Dinsdag 26 Januarie 2021
Klippie
Saterdag 19 Desember 2020
Bevolkingsbeheer
Saterdag 22 Augustus 2020
Hermoniade
'n Hermoniade
Dit dien as uitlaatklep vir 'n "ongewensde".
Dit dien as ope brief aan die hermoniaanse bestuur met die hoop dat tonneldenke tog, per wonderwerk, eendag sal wyk.
Dit dien as waarskuwing aan narciste wie se geliefdes nog na die vlees met ons is, om twee keer te dink voordat hulle besluit wie is gewens en wie is ongewens en om tehuis-besture te weerhou om ander te gewetenloos te intimideer om verwronge wanpersepsies, as hulle eie te koester en blindelings toe te pas.
Dit dien as broederlike vermaning aan amptenare wat oorde bestuur, om nie toe te laat dat nasate wat fiskaal sterk is, hulle beïnvloed om deel te word van die heksejag teen hulle wat deur 'n enkele narcis, as ongewens beskou word nie.
Dit dien as 'n boodskap aan ouers wat vasgevang is in hermoniaanse gevangenisse, om besef dat die ander nasate, steeds opreg vir hulle omgee, maar op wrede wyse weerhou word om dit oor te dra. Dat hulle nooit moet dink dat die ongewensde faktore, nie waarlik en opreg vir hulle omgee nie.
Dit dien as 'n navraag aan die Hervormde Kerk, wie se herder so ewe die intimideerder se bevooroordelende en hatige persepsie kondoneer en verdedig. Dit laat vrae oor die Hervormde Kerk se ware visie en misie. Hierdie optrede laat ernstige bedenkinge oor die egtheid van hulle bewering dat hulle 'n Evangeliese instelling sou wees.
Dit dien as 'n boodskap aan ander ongewensdes, dat Vader Yahwe hulle nooit sal versaak of verag nie, en dat hierdie gemoedsrus, 'n ewigheid meer se waarheid dra, as die eiegeregtige persepsie van 'n enkele narcistiese fiskusverslaafde of naiewe en beïnvloedbare bestuur.
'n Wyle gelede word 'n nasaat van 'n inwoner, weggewys by Huis Hermon. Sommer so op 'n blatante wyse. Nee, hy is mos 'n ongewensde persoon. So verklaar deur 'n bestuur wat onder die invloed is van 'n familielid wat die nasaat met passie verag. 'n Persoon wat op een of ander wyse sy verdraaide persepsies subtiel ingekonkel het in die naiewe denke van die bestuur. Hy het hulle oortuig dat hy alleen kopiéreg op ouers besit en dat geen ander nasaat, waardig is om omgee aan hulle te toon nie.
Onder die irassionele hoop dat dit enigsins 'n verskil sal maak, vra die ongewensde nasaat toe maar 'n kennis wat 'n nagsuster is by Hermon, om te gaan uitsnuffel wat brou in die diep donker duister hermoniaanse kookpot. Geen reaksie nie. Die navraag raak verlore in die borrels van die groen brousel wat in die pot borrel. Op 'n volgende geleentheid stuur die gewaardeerde sussie wat nagskof werk, 'n skermbeeld van 'n boodskap, wat 'n bestuurslid beweer, 'n wyle gelede vir die ongewensde gestuur is. Maar, dit is glad nie eers aan die regte persoon geadresseer nie. Sommer by die aanspreek, is dit reeds die naam van 'n ander persoon...
Enkele maande later bereik 'n berig die ongewensde nasaat met 'n ompad, dat sy pa na bewering oorlede is. Met die oproep na die kantoor om die gerug te probeer bevestig, word die ongewensde ewe afgejak en meegedeel dat inligting nie aan buitestaanders verskaf word nie. Dus, 'n ouer se eie kind, is nou skielik 'n buitestaander...
Eish! Of vir die lesers wat hulself as verhewe bo ons klas beskou: Touche...
En stadig maar seker, begin 'n skoefdraad subtiel skade opdoen...
Die gerug word uiteindelik bevestig deur 'n ander, wat (nog) nie as ongewens beskou word nie. Dankie Stefan, jy is waarlik 'n lig in my lewe.
