Sondag 25 Augustus 2019

Mikroskyfies

Diere is 'n integrale deel van die meeste mense se heelwees en daarom waardeer ek dit as mense mekaar help om verlore diere te versoen met hul mens-familie. Menige plasings op sosiale media getuig van hierdie soort omgee en op hierdie manier word baie hartsgenote weer verenig.

Die tragiek is dat menige outeurs van plasings dit as negatief impliseer as 'n diertjie wat gevind is, nie 'n mikroskyfie inplanting het nie. So asof dit te verwagte sou wees die norm te wees.

Ek eer egter diegene wat nie aan hulle diere die onreg van 'n mikroskyfie aandoen nie. Hulle wat hulle diertjie genoeg van 'n familielid ag, om die waarskuwing oor hierdie merk in Openbaring, ter harte te neem. As priester van die huis, neem elke pa of enkelouer priesterskap oor sy of haar hele gesin. Deur dus die viervoetige lede van die gesin met dieselfde respek te hanteer as die ander gesinslede, dra hulle 'n kragtige getuienis uit.

Waak dus teen die druk van gewetenloses, om jou viervoetiges te minag met 'n ingeplante mikroskyfie. Daar is BAIE ander, en werklik waardige maniere om Flaffie en Miaau te identifiseer sonder om onheil in jou huis in te dra.

© Stof 2018/11/25

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking