dus weer kerm dat jou terapeut jou nie wil help nie, wees eerder saam met hom dankbaar dat daar wel lyne beskikbaar gestel word om jou te kan dien, ongeag die geldige redes wat die skenker daarvan se skakelbord, het om bepaalde beperkings daar te plaas.
Dus: As jy ondersteuning nodig het, praat gerus. Maar maak seker jy antwoord, wanneer jy teruggeskakel word van gewaardeerde geborgde lyne. Dit, is al manier waarop ons jou kan help.
Sela

Dinsdag 17 Desember 2019

LRP

Dit sal sulke goeie nuus wees as die pompstasies wat in die afgelope paar maande LRP se voorsiening gestaak het, tot besinning sal kom en dit weer beskikbaar stel.  Dit is regtig ongemaklik en duur om vêr te ry na die pompstasies wat wel aan die gemiddelde voertuig dink.  Hulle word waardeer, maar is nie die naaste nie.  Om deurlopend ook lood-bymiddels te gebruik eis ook sy duik in die begroting, dus is die naaste stasies, nie juis 'n besparing nie, nadat die bymiddel koste bygereken is nie. 
Daar is nie sin daarin om die gemiddelde padgebruiker met sy gemiddelde voertuig, te vervreem deur LRP te onttrek aan baie stasies nie.  Om op hierdie bevooroordelende wyse, slegs die eienaars van nuwer en luukser voertuie te akomodeer, kom eintlik neer op 'n wrede manier van sosiale segregasie. 
En nou, wag ek vir die goeie nuus, dat LRP weer vrylik beskikbaar sal wees. 

Veilings

Die probleem met veilings is dat die negosieware wat aangebied word, meer dikwels as nie, nie vrywillig deur die regmatige eienaar afgestaan is nie.  Die deel, (indien enige), wat die eienaar uiteindelik kon ontvang, is gewoonlik absurd klein en dra by tot die spiraaleffek in die primêre probleem.  Persone wat in tydelike nood is word dan deur gewentenlose hebsugtiges geteiken vir eie gewin. 
Daarom sal ek nooit iets op 'n veiling koop nie, want ek weet daardeur maak ek 'n aktiewe bydrae tot 'n medemens se skade.  Slegs as ek WEET dat dit 'n item is wat die verkoper vrywillig aanbied, sal ek aankope oorweeg.  Sou iets wel gekoop word, gaan dit die gewete aanspreek elke keer as dit gebruik word en so kom die persoom wat dit aankoop, nooit vry nie. 

Saterdag 14 Desember 2019

Dankie, edelman.

Aan die broer wat my onlangs as 'n ongeletterde.idioot uitgeskel het: 

Baie dankie dat jy die vrymoedigheid geneem het om my voor my, as 'n ongeletterde idioot uit te skel.  Dit maak van jou 'n ware edelman, want soveel ander wat nie die selfvertroue het om dit voor my te doen nie, skinder agter my rug en dink ek sal dit nie agterkom nie. 
Jou stelling oor my ongeletterdheid is waarskynlik in die kol.  Ek kan nie Hindi lees of skryf nie.  Ek kan nie Mandaryns lees of skryf nie.  Ek kan nie snelskrif lees of skryf nie.  Ek kan nie Aramees lees of skyf nie.  Ek kan nie musiek lees nie.  Ek kan nie Shona lees of skryf nie.  Ek kan nie eers , 'n dokter se voorskrif lees nie.  Jy sal vêr moet gaan om nog soveel ongeletterdheid te vind. 
Dankie dus, edelman, vir jou opregte eerlikheid. 
Mag jou integriteit, vele motiveer om die ware ridder, in hulle na vore te bring. 

Saterdag 30 November 2019

Doopnaam

Om een of ander rede is die mensdom se denke dikwels baie na die tweede lettergreep van sy naam.  Tonnelvisie-veralgemenings en blindelingse verslawing aan irrasionele tradisie reduseer andersins inteligente mense, tot redelose navolgers van fundamentalistiese indoktronasie. 
Tydens vele aangename kennis-gesprekke, sal een of meer gespreksgenote my naam bevraagteken en my probeer oortuig dat dit iets anders moet wees, of 'n afkorting van 'n naam wat binne hulle beperkte begrip bestaan.  Dan vra iemand gewoonlik, Is jy so gedoop?". 
Net daar kry die stowwerige aambei 'n kramp en moet hy swaar staatmaak op selfbeheersing. 
Soms, as dit wel lyk of daar wel ore is wat dalk kan hoor en woorde dalk nie soos pêrels voor sweine gaan beland nie, verduidelik hy dit soos volg: 
Tydens die skepping het Vader Yahwe reeds besluit dat Sy laaitie genaamd Stof op Sy geskeduleerde tyd, gebore sal word.  Tydens Stof se konsepsie, het Stof se naam reeds materieël gemanifesteer in 'n bevrugde eiersel.  Nou hoe verwag die vraer dan, dat Stof die tyd tussen sy konsepsie en sy doop, naamloos sou deurgaan en hy eers baie jare later, naam sou kry? 
Nee, by die skepping het Vader Yahwe hom reeds ontwerp en by name gedeffinieër.  Hierdie plan van Hom, het die naam Stof laat manifesteer op die dag van konsepsie, en daarom is  Stof trots om die naam waarmee Vader hom ontwerp en sowat sesduisend jaar later gemanifesteer het, met trots te dra, soos dit bedoel is.
So eenvoudig soos dit. 
Sela. 
Trots op sy Godgegewe identiteit, die uwe, Stof. 

Sondag 24 November 2019

Dankbaar

Vandag net 'n nota om eer te bring aan Vader Yahwe, vir die wonderwerkende manier hoe Hy vandag so oorvloedig geseën het. 
Soli Deo gloria!

Maandag 14 Oktober 2019

Media-vooroordeel

Dit is met hartseer dat ek in hierdie hartdeelsessie, mense en instansies wat andersins gewaardeerde en betroubare diens lewer, moet aanspreek kragtens Mattheus 18:15-18. 
Dit het nou onlangs 'n keer of meer gebeur dat 'n amptenaar van Maroela media, positiewe insette wat ek lewer op artikels, verwyder.  Dit te midde van ander leser-insette wat oor die algemeen negatief en doodsprekend is, maar gelaat word. 
Dit wat ek weet van Maroela, is dat die meeste medewerkers positiewe en aangename mense is.  Die verwydering van die enigste positiewe inset, laat my dus vermoed dat dat daar enkele personeellede is wie se gesindheid min of meer soos my sokkies ruik en nie lewespraak of positiwiteit kan of wil hanteer nie. 
Na epos-navrae aan Maroela, sowel as 'n persoonlike navraag deur Sofia, is daar doodse stilte.  Die wat lewespreek so verwyder, maak steeds nie 'n piep nie... 
Daarom dan, my navraag.  Is daar enige leser wat hier lees en gesaghebbend namens Maroela, die saak kan regstel? 
Ek wag. 
Hiermee dan, is voldoen aan stap twee van Mattheus agtien se voorskrifte, aan voldoen. 
Ek sien uit na positiewe reaksie. 
Stowwerige groete