En nog steeds, word die ongewensde uitgesluit, met passie verdryf en weerhou daarvan om maar net syouers se laaitie te wees.
Hierdie hermoniade dien vele doele:
-
-
-
-
-
-
-
Ter afsluiting:
"Elke mens (en bestuur) het 'n vrye keuse met watter kant van sy rugstring hy dink. Ongelukkig maak ons almal, nie dieselfde keuse nie..."
(Uit Psigoët, deur Stof, 2004)
Deur vele veräg, die uwe.
Dinsdag 26 Mei 2020
Ope brief aan my broer Dimitar Shtereva-Battheu, beter bekend as Dimitri
I conduct this outreach to you in english, because I noticed that you did not utilize the oppertunity to learn the beautifull and characterfull language, Afrikaans. Therefor, you must excuse my inability to commit english in a way the queen would have done. I do believe, that though I am not as competent as you in perfect english, you will comprehend what I share with you here.
Therefor, sit back. Relax. Open up your spirit and mind to the outreacht from a brother, who respects you as a equaly created creation, and rest assured, although you may not believe it, I know that Father had a good reason, when He decided to provide that you and me, would have the priviledge to meet each other so many years later.
Firstly, I take the opportunity to assure you that from my side, you are forgiven for all the rude and even rasistic things you uttered upon a variety of people on the premises. Also, for your misbehaviour, especialy in the month of May even upon the children and the dogs. I can asure you that from my side, you are forgiven. If I did not, I would not be firgiven by Father Yahwe Himself, for all my sins in a lifetime.
I am sure that you do know, that always being negative and rude, is in no way good for your health and welbeïng. Beïng a equaly created creation, formed and made by Father Himself, I do wish you to be happy and have a fulfilled life. Under current circumstances and behaviour, there is no way that I can see or believe that my brother can realy be fulfilled and happy. And that, is something I am very concerned about.
So, now that you are relaxed and knows that this boertjie-brother cares about you, as I share a part of my heart with you.
You told me a lot of times, that you yourself, chose not to open your heart to the salvation, although you had so may oppertunities. You have the excuse that you grew up in a comunist country and had a lot of stress in the war. You did not have the oppertunity to learn thet Father Yahwe, loves you and that He allowed His Son Jesus, to shed His blood, so that me and you, could inherrit salvation. If you claim that you are not able to believe in the great future Father has for you, you are jeopardising
Because Father forgave me for all my transgretions, It is my pleasure not to keep any of those blasphemous things you said unto me, against you, because my forgiveness for my sins was in total. So who am I, dear brother, to keep anything against any other brother or sister, if Jesus blood provided the guarantee before Father, to free me from all of my sins. If I do not forgive those that I could believe in in debt with me, Father has the fullest right to refuse me, forgiveness. So, take my word of total forgiveness towards you, knowing that it is deeply meant, and out of the heart.
I noticed your actions on Tuesday 26 May 2020, and was able to read between your lines, that there was external situations, that caused you to direct your secondary anger towards due to external situations, towards those, that realy had no role to play in the cause of your behaviour. But, although it was noticed with sadness, I will also not keep this misbehaviour against you, for I am so blessed to know, that there is nothing healing in keeping memories and grudges.
Therfor, rest in the peace, that your Boertjie-brother do respect you as a equal brother, with no grudges.
With this assurance be given upon you, I now need to urge you to take the oppertunity that you still have, to repair relations with all of the other people in your life and strive towards harmony. Above all, athough you claim to have grown up without the gospel of Jesus's salvation, you are blessed with the oppertunity to know the gospel of Jesus Christ. The fact that so many of your family in Bulgeria do not know this truth, makes you especialy blessed, to the one, who have this oppertunity. And the moment you accept His grace and forgiveness, you will have a burning urge of going to Bulgeria, and share this good news, with all of those co-bulgerians, who did not have the oppertunity to know. You can change lives. Are you willing?
This new-found freedom of yours, will also make it easy for you, to go and have a coffee with Philip, Ronel, and the children, and appologise hoestly towards them for the hasty and degrading hings, that you said upon them over a long time. And after your appology to them, you will experience so much real peace in your mind, and so much more blessings, that you will know, that you did the right thing.
Your caring Boertjie brother, Stof.
| © Stof 2020/04/26 |
|---|
|
Stof se bedieningswerf: www.leroleng.co.za |
|---|
|
Stof se algemene webwerf: www.stof.co.za |
| Gesels met Stof |
Sondag 24 Mei 2020
Sy het 'n appelkooskleurige rok aangehad
...noch werpt uw paarlen niet voor de zwijnen;
opdat zij niet te eniger tijd dezelve met hun voeten
vertreden, en zich omkerende, u verscheuren.
Tog, was die droom wat ek vandag hier deel, duidelik en in detail. As 'n droom so duidelik is, moet daar 'n rede voor wees. Ek sê nie dit was 'n visioen of profesie nie. Maar ek weet ek moet dit deel, want net dalkies, kan die iets vir een of meer lesers beteken.
Daarom deel ek met jou die volgende. En as jy voel dat jy iets daarin sien of kommentaar wil lewer, voel vry om hieronder, kommentaar te lewer.
Hier kom hy:
Ek is by 'n sosiale geleentheid. Die meeste gaste is bekendes. Hoofsaaklik kennisse, met hier en daar 'n vriend. Elkeen is weggevoer deur diep gesprekke oor uiteenlopende onderwerpe. Emosielose kelners dra borde vol knibbel-dinge rond. Ekself, is nie in 'n gesprek vasgevang nie. Ek merk 'n dame op wat heeltemal onbekend is aan my. Dit lyk, asok sy ook nie die ander gaste ken nie. Sy is geklee in 'n appelkoos kleur moulose knielengte rok. Dit is die styl van die laat tagtigs, toe hierdie dikker katoenrokke met hulle groot sakke en een groot knoop aan die bokant van elke sak, nogal gewild was. Die knope aan die rok, is identies aan dié, van die van die sakke. Sy beweeg rond, sonder werklike sinvolle interaksie met ander gaste. Haar vloeiende wortelrooi hare, met enkele wysheidstrepe wat trots begin deurskemer, hang vry, sowat vier of vyf duim onder haar skouers. Ek kan nie haar emosie peil nie. Die vensters van haar gees, is toe.
Ek weet nie hoe ek daar beland het nie. Maar die volgende oomblik is ek langs haar. Sonder om die woorde te bedink, of te weet waar dit vandaan kom, kom die volgende woorde uit my mond "Jou uitrusting bring die beste in jou na vore". Sy frons-dink vir enkele oomblikke, voordat haar gelaat verlig. Haar voorkoms verander van appologeties, na selffversekerd. Dan verdwyn die frons, en vul 'n salige vreugde haar gelaat. Al wat sy sê, is "dankie, ek het dit so nodig gehad".
Dan kom die kelner met die southappies verby. Sy neem 'n snoeppasteitjie. Ek neem 'n mini-sosatie. Waarna ons elkeen weer ons eie koers inslaan.
Die res van die verloop van die funksie was vaag. Dit het nie helder behoue gebly in my bewyssyn nie. Dit was dus seker nie van belang, vir die rede waarom ek hierdie droom gehad het nie.
| © Stof 2020/04/24 |
|---|
Vrydag 22 Mei 2020
Aanbidding is nie 'n voortrekker spanbyeenkoms nie
Die byeenkomste het min of meer dieselfde patroon gevolg. Neef spanleier is op gepasde wyse gegroet. Dan, het ons die Stem gesing. Na die stem, het ons geleer hoe om nog 'n knoop te knoop. (Met 'n tou, nie die tong nie...). Dan het ons 'n lesing gekry van die trek oor die Drakensberge. Sodra ons dan nou mooi geleer het watter roete is die beste om met 'n span osse en 'n wa oor die berg te kom sonder té veel pap wiele, het Neef Leier se vrou die Oros en tuisgebakte koeksisters uitgebring en het ons as drinkebroers, so suig-suig aan die lekker stroperinge koeksisters, gesels oor die volgende kamp en ons verwagtinge daaroor. Dan was die uur om. Ons het ter afsluiting, Afrikaners is plesierig gesing en dan huiswaarts gekeer.
As die weer sleg was, het die neef ons ouers gebel en uitgestel. As die son warm was, het die neef ook ons ouers gebel, om ons te herhinder om ons laphoedjies saam te bring. Ironies, met ons hare wat daardie tyd nog vol was, sit ons in die sonnetjie en luister na neef wat so sonder laphoed, insette in ons lewe lewer, terwyl sy eie hare, hom met 'n kolletjie gelaat het waar die son homself rooi gepiets het. Ons het altyd daaraan verkneukel. maar ewe sedig, nooit die vermaaklike daarvan, met neef gedeel nie.
Maar, nadat ons klaar Afrikaners is plesierig gesing het, en van ons wat in dieselfde rigting woon, so saam-saam huis toe gestap, en tog, ons tong in die kies oomblikke oor neef se rooi kolletjie gehad.
Goeie, onskuldige kultuur-tydverdryf, die Voortrekkers.
As die weer nie goed was nie, kon Voortrekkers uitgestel word. Maar nooit, ooit, het ons die samesyn van gelowiges, uitgestel oor weer of anige ander rede nie. Nooit het ons Jesus se opdrag om nie die onderlinge byeenkomste te versuim nie, geminäg nie. One het geweet (en weet steeds), Wie die Hoogste Gesag is. Daarom, was ons baie meer dikels, baie ruimer geseën, as wat selfs vandag die geval is.
En eendag toe ontsnap die president se troetel-kroonprins-virussie uit sy hok. Piepklein ou nietige dingetjie. En net voor president vies raak omdat hy nou sy vergrootglas moet nadertrek om sy troeteldiertjie te gaan soek, kry hy 'n magsbehepte oomblik van troebelheid, en besluit om sy virussie bietjie langer buite te los. Die verskoning, as hy nou die media kan intimideer deur vir hulle te vertel dat sy Shiwawa, eintlik 'n Rotweiler is wat die volk wil opvreet. En hulle val sowaar daarvoor. Pens en pootjies.
Noudat ek hierbo die agtergrond gepleonastiseer het, tog, sonder om die lemmetjie in die subteks sagter te slyp, nooi ek elke leser wat eerlik en dapper genoeg is, om verder te lees, en saam te stem. Om sonder vrees vir wat die buurman, die dominee, die VLU of die KKNK, hierdie waarnemings ook hulle eie te maak.
Hierdie Boer, sing nie vandag Afrikaners is plesierig, soos die Voortrekkers nie. Want hy is nie plesierig nie. Hy sien hoe die Kerk, as liggaam van Christus, onder mekaar twis. Maar vir die doeleindes van vandag, dit tersyde. Hy sien hoe die Kerk, as liggaam van Christus, hulle eie liggaam verwoes. Hoedat dié, wat vanuit die on-liggaam van Christus, die Liggaam vervlak tot blote kultuur-aktiwiteit, tot iets wat deur magsbehepte mensies, tot minder, as hulle eie selfbeeldprobleem gereduseer word. En as lucifer dan hierdie mensies se swak selfbeeld misbruik en hulle magsbeheptheid misbruik deur die Liggaam van Christus te minag, en selfs as ongewens te verklaar, manifesteer 'n heilige woede.
Dan sluip 'n selfaangestelde afvaardiging van die Liggaam so suutjies en sorrie-askies na die owerhede en vra menslike toestemming om te doen wat Jesus ons opdrag gegee het om te doen. Nie blote toestemming, maar as ons Verlosser, opdrag. En afvaardiging belowe so ewe suutjies-poep en sorrie-askies, om elke ou reëltjie tot op die letter na te kom. Selfs al sou reëltjie sê lofprysing is gevaarlik. Dan sal ons maar nie lofprys nie. En die reëltjie verban die Bybel, die Woord van die lewende almagtige God, uit die kerk uit. Dan sal ons maar sonder die Bybel. En moet asseblief nie groepeer nie, selfs al is dit om te bid. En die afvaardiging stel maar so ewe in. Ons sal maar nie vir mekaar bid nie. En, moet asseblief nie nagmaal hou nie. Ons vrees vir 'n menslike goggatjie is groter as die wete dat in Jesus bloed, ons veilig is... Moet nie langer as 'n uur voor Vader versamel nie. En as die Heilige Gees inspireer en opdrag gee om meer as 'n uur te lofprys, te nagmaal en saam te kniel, 'n saambid-knuffje te gee of iemand se trane op ons skouer moet laat val, is Hy skielik buite orde.
Basta hierdie Godslaster. Hoe kan ons 'n treurende troos, as ons nie 'n skouer kan aanbied nie. Hoe kan ons lofprys, as ons nie veronderstel is om lofliedere Hemelwaarts te stuur nie. Hoe kan ons as swakke mens, versterk word deur die nagmaal, as dit 'n skadelik praktyk sou wees. Hoe kan iemand wat pas tot wedergeboorte gekom het, 'n doop geweier het net omdat menslike vooroordele sy deurbraak na die ewige lewe, geringskat?
En dan sal broer voorsitter van die ordekommitee so ewe vermanend aan die sosiale protestante soos ekself en baie ander wat Vader se almag ken en al ervaar het, 'n woord van orde probeer rig omdat ons die menslike uitsprake wat om ongeloof geskoei is, sien vir die blatante Godslaster wat dit is.
Ons mag nie dat vrees wat deur intimidasie deur beperkte menslike denke, ons weerhou om die onderlinge byeenkomste te versuim nie. Ons mag nie die beskermende krag wat in die bloed van Jesus is, ontken nie. En ons mag veral nie ewe apologeties, nou skielik die grootste Waarheid, reduseer tot 'n bote kultuur-aktiwiteit nie.
Om gehoorsaam aan Vader self te wees, is nie 'n kultuurspeletjie soos die Voortrekkers nie. Hierdie Afrikaner, is beslis nie vandag plesierig nie.
Of ek en jy met wyle Oom Jaap Marais se standpunte saamstem of nie, is nie van belang nie. Maar een baie wyse ding wat hy gereeld gesê het, was, "Kies nou, kies reg".
Gaan jy vandag vir Vader Yahwe kies, of ewe appologeties en abdikerend as Koningskind, teen Hom kies? Gaan jy Hom dien volgens Sy voorskrifte, of gaan jy Hom verkleineer deur binne die norme van sekulêre vooroordele, Hom te reduseer tot 'n stokperdjie?
Gaan jy in vrees vir die paniek wat die media saai, kies om nie die beskerming van Jesus Bloed jou eie te maak nie, of gaan jy kies om ook in jou openbare optrede, jou belydenis uit te leef, en so hoop te saai vir soekendes?
Kies nou, kies reg.
Sela
O goedheid God’s hier nooit volprese,
wie word daardeur nie diep getref,
hoe snood ondankbaar is die wese
wat nie sy hart tot U verhef,
aan U alleen sy dank en ere,
laat dit my lus my lied hier bly,
Vergeet my siel dan nooit die Here,
want nooit vergeet die Here my!
| © Stof 2020/04/22 |
|---|
Dinsdag 19 Mei 2020
Enkeldiep in die Jordaan
My voete is nog nie op land nie. Die laaste paar tree om uit die enkeldiep water te stap, in die beloofde land in, lyk moeiteloos. Maar ek word vir eers teruggehou. Ek ervaar inspraak oor die beloofde land. Ek sien in die gees prentjies, wat selfs mooier is as wat my aardse sintuie hier reg voor my waarneem.
'n Lang reis agter my, anderkant die oos-oewer, anderkant die woestyn, lê Egipteland. 'n Land wat wat bar is, 'n land wat gesteel het. 'n Land van verlies en pyn. 'n Hele woestyn vêr van my af. Dit is te vêr, dit kan nie meer van my steel nie.
Dan vervul die skoonheid van die beloofde land voor my, weer my wese. Ek sien alles wat nodig is om vir 'n leeftyd vorentoe, te dien, te leef en guns te mag beleef.
Maar ek staan nog in die water. Ek wag net op die opdrag, om daardie laaste paar tree te gee, en die droë grond van die beloofde land te betree, dit in besit te neem.
Spreek Here, U stoflaaitie luister...
| © Stof 2020/05/18 |
|---|