Sondag 26 April 2020

Ope brief aan Broer Cyril Ramaphosa

Ope brief aan Broer Cyril Ramaphosa op 2020/04/25

Liewe Broer Cyril

Eerstens moet ek jou komplimenteer vir die waardige wyse hoe jy die edel-titel, broer, verwerf het.

Jy het by meer as een geleentheid, of self voorgegaan in gebed, of vergaderingslede aangemoedig om te verootmoedig voor Abba Yahwe, of selfs in toesprake, erkenning aan Vader gegee en jou luisteraars aangemoedig om te kniel voor Hom, sodat Hy Sy hand van uitkoms kan oopmaak.  Dít, is die rede waarom ek jou die eretitel, broer, gee.

Ek wil jou dus aanmoedig om meer gereeld, ons as jou volk, aan te moedig tot opregte veroormoediging voor ons almagtige Skeppergod.

Na aanleiding van jou openbare belydenis, neem ek dus my taak op om as broer, om met 'n broer te gesels oor die manier waarop jy soms selektief aangehaal word in die media.  Dit is hierdie selektiewe beriggewing wat maak dat heelwat luisteraars soms begin twyfel oor die opregtheid van jou belydenisse, soos hierbo bespreek.  En dan, is daar selfs enkeles, wat hulle broer-eretitel vir jou, begin terugtrek.  Met hartseer, want ek glo opreg dat jy dit waardig is.


Terwyl ons weet dat jy die hoogste Gesag as gesag erken, en nie soos ampsgenote in ander gebiede, vanuit jou pos, groter as jou Skepper probeer wees nie. weet ek dat jy in jou hart, met hierdie boertjie-boetie sal saamstem as hy dus 'n paar sorge met jou deel.

Jou toespraakskrywers sowel as media redakteurs, misbruik jou posisie alte dikwels om deur inhoudelike seleksie, jou openbare kommunikasie subtiel te draai na 'n boodskap, wat sou wou meëdeel dat jou uitsprake en getuienisse rakende jou verhouding met Vader Yahwe, nie so opreg sou wees, soos wat jy dit bedoel nie.  Sommige selfs, wat sou beweer dat jy Hom nie eintlik ag nie.  Persepsies, wat ek natuurlik nie glo, of sou kies om te glo nie.

Jy het kollegas wat besluite neem of uitsprake maak.  Dan, of jy daarmee saamstem aldan nie, word hierdie persepsies vervat in toesprake en mediaverklarings wat namens jou, aangebied word asof dit jou eie mening sou wees.  Dit, veroorsaak ongelukkig dat jou kritici vermenigvuldig omdat hulle adviseurs se menings, as jou eie ervaar.  Bloot omdat hulle uit onkunde, nie die verskil tussen die besluitnemers, toespraakskrywers en die spreker erken of verstaan nie, begin hulle die spreker se integriteit in twyfel trek.

Daarom deel ek met graagte, oor dit wat in die harte leef van pasiënte met wie ek konsulteer met jou, en vertrou dat jy die versugtinge van mede- broers en susters hierin sal sien.  Met die hoop, dat jy en jou besluitnemende en promosie-kollegas, hierdie kopsorge oor 'n koppietjie koffie sal bespreek.

Soos vantevore genoem, word jy geëer vir jou openbare geloofsbelydenis by vele geleenthede.  Dít alleen, het vir jou 'n groot groei in gewildheid veroorsaak.  Dan gebeur dit, dat media-verklarings vanuit jou kantoor, of openbare toesprake, enkele dae later geloof reduseer tot 'n risiko, en nie verhef tot die antwoord nie.  Hierdie einste geloof en wete, wat ek en jy ononderhandelbaar weet, die enigste ware antwoord is.  Van jou nuwe lojale ondersteuners se harte word dan gebreek omdat hulle sou voel, dat jy hulle teleurgestel het.

Hoekom sou dit wees?  Jy weet, en ek weet, dat Vader net 'n woord hoef te spreek, en Sy woord, sal enige uitdaging, hoe groot of klein dit ookal mag lyk, in die niet sal laat verdwyn.  Meteens, kry die jou ondersteuners hoop, want jy weet waar jou krag lê, en bely dit ook openlik.  Maar, in kontradiksie met die belydenis, kom kort daarna uitsprake dat aanbiddings-samekomste, riskant is, ontmoedig word.  Bloot net omdat enkele wat kom saambid het, na bewering die gewraakte kroonprins-goggatjie ontmoet het by slegs enkele geleenthede...  Die persepsie word dan verder geskep dat die menslike persepsie van die krag van intersessie en verootmoediging, meteens as groter voorgestel word, as wat Vader se onbeskryflik groot almag is.  So word intersessors weerhou daarvan, om onder die beskerming van die bloed van Jesus, saam te kom, en die hoogste gesag aanroep, vir Sy  woord van guns en genesing.  En meteens, word Hy wat in jou persoonlike belydenis, erken word as die Almagtige, deur jou amptelike uitsprake, as Skepper, gereduseer tot minder, tot onderworpe, aan ons as blote skepsels.  En dan glo ek, jubel die engele nie soos wanneer jy jou onbeskaamde getuienis lewer nie, maar pink hulle meer as net een traan... 

Wetende wat jou getuienis is, hoef ek jou dus nie te oortuig van Vader se almag en wonderwerkende oppermag nie.  Ongelukkig is daar van jou ander aanhang wat taan, weens die kontradiksie in jou getuienis, en jou amptelike uitsprake.  Is dit dus nie hoogtyd, dat jyself die volk oproep tot WARE verootmoediging, belydenis, smeking en genesing voor Vader nie?  Dat jou openbare mededelings nie bloot net depresiewe sekuêre uitsprake bevat nie, maar eerder 'n boodskap van hoop, soos wat net 'n ware leier, wat Sy afhanklikheid van die hoogste Gesag openlik erken, met gesag kan doen.

