Donderdag 25 Junie 2015
Boelieboeties...
Daar is ‘n broer by name Cameron Richardson, wat
wild en wakker eposse stuur na webwerfadministrateurs waarin hy vra of hy kan
toegang kry om ander belange se sake te plaas op sy slagoffers se webwerwe. Die aard van die versoek en die vaagheid
daarvan, sowel as die adresse waarheen hy die versoeke stuur, getuig dat hy nie
lees waarvoor die genoemde adresse bestem is nie, wat verder ‘n vraagteken
plaas oor sy agenda. Sou jy dus ‘n epos
kry van Cameron Richardson by cameron@omnibuzzmedia.com,
of dalk selfs ander persone by dieselfde domein, wees waaksaam en verduidelik
die sender waar die deur is en waarvoor dit gebruik word.
Nuuslesers en dorpname
Afrikaanse nuuslesers wat die taalreël vergeet
dat die meeste eiename nie vertaal kan word nie, skep groot verleenthede vir
bepaalde stede as hulle in ‘n engelse aksent daarna probeer verwys.
As hulle Rustenburg uitspreek soos wat die oorspronklike doel van die naam in Afrikaans was, spreek dit van rustigheid en kalmte. As hulle dit egter met ‘n engelse aksent probeer uitspreek, verander die dorp meteens na ‘n geroesde ou gehuggie...
Vryburg se naam het ook sy oorsprong in Afrikaans, wat daarop dui dat dit ‘n vry, ‘n onafhanklike stad is. Die nuusleser verdraai egter die uitspraak na ‘n engelse aksent, en meteens word Vryburg ‘n gaargebraaide ou dorpie.
Vele ander mensename en dorpname loop deur, en dit deur omroepers wie se moedertaal Afrikaans is.
Het basiese taalreëls insake eiename in verskillende tale, sy toepassing op omroepers verloor?
Aan die omroepers wat steeds die korrekte uitspraak handhaaf, ek hoor julle en ek eer julle. Dankie dat van julle, in my vriendekring is.

Saterdag 02 Mei 2015
Bekostigbare kos
Die doel van 'n vervaldatum op voedselprodukte
is om te verseker dat, nadat die bodorpers vier maal die ware prys voor
genoemde datum betaal het, ons onderdorpers die voorraad wat oor is na
hierdie datum, teen 'n breukdeeltjie van die prys kry, alles net vir
onsself. Viva vervaldatums!
Dankie bodorpers, dat julle ons so ruim subsidieer. Daar moet tog iets goeds in jullle wees...
Dankie bodorpers, dat julle ons so ruim subsidieer. Daar moet tog iets goeds in jullle wees...
Sondag 01 Maart 2015
amerkaanse taalverwarring
Vertel vir Stof, wat is die verskil tussen die amerikaanse terme "navy" en "marines". Klink vir hom na dieselfde ding.
VHF Radio-ontvanger
Is daar iemand wat so gaaf sal wees om Stof te adviseer of help met die omskakeling van 'n 87.5-108 Mhz ontvanger, na 182.2 Mhz? Of dalk 'n werkende 182.2 beskikbaar het waaroor ons kan konkel?
Sondag 08 Februarie 2015
Omgeruilde letters?
In vroeë engelse literêre geskrifte sowel as
1610 Koning Jacobus uitgawe van die Bybel, word die hedendaagse U en V,
deurentyd andersom gebruik. Hulle
klankwaarde en hulle gebruik ooreenkomstig taalreëls, dui duidelik daarop dat
vandag se gebruik van die bepaalde letters, nie is soos dit oorspronklik in die
romeinse skrifstelsels bedoel was nie.
Op baie kunswerke waar die inskripsie op Jesus se kruis in Latyn aandui,
is die verskynsel ook duidelik sigbaar.
‘n Oorblyfsel daarvan vandag, is dat die engelse naam vir die W
karakter, steeds as “dabbeljoe” uitgespreek word, dus ‘n “dubbele U”, nie ‘n
“dubbele V”, nie.
Kan Stof se maatjies wat taalonnies en taalkennners is, dalk iets deel oor wanneer hierdie verandering ingetree het en wat die motivering daarvoor was?
Kan Stof se maatjies wat taalonnies en taalkennners is, dalk iets deel oor wanneer hierdie verandering ingetree het en wat die motivering daarvoor was?
Sondag 01 Februarie 2015
OVHD Skottelkapasiteit?
Wie kan vir Stof vertel: As ‘n enkele perseel meer as een wooneenheid
het, hoeveel OVHD dekodeerders kan suksesvol deur middel van ‘n korrekte
retikulasienetwerk, op een sentrale satelietskottel gekoppel word?
Teken in op:
Plasings (Atom)