Sondag 01 Maart 2015

amerkaanse taalverwarring

Vertel vir Stof, wat is die verskil tussen die amerikaanse terme "navy" en "marines". Klink vir hom na dieselfde ding.

VHF Radio-ontvanger

Is daar iemand wat so gaaf sal wees om Stof te adviseer of help met die omskakeling van 'n 87.5-108 Mhz ontvanger, na 182.2 Mhz?  Of  dalk 'n werkende 182.2 beskikbaar het waaroor ons kan konkel?

Sondag 08 Februarie 2015

Omgeruilde letters?

In vroeë engelse literêre geskrifte sowel as 1610 Koning Jacobus uitgawe van die Bybel, word die hedendaagse U en V, deurentyd andersom gebruik.  Hulle klankwaarde en hulle gebruik ooreenkomstig taalreëls, dui duidelik daarop dat vandag se gebruik van die bepaalde letters, nie is soos dit oorspronklik in die romeinse skrifstelsels bedoel was nie.  Op baie kunswerke waar die inskripsie op Jesus se kruis in Latyn aandui, is die verskynsel ook duidelik sigbaar.  ‘n Oorblyfsel daarvan vandag, is dat die engelse naam vir die W karakter, steeds as “dabbeljoe” uitgespreek word, dus ‘n “dubbele U”, nie ‘n “dubbele V”, nie.
Kan Stof se maatjies wat taalonnies en taalkennners is, dalk iets deel oor wanneer hierdie verandering ingetree het en wat die motivering daarvoor was?

Sondag 01 Februarie 2015

OVHD Skottelkapasiteit?

Wie kan vir Stof vertel:  As ‘n enkele perseel meer as een wooneenheid het, hoeveel OVHD dekodeerders kan suksesvol deur middel van ‘n korrekte retikulasienetwerk, op een sentrale satelietskottel gekoppel word?

Vrydag 30 Januarie 2015

Maandag 26 Januarie 2015

LinkedIn se Webtrolle

Sal elkeen wat wil, asseblief vir Emilio, wat die adres linkedin_support@cs.linkedin.com gebruik, 'n broederlike vermaning oor menseverhoudings stuur. Hoe meer epos hy kry, hoe beter is die kans dat sy diens gewaardeerd, en nie pynlik sal wees, soos op hede nie.

Sodra die artikel oor die insident voltooi is, sal die skakel ook hier geplaas word.

Woensdag 14 Januarie 2015

Eposlose bylaes?

‘n Korrespondent versoek vir Stof om ‘n dokument aan te stuur na ‘n epos-adres.  Maar sonder ‘n epos wat dit vergesel, net die dokument.  Sover hierdie luisbreintjie weet, kan geen bylae per epos versend word sonder dat dit geheg is aan ‘n begeleidende epos nie?  Of weet die slim mense iets wat ons plebs nie weet nie?