Donderdag 25 Junie 2015

Nuuslesers en dorpname

Afrikaanse nuuslesers wat die taalreël vergeet dat die meeste eiename nie vertaal kan word nie, skep groot verleenthede vir bepaalde stede as hulle in ‘n engelse aksent daarna probeer verwys. 
As hulle Rustenburg uitspreek soos wat die oorspronklike doel van die naam in Afrikaans was, spreek dit van rustigheid en kalmte.  As hulle dit egter met ‘n engelse aksent probeer uitspreek, verander die dorp meteens na ‘n geroesde ou gehuggie...
Vryburg se naam het ook sy oorsprong in Afrikaans, wat daarop dui dat dit ‘n vry, ‘n onafhanklike stad is.  Die nuusleser verdraai egter die uitspraak na ‘n engelse aksent, en meteens word Vryburg ‘n gaargebraaide ou dorpie.
Vele ander mensename en dorpname loop deur, en dit deur omroepers wie se moedertaal Afrikaans is.
Het basiese taalreëls insake eiename in verskillende tale, sy toepassing op omroepers verloor?
Aan die omroepers wat steeds die korrekte uitspraak handhaaf, ek hoor julle en ek eer julle.  Dankie dat van julle, in my vriendekring is.

1 opmerking: