Die probleem met veilings is dat die negosieware wat aangebied word, meer dikwels as nie, nie vrywillig deur die regmatige eienaar afgestaan is nie. Die deel, (indien enige), wat die eienaar uiteindelik kon ontvang, is gewoonlik absurd klein en dra by tot die spiraaleffek in die primêre probleem. Persone wat in tydelike nood is word dan deur gewentenlose hebsugtiges geteiken vir eie gewin.
Daarom sal ek nooit iets op 'n veiling koop nie, want ek weet daardeur maak ek 'n aktiewe bydrae tot 'n medemens se skade. Slegs as ek WEET dat dit 'n item is wat die verkoper vrywillig aanbied, sal ek aankope oorweeg. Sou iets wel gekoop word, gaan dit die gewete aanspreek elke keer as dit gebruik word en so kom die persoom wat dit aankoop, nooit vry nie.
Dinsdag 17 Desember 2019
Saterdag 14 Desember 2019
Dankie, edelman.
Aan die broer wat my onlangs as 'n ongeletterde.idioot uitgeskel het:
Baie dankie dat jy die vrymoedigheid geneem het om my voor my, as 'n ongeletterde idioot uit te skel. Dit maak van jou 'n ware edelman, want soveel ander wat nie die selfvertroue het om dit voor my te doen nie, skinder agter my rug en dink ek sal dit nie agterkom nie.
Jou stelling oor my ongeletterdheid is waarskynlik in die kol. Ek kan nie Hindi lees of skryf nie. Ek kan nie Mandaryns lees of skryf nie. Ek kan nie snelskrif lees of skryf nie. Ek kan nie Aramees lees of skyf nie. Ek kan nie musiek lees nie. Ek kan nie Shona lees of skryf nie. Ek kan nie eers , 'n dokter se voorskrif lees nie. Jy sal vêr moet gaan om nog soveel ongeletterdheid te vind.
Dankie dus, edelman, vir jou opregte eerlikheid.
Mag jou integriteit, vele motiveer om die ware ridder, in hulle na vore te bring.

Saterdag 30 November 2019
Doopnaam
Om een of ander rede is die mensdom se denke dikwels baie na die tweede lettergreep van sy naam. Tonnelvisie-veralgemenings en blindelingse verslawing aan irrasionele tradisie reduseer andersins inteligente mense, tot redelose navolgers van fundamentalistiese indoktronasie.
Tydens vele aangename kennis-gesprekke, sal een of meer gespreksgenote my naam bevraagteken en my probeer oortuig dat dit iets anders moet wees, of 'n afkorting van 'n naam wat binne hulle beperkte begrip bestaan. Dan vra iemand gewoonlik, Is jy so gedoop?".
Net daar kry die stowwerige aambei 'n kramp en moet hy swaar staatmaak op selfbeheersing.
Soms, as dit wel lyk of daar wel ore is wat dalk kan hoor en woorde dalk nie soos pêrels voor sweine gaan beland nie, verduidelik hy dit soos volg:
Tydens die skepping het Vader Yahwe reeds besluit dat Sy laaitie genaamd Stof op Sy geskeduleerde tyd, gebore sal word. Tydens Stof se konsepsie, het Stof se naam reeds materieël gemanifesteer in 'n bevrugde eiersel. Nou hoe verwag die vraer dan, dat Stof die tyd tussen sy konsepsie en sy doop, naamloos sou deurgaan en hy eers baie jare later, naam sou kry?
Nee, by die skepping het Vader Yahwe hom reeds ontwerp en by name gedeffinieër. Hierdie plan van Hom, het die naam Stof laat manifesteer op die dag van konsepsie, en daarom is Stof trots om die naam waarmee Vader hom ontwerp en sowat sesduisend jaar later gemanifesteer het, met trots te dra, soos dit bedoel is.
So eenvoudig soos dit.
Sela.
Trots op sy Godgegewe identiteit, die uwe, Stof.

Sondag 24 November 2019
Dankbaar
Vandag net 'n nota om eer te bring aan Vader Yahwe, vir die wonderwerkende manier hoe Hy vandag so oorvloedig geseën het.
Soli Deo gloria!
Soli Deo gloria!
Maandag 14 Oktober 2019
Media-vooroordeel
Dit is met hartseer dat ek in hierdie hartdeelsessie, mense en instansies wat andersins gewaardeerde en betroubare diens lewer, moet aanspreek kragtens Mattheus 18:15-18.
Dit het nou onlangs 'n keer of meer gebeur dat 'n amptenaar van Maroela media, positiewe insette wat ek lewer op artikels, verwyder. Dit te midde van ander leser-insette wat oor die algemeen negatief en doodsprekend is, maar gelaat word.
Dit wat ek weet van Maroela, is dat die meeste medewerkers positiewe en aangename mense is. Die verwydering van die enigste positiewe inset, laat my dus vermoed dat dat daar enkele personeellede is wie se gesindheid min of meer soos my sokkies ruik en nie lewespraak of positiwiteit kan of wil hanteer nie.
Na epos-navrae aan Maroela, sowel as 'n persoonlike navraag deur Sofia, is daar doodse stilte. Die wat lewespreek so verwyder, maak steeds nie 'n piep nie...
Daarom dan, my navraag. Is daar enige leser wat hier lees en gesaghebbend namens Maroela, die saak kan regstel?
Ek wag.
Hiermee dan, is voldoen aan stap twee van Mattheus agtien se voorskrifte, aan voldoen.
Ek sien uit na positiewe reaksie.
Stowwerige groete

Sondag 22 September 2019
Kolonale denke
Eendag,
lank lank gelede was daar 'n knus maar goed toegeruste winkelsentrum.
Almal was welkom daar. Toe word die sentrum 'n tiener, en die dak val
in van pure rebelsheid. Nadat die skade herstel is is die nuwe vleuel
met 'n groot basuin bekendgestel.
Eendag nie
so lank gelede nie, stap 'n joernalis deur die sentrum om bietjie te
ontspan na 'n besige tydjie. So asof Rooikappie en die wolf skielik
weer ontplooi, stap daar 'n wrede wolf in sekuriteits-kabaai op die
joernalis af en knor saggies agter 'n verskuilde agenda. Die
joernalis was egter net so slim soos rooikappie en het alles onthou
wat haar ouma haar teen gewaarsku het. Die wolf grom dat Rooikappie
asseblief (sekerlik nie die netjiese woord bedoel nie?) die sentrum
moet verlaat omdat slegs joernaliste in diens van Kolonade welkom is
daar. Rooikappie het toe nie geloop nie, maar die heks by die
lekkergoedhuisie gaan sien om te hoor hoekom haar wolf nie daarvan
hou dat joernaliste 'n klein belegging maak in die huurders van die
sentrum nie. Die heks het met haar mooiste, geelste glimlag ewe
liefies gesis dat hulle bang is dat "eksterne joernaliste"
dalk iets oor die sentrum se geraamtes en maskers skryf wat hulle
graag verborge sou wou hou. Toe begin Rooikappie wonder wat probeer
die bestuur verskuil. Omdat Rooikappie 'n vriend het wat 'n winkel in
die sentrum het, het sy weer in die sentrum gaan kuier. Tog vreemd
dat die wolf in sekuriteitsklere nie die keer gekla het nie. Miskien
gesien dat Rooikappie 'n gesonde belegging gemaak het in sy salaris
te oordeel na haar bultende pakkies??
'n Klein
bietjie snuffel verder het 'n paar interresante liplekker
nuusbrokkies tussen die lyne laat deurskemer. Iets wat enige
joernalis laat juk om die kladboek nader te trek...
Maar
Rooikappie sal die wolf maar eers 'n billike kans gee om op episode
een te antwoord. As die Wolf nie antwoord nie, is dit dalk glad nie
'n slegte idee om episode twee en daaropvolgende episodes te
publiseer nie.
Intussen
wonder Rooikappie net, waar moet 'n joernalis 'n versnappering gaan
koop of gaan fliek as die sentrumbestuur so trots is dat hulle
skepsels wat in die klas "joernalis" val, as 'n
waardigheidsbreuk vir hul heiligdom ag.
En skielik, sonder om te snuffel, val die volgende brokkie nuus in die skrywertjie se skoot...
En skielik, sonder om te snuffel, val die volgende brokkie nuus in die skrywertjie se skoot...
Die satan
en sy trawante maak deedae mos gebruik van die wat ons so
onvoorwaardelik vertrou om die Evangelie te probeer pootjie. Dit
gebeur toe mos dat Damian en sy span genooi word om op te tree in die
Kolonade winkelsentrum in Montana. Die oomblik toe dit bevestig word
dat Damian en venote die bevrydende Evangelie van Jesus Christus
gaan verkondig, kanselleer Kolonade se bestuur die geleentheid. Dis
'n algemene bekende feit dat satan en sy trawante stuiptrekkings kry
as hulle bloot net Jesus Christus se Naam hoor. Derhalwe is
dit regtig nie te moeilik om af te lei wat aan die gang is by
Kolonade sentrum se bestuur nie..... En watter magte die struktuur
geïnfiltreer het nie
Nadat Joe,
'n kollega, die vorige berig onder die sentrumbestuur se aandag
gebring het, reageer 'n naamlose werknemer van die sentrum soos volg:
Beste
Joe,
Baie
dankie dat jy die twee artikels op www.klanke.co.za/nuus
onder ons aandag gebring het. Kolonnade Sentumbestuur kan ongelukkig
nie op rolspeling en aantuigings kommentaar lewer nie maar sal met
graagte op feite reageer.
Vriendelike
groete,
Kolonnade Sentumbestuur
Kolonnade Sentumbestuur
Laat 'n
mens wonder, as die bevrydende Evangelie nie vir dié werknemer feite
is nie, wie is in beheer van die sentrum?
Sopas kom
die berig toe deur: Kolonade het vir Pieter Goosen, 'n man met 'n
groot getuienis, nou onlangs probeer verbied om te sing tydens sy
optrede in Kolonade. Wou glo net hê hy moet instrumentaal optree.
Dit was egter nie die ooreenkoms nie. Hierdie "verbod" het
gekom pas nadat hulle verneem het hy sing ook tot eer van die Here.
Laat 'n mens wonder, nee, eintlik weet wat kook!
gesag
Sodra menslike owerhede die outoriteit wat slegs per delegasie aan hulle geleen is vir 'n bepaalde doel en tydperk, poog om dit teen die Gewer daarvan, of Sy gestuurdes te gebruik, verval hierdie gedelegeerde gesag.
Enige verdere "uitsprake" of aksies wat wat gepleeg word in die ilusie dat hulle steeds oor hierdie gedelegeerde gesag beskik, is dus suiwer Godslaster en dra derhalwe geen waarde nie.
Die gevolge vir hierdie lasteraars, is gevolglik voor die hand liggend...

Teken in op:
Plasings (Atom)