Oorweeg dit dus ernstig, en voeg die aksie daarby.  My liewe broer, jy, en ons as jou volk, sal verstom staan oor Vader se almag en wonderwerkende uitkomste, as ons Hom en Sy Woord en beloftes ernstig opneem.

2 Kronieke 7:13   As Ek die hemel toesluit, dat daar geen reën is nie, of as Ek die sprinkaan beveel om die land af te eet, of as Ek pes onder my volk stuur, 
2 Kronieke 7:14  en my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ék uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.

2 Ditirafalo 7:13 : Fa ke tswala legodimo, mme go se na pula, gongwe fa ke laela tsie go ja lefatshe, gongwe fa ke romela leroborobo mo morafeng wa me,
2 Ditirafalo 7:14:  mme morafe wa me o o bidiwang ka fa leineng la me o ikokobetsa, ba rapela, ba batla sefatlhego sa me, ba boa mo ditseleng tsa bone tse di bosula, foo ke tla utlwa ke le kwa legodimong, ke itshwarela boleo jwa bone, ke alafa lefatshe la bone.

2 Kronieke 12:7:  En toe die HERE sien dat hulle hul verootmoedig, kom die woord van die HERE tot Semája en sê: Hulle het hul verootmoedig: Ek sal hulle nie vernietig nie, maar hulle binnekort uitkoms skenk, en my grimmigheid sal nie deur middel van Sisak oor Jerusalem uitgestort word nie.

2  Ditirafalo 12:7:  E rile Morena a ba bona ba ikokobeditse, lefoko la Morena la tla kwa go Semaya la re: “E re ka ba ikokobeditse, ga ke ne ke ba senya, mme ke tla ba naya bobotlana jwa pholoso gore bogale jwa me bo se tshologele Jerusalema ka Sisake.

Seënwense, jou waarderende Boertjie-broer

Dr Stof Stof
Geestes- en Trauma-terapeut

2 opmerkings:

  1. Subject: RE: 'n Ope brief aan Broer Cyril Ramaphosa
    Date: Tue, 5 May 2020 15:15:27 +0000
    From: Mike Louw (mike@presidency.gov.za)
    To: "Dr S S Stof"
    CC: President RSA

    Liewe Dr Stoff (sic),

    U brief gerig aan die President van die Republiek van Suid Afrika, Sy Edele President Cyril Ramaphosa, word met dank ontvang.

    Aanvaar gerus, namens Sy Edele, opregte waardering vir die woorde van bemoediging en ondersteuning.

    Ons regering is daartoe verbind om die wêreldwye pandemie te beveg en sal voortgaan om voorleggings te oorweeg, belanghebbendes te betrek en regulasies te hersien met inagneming van die veiligheid van ons inwoners, sowel as om die ekonomiese impak op die arm en kwesbare gemeenskappe te versag.

    Die rol wat ons aktiewe burgery, die godsdienstige sektor, die burgerlike samelewing en sakelui speel, ter bestryding van die COVID-19-pandemie, word opreg waardeer en ons bedank u graag vir die ondersteuning en toewyding in hierdie verband.

    God Seën,

    Die uwe

    Mike Louw

    AntwoordVee uit
  2. Vrede vir jou, Mike.

    CC: FCCA bestuur

    Ek het met dolksteek-hartseer, jou reaksie op hierdie stuk hartsdeel aan jou kollega ontvang. Die trant getuig duidelik dat die Oplossing der oplossings, heeltemal deur jou misgelees is. Ek het ook rede dat jy hierdie stukkie opregte hartsdeel, nooit eers deurgegee het na jou kollega, vir wie dit bedoel was nie. Ek weet nie of dit is omdat jy kies om die daaglkse wonderwerkende ingrype deur Vader, mis te kyk nie. Ek weet nie of dit is omdat jy 'n jaloesie koester teenoor jou kollega aan wie die brief gerig was, omdat hy wel weet, waar die Hoogste Gesag lê.

    Die manier waarop in 'n algemene antwoord dankbetuigings gerig word, oor stellings wat nie eers gemaak is nie, is touche.

    Dan bekruip 'n vrees my, vir hoeveel korrespondensie wat werklik motiverend tot ware oplossings is, van jou kollega weerhou word.

    Mike, ek knor nie, ek veroordeel jou nie. Ons almal was per geleentheid op 'n plek in ons lewe waar ons net op eie krag staatgemaak het. Ek was self ook toeka se tyd daar. Ek pleit net dat jy nugter kyk na realiteite, en veral die Grootste Realiteit. As ons aanhou aankarring met menslike gedagtetjies en plannetjies, glo ek Vader sug. En dalkies net, weerhou Hy juis Sy guns en antwoorde, wat Hy so graag, aan Sy gehoorsame skepsels sou wou deel.

    Sit 'n oomblik stil, dink mooi, en deel dan met jou kollega, my oorspronklike skrywe van waardering vir sy erkeninng van Vader as hoogste gesag, tesame met die aanmoediging, om eerder die burgers op te roep tot verootmoediging, en nie verdere paniek nie. Laat sy getuienis soos ek daarna verwys het, sowel as al die ander getuienisse wat daagliks rondom jou maifesteer, jou motiveer om self ook die rykdom van Vader se guns, jou eie te maak. Jy wil mos deel van die oplossing wees? Hier, is nou jou gulde geleentheid. Moenie dit laat verlore gaan nie.

    Seënwense, Stof.

    AntwoordVee uit