Donderdag 13 Augustus 2015

Digitale streep getrek op Bakkiesboek...

En skielik is Louis, Attie, Anastasia en Leonardo baie stil op Facebook. Dit blyk toe mos dat hulle sonder rede uit Stof se vriendelys verdwyn het. Dit kort nadat daar op ‘n manier toegang verkry is na Stof se muur. Twee versekeringsmouse sowel as iemand wat op die oog af lyk na een van Stof se skapies, plaas meteens direk op sy muur, wat andersins beperk is weens verskeie redes, een waarvan, om dinge soos hierdie te voorkom. Die menslike konflik tussen lesers daarvan en as gevolg daarvan, val buite Stof se hande. Maar hy sal D.V. sodra die tegniese gogga daaragter opgespoor is en herstel is, weer die kontakte herstel. Sodra die versekering ontvang is dat wat ookal waar gekraak is, weer tegnies heel is.
Die konsultant is voorlopig van mening dat ‘n persoon Griet se profiel gekloon het. Die profiel wat gebruik is om die plasing in Griet se naam te maak, se profielnommer verskil van haar ware profiel. In die proses is haar ware profiel, met die korrekte profielnommer, verwyder van die vriendelys. Die gekloonde profiel het ook alle ander korrespondente uitgesluit op haar vriendelys en dit blyk dus duidelik dat hierdie stap ‘n poging is om Stof aan te val. Tog is die inskrywing lewensgetrou, want dit is min of meer die manier waarop sy kommunikeer, met bloot ‘n paar ekstra kruhede wat nie regtig haar styl is nie. Duidelik het broer breker, haar profiel ‘n rukkie bestudeer. Van hierdie gekloonde profiel af, is toegang verkry. Die presiese manier hoe, is onduidelik. Maar sodra konsultant vasgestel het en hy terugvoer aan julle stowwerige boetie gegee het dat die sekerheid weer in plek is, sal hy met elkeen betrokke daaroor deel.
Liewe verlore vriende, weet dus, dat sodra dit veilig is, stuur Stof weer vir julle ‘n kneukelklop. Sodra Griet se ware profiel weer lewe, sal hy ook weer aan haar digitale deur klop.
Stof se versoek aan gemeenskaplike vriende is om asseblief hierdie pos te deel en aan die tydelik verlore vriende, mee te deel dat hulle hopelik nie vir te lank verlore sal wees nie.